Aankoop van brandstof in kanne nou onwettig

(Argieffoto: pixabay)

Die departement van minerale hulpbronne en energie het Donderdag aangekondig dat die publiek nou nie meer brandstof in draagbare houers kan aankoop nie.

Dié regulasie is aangekondig ingevolge die Wet op Petroleumprodukte van 1977 en stipuleer dat die verkoop van petroleumprodukte in draagbare houers in kleinhandel vir die publiek verbied word.

Die regulasie sal in werking tree sodra dit in die Staatskoerant gepubliseer is. Dit is nie seker vir hoe lank die regulasie van krag sal wees nie.

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, het die aangekondig gemaak tydens ʼn vergadering met die Mynbouraad van Suid-Afrika (MCSA) en die Suid-Afrikaanse Petroleumraffinaderye (Sapref) nadat paniekbevange motoriste Woensdag tougestaan het by vulstasies. Berigte het die rondte gedoen dat die land brandstoftekorte kan ondervind weens die voortslepende geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng.

Sapref het Woensdag in ʼn kennisgewing gesê dat hy nie sy bedrywighede in die lig van die oproer kan voortsit nie. Sapref is Suid-Afrika se grootste raffinadery en verskaf 35% van die land se brandstof aan handelaars.

Mantashe het die publiek egter verseker dat hoewel daar uitdagings is om petroleumprodukte na sommige dele van die land te vervoer, daar genoegsame voorraad is om in die vraag na brandstof te voldoen.

“Die regering werk ook daaraan om die vervoer van petroleumprodukte te beveilig.”

Maroela Media het vroeër berig dat vragmotors dalk binnekort op die N3 begelei sal word om allerlei produkte aan die res van die land te verskaf.

“Die departement moedig die mynbou- en energiesektor aan om standvastig te bly en die veiligheid van hul bedrywighede en personeel te verseker. Ons sal voortgaan om in gesprek te tree met belangegroepe in dié sektor. Saam kan ons baie bereik en vorentoe beweeg,” het Mantashe gesê.

Intussen het Layton Beard, woordvoerder van die Automobiel-Assosiasie (AA), Donderdag aan Maroela Media gesê dat die vereniging die standpunt steun dat mense in hierdie tyd slegs die hoeveelheid brandstof moet koop wat hulle benodig.

Hy sê egter dat daar uitsonderlike gevalle is waar brandstof wat in draagbare houers gekoop word, lewensbelangrik is.

“Wat gebeur as jy brandstof benodig vir ʼn kragopwekker sodat ʼn suurstofmasjien wat iemand aan die lewe hou, kan werk? En as jy langs die pad gaan staan sonder brandstof? Wat doen ʼn mens dan?”

Hy sê die organisasie gaan die departement nader vir duidelikheid oor die wet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Corne123 ·

geen grasny nie geen generator nie hulle mal man sal nooit week nie hoekom mag ons jie kapsie aanteken nie

Johan ·

En die Diktatorskap slaan weer toe. Dankie aan al die getroue covid regulasie ondersteuners, julle het nou n lekker lat vir ons gepluk. Al die probleme kan nou maklik met n paar ondeurdagte regulasies opgelos word…

Johan ·

Stem maar lekker af vir wat ek skryf, die covid is n regulasie katastrofe niks van die regulasies help regtig nie…deels omdat die waarvoor dit bedoel is hul nie steur nie, die ekonomie aan die anderkant word vernietig daardeur. Almal skree vir nog regulasies maar net ons betaal daarvoor. Dit is soos om die slag gat probleem op te los met n regulasie wat sê niemand mag ry nie. Dit is wat die pro regulasie bende nie kan verstaan nie.

Michael ·

Die covidregulasie ondersteuners wil nou die ANC regime slegmaak en niks glo wat hulle doen om die misdaad wat nou woed te stop nie. Maar hulle glo alles wat die ANC oor covid kwytraak en buig gewilliglik die knie voor al die drakoniese regulasies. Nou sien die ANC mos hulle kan nou afkondig wat hulle wil. Die diktatorskap/kommunisme is op hande, maar covidvrees het die meeste se rede en onderskeiding vernietig

Andre ·

So moet ek nou maar in die ry gaan staan by die garage met my grasmasjien?? Die mense dink nie voor hulle sommer net reëls instel nie.

Keith ·

Only the ANC are capable of stuff like this. “They’re using cans of petrol to burn the malls ( “click” ..light switches on )… I know.. lets BAN selling petrol in containers. ” Thunderous roars of approval, clinking of wine glasses and vigourous clapping. “But what about the….. ?… Drink up man we’re late for the next indaba.”

Jywilwat ·

Weereens n plan wat hoegenaamd nie deurdink is voordat dit afgeforseer is.

Willem ·

Laat my nou terugdink aan die olietenkskip wat in die vroeë sewentigerjare aan die begin van die brandstofboikot teen Suid-Afrika op die kaapse seeroete verdwyn het.

Se maar net ·

Nou wat van besighede wat generators het? Dis belaglik, nie mooi gedink daar nie.

