Aanloopbaan by OR Tambo oop ná brand

(Foto: @MambaBroodryk, Twitter)

ʼn Aanloopbaan by die OR Tambo-lughawe in Kempton Park is Maandagmiddag weer oopgestel nadat dit weens ʼn veldbrand gesluit moes word.

Die lughawe het in ʼn kennisgewing op sy Twitter-profiel aangedui dat hy die 21L/03R-aanloopbaan as ʼn veiligheidsmaatreël sluit.

Dit is as gevolg van ʼn veldbrand wat langs die lughawe in die veld begin het en na die lughawe versprei het.

“Die baan is gesluit terwyl ons brand-en-reddingspanne die brand in bedwang probeer bring het,” het die lughawe bevestig.

Die brand is binne ure in bedwang gebring waarna die baan weer oopgestel is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

007 ·

Hoe is dit moontlik, is die veld of gras nie veronderstel om baie kort te wees en brandbane met geen gras nie? Dit is tog die eerste reël van veiligheid?

Manie ·

Daar bestaan nie meer so iets soos voorkoming of veiligheid nie.

SjN ·

007 onderhoud en instandhouding is nie deel van hul kultuur en woordeskat nie.

Nie Verbaas ·

Jy praat van goed waarvan die burgers geen idee het of die konsep daarvan verstaan nie.

Nie Verbaas ·

Haai kyk hoe ywerige is die brandweermanne. Waar was hulle toe die brand begin het? Viva BEE.

marius ·

Wag tot die vliegtuie in die “pot holes ” verdwyn . Binnekort …

E ·

Ek moet se my dinsdag oggend het goed begin, ek het ‘n bai groot pothole in my area rapporteer en vanoggend sien ek dit is reggemaak. So sommige plekke maak potholes reg.

Nie Verbaas ·

Hoop Airbus het “eish” in rekenaar beheer van vliegtuig ingebou. Miskien mis die vliegtuig dan die potholes.

Charl Albertus ·

BBBEEEE en RA en al daai goed. So verval alles in die ANC se onbekwame hande. Dit vat hulle ure om die brand te blus. Mense, lughawens is veronderstel om van die beste noodspanne te hê. Die beste brandtoerusting. Hulle is op die toneel. Dis soos of hul eie brandweerbasis af brand. Behoede die vleigtuig wat ‘n noodlanding maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.