Aankoopproses van motorfiets-ambulanse ‘onbehoorlik’

Die omstrede motofiets-ambulanse. (Foto: Dr. Zweli Mkhize/Twitter)

Die proses wat die Oos-Kaap gevolg het om sy omstrede motorfiets-ambulanse aan te koop was “onbehoorlik” en teenstrydig met voorgeskrewe wetlike voorskrifte.

Dít was die bevinding van die Openbare Beskermer (OB) wat uit eie inisiatief ʼn ondersoek na die aankoop van die motorfietse van stapel gestuur het.

Die projek het sowat R10 miljoen beloop en het die aankoop van ʼn aantal motorfietse wat as ambulanse ingespan sou word, behels. Dit het ʼn herrie ontketen.

Die motorfietse is nooit in gebruik geneem nie.

Die OB het self besluit om ʼn ondersoek na die projek te doen nadat verskeie bewerings van wangedrag en wanbestuur teen die Oos-Kaapse departement oor die aankoop daarvan gemaak is.

Die OB het nou bevind die verkrygingsproses wat die departement gevolg het toe hy die tender vir die motorfiets-ambulanse aan die maatskappy Fabkomp toegeken het, was onbehoorlik. Volgens die OB het die departement nie die voorskrifte van die Grondwet, die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, die tesourie en die departement se eie verkrygingsbestuursbeleid nagekom nie, of dit oortree,  met die aankoop van die motorfietse.

Om dié wanbestuur en onbehoorlike gedrag reg te stel, het die OB nou aanbeveel die waarnemende hoof van die departement moet met tugstappe teen die betrokke amptenare begin wat nie die bepalings nagekom het nie.

Daar moet binne 90 dae met dié proses begin word.

Die departement moet ook verseker dat alle amptenare betrokke by verkrygingsbestuur, asook alle senior bestuurders, ʼn werkswinkel oor die betrokke wetgewing en ander voorskrifte oor die verkryging van goedere en dienste bywoon. Dít moet binne 60 dae gebeur.

Die OB het aanbeveel dat die LUR vir gesondheid in die provinsie ook moet verseker dat gepaste tugstappe gedoen word teen alle betrokke amptenare.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Misky ·

Waarvoor 90 dae wag om met die proses te begin? Dit moes al gedoen gewees het en waarom altyd die lang gewag en daai skelms trek elke maand n VET salaris en ons betaal vir die gekke spul. Skors hulle sonder betaling en verkoop bates en betaal terug. Maklik!!!

jzjz05 ·

Wie gaan betaal vir die speelletjie ?.dit kos glo 10 mijoen rand.seker weer die belasting soos altyd.

JohanR ·

Iewers is ‘n paar ANC kaders wat stink ruik uit die transaksie uitgetree het!

Nie Verbaas ·

Was “onbehoorlik” en teenstrydig met voorgeskrewe wetlike voorskrifte. Van wanneer af pla dit die ANC?

Excalibur ·

Ai! Ai! Mense ons kan nie ‘n flater met ‘n flater regmaak nie. Vra jouself af; Is die glas half vol of half leeg? Die positiewe bring lewe en die negatiewe kom vanself. Daardie motorfietsambulanse kan wel suksesvol aangewend word om bv nood medikasie/bloed/organe/suurstof/ens te vervoer na ernstige ongelukke of misdaadtonele waar paramedisie nie altyd genoeg of alles byderhand het nie. Dit kan ook dien as ‘n Prioriteit 2 pasient of bejaardes vervoermiddel, na klinieke of hospitale veral in die arm en plattelandse gemeenskap waar paaie of omstandighede dit toelaat maar nie voertuie nie. Te perd of Donkekar was aanvaarbaar ‘n wyle terug; Wat is fout met ‘n kleine ysterperd??

Sarel ·

Wat van die geld..wie gaan dit terug vorder.
Hoekom was sy vinnig om OK te ondersoek maar nie sake in die Vrystaat nie.
Wat vzn die Politieke amptenare wat nalatig was. Weereens skotvty en juniors kry die skild

Casper ·

Wie vervaardig die motorfietse,bedrog.Wie het die goed in ambulanse omgeskakel,bedrog.Wie het die betalings goedgekeur.Sela

Hendrik ·

Afgehandel. Amptelik ‘ondersoek’ en toegesmeer deur OB wat nie n mandaat gehad het nie. Dis alles gereel…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.