Persheks Adri ·

Hoe dink hulle moet ons generators laat loop as dit so ysig is en nie krag het nie???

Winnie ·

Liewe Vader alles en almal ly nou daaronder oor die swerkaters hulle nie in toom kan hou nie

Kombiman ·

Nou hoe moet ek dan petrol koop vir my generator aangesien ons kragvoorsiening so onbetroubaar is?

Martie Smartie ·

Gooi vol en gaat tap oor in houers by die huis, dan gaan gooi jy weer in

Baardman ·

Met watter jaarmodel kar ry jy? Dis nie sommer vir oortap nie.

Martie Smartie ·

Die arme ANC dink jy kan alles reg reguleer. Die staatskoerant is hulle towerstaffie. Maar reguleer sonder polisieer is soos ‘n waghond sonder tande

Dave ·

Stupid. Hoe maak ek my kragopwekker of golf karretjie vol petrol.
Selfs my kleindogter kon dit uitwerk en sy is 5 jaar oud

Blikkies ·

Ek gebruik kragopwekkers en moet my brandstof in houers aankoop? Nou hoe nou?

Baardman ·

My vrou sal nou moet van die besem afklim en op die “weed eater” garage toe vlieg

Francois ·

Die opskrif verwys na “kanne”. Die definisie in die gepubliseerde regulasie vir “container” lees egter: “container means any object for holding or transporting petroleum products, other than a vehicle”. Persone wat brandstof verkoop mag volgens nie regulasie nie brandstof verkoop en “uitkeer” in ‘n “container” nie. Hoe raak dit die aflewering van diesel na persele wat hul eie tenks het soos bv. plase, hospitale en besighede wat groot kragopwekkers hardloop, ens.

Ek het nou wel ‘n geldige verskoning om nie gras te sny nie want ek kan nie my petrol kannetjie volmaak nie en aangesien ek ‘n dieselvoertuig ry kan ek ook nie uit sy tenk af tap vir die grassnyer nie

capie ·

Jip. Zimbabwe hier kom ons en gaan verbeter op julle rekords. Ek sien dit al lank aankom.

Andries ·

So moet ek nou my grasnyer, weed eater, ketting saag en krag opwekker elke keer petrolstasie toe vat om vol te maak.

Pitbul ·

Ek gaan nou maar n paar skape moet koop, hul loop sonder petrol.

Gerhard ·

EK dink die ouens is op die oomblik meer bekommerd oor petrolbomme wat fabrieke afbrand as tuindienste wie se grasnyers wat vol is. EK hoop dit verander vinnig terug – ek het ook n grasnyer.

Ian ·

Nog n onverantwoordelike en ondeurdagte beslissing deur die ANC. Of dalk is dit deurdag en het n plan daaragter. Ek wat nou n diesel generator gebruik vir my werksaamhede moet nou wat doen?

Francois ·

OK, Nou kort ons net loadshedding om weer te begin… (En jy sal van nou af jou gras met ‘n skêr sny, of ‘n skaap moet aanskaf)

Pietertjie ·

Wat keer mens om jou motor vol te tap, huistoe te ry, dit uit te tap in kanne, en die motor weer te gaan volgooi nie? Wat ‘n klomp swape aan die stuur van sake!

Rudolf ·

Gerhard daar is besighede soos die wat roetine instandhouding langs ons paaie doen wat totaal afhanklik is van brandstof in houers. Moet hulle nou maar ook deure sluit of hoe ?

Wanda ·

Ja wraggies.En hier sit ek in KZN sonder n dorp oor of petrol

Matilda ·

Nou wat dink hulle, verhoed ‘n mens om jou kar te gaan volmaak, by die huis soveel kannetjies volmaak as wat jy wil, en net weer jou kar gaan volmaak? Regtig? Dis nou die simpelste “wet” ooit, mense gebruik nie net petrol om brand te stig nie!

Marius ·

My bakkie het nou so swaar op brandstof geword dat die 80l my net tot by die huis gehou het, moes weer omdraai en weer gaan volmaak het…

Tipper ·

indien n ou kar,tap by die kar uit,ry om die blok gooi weer petrol in.

Renier johannes ·

Kan ek bel en vra dat hulle my generator kom vol maak wat n grap

Nie Verbaas ·

Suid Afrika het nou in n behoorlike piesang republiek verander, en dit oornag.

Hoekom ·

Hoe gaan ek petrol kry vir my blaser, grassnyer en so meer. Trekkers? Kragopwekkers? Hulle het nou nie weer gedink nie…

Pitbul ·

Nee wat jy moet masr gennie garage toe stoot…..ha ha… sien jou more in die ry

Wanda ·

Sjoe mense is bekommerd oor gras snyers en generators se petrol maar ons mense in KZN sit sonder petrol en winkels

SjN ·

Wanda, dink asb voor jy kommentaar lewer, dit gaan hier oor sinnelose besluite

Michael ·

Nou wonder ek of die kommunistiese regime glo dat die brandstigters en petrolbomgooiers nie ook uit voertuie kan petrol tap nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.