Aanlyn-aansoeke vir ID’s, paspoorte nou beskikbaar

Pres. Jacob Zuma tydens die bekendstelling van die eChannel-loodsprojek. Foto: Twitter via @PresidencyZA

Pres. Jacob Zuma tydens die bekendstelling van die eChannel-loodsprojek. Foto: Twitter via @PresidencyZA

Suid-Afrikaners hoef binnekort nie meer in lang toue by die departement van binnelandse sake te wag om aansoek te doen vir identiteitsdokumente of paspoorte nie – dit kan voortaan sommer by jou naaste bank gedoen word.

Pres. Jacob Zuma het Donderdag die nuwe eChannel-loodsprojek in Midrand van stapel gestuur. Die projek word in samewerking met vier van SA se grootste banke gedoen, naamlik ABSA, FNB, Nedbank en Standard Bank.

Deur hierdie projek kan Suid-Afrikaners aanlyn vir hul ID’s en paspoorte aansoek doen en dan hul foto’s en vingerafdrukke by hul banke laat prosesseer. Sodra die ID of paspoort gereed is, kan dit by ʼn kiosk in die bank afgehaal word.

Die loodsprojek sal vir eers net in Gauteng en by sekere takke in Kaapstad gedoen word. Dit sal aanvanklik ook net vir mense tussen 30 en 35 beskikbaar wees.

'n Skermskoot van die kennisgewing op die departement van binnelandse sake se webtuiste.

‘n Skermskoot van die kennisgewing op die departement van binnelandse sake se webtuiste.

Teen Donderdagmiddag was daar ʼn kennisgewing op die departement se eChannel-funksie op die webtuiste wat aandui dat die funksie tydelik nie beskikbaar is nie weens die hoë volumes elektroniese aansoeke wat ingedien word.

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het vroeër die dag gesê Suid-Afrika is die eerste land om só ʼn stelsel te implementeer. Volgens Gigaba sal die eChannel-stelsel help om die lang toue by die departement se 140 kantore landwyd te verkort en die departement se dienste meer toeganklik te maak.

Zuma het Donderdag gesê hy is beïndruk met die verbeterde sekuriteitsmaatreëls wat deur binnelandse sake ingestel word. Hy het gesê die nuwe slim-ID’s wat in 2013 ingestel is om die groen boekies te vervang, is ʼn mylpaal. “Ons is bly dat die banke met die departement van binnelandse sake saamgespan het. Hierdie departement het ʼn sentrale plek in die lewe van ons mense en al die ander wat ook in ons land woon,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Apie ·

En nou hoef hulle nog minder te werk. Welkom “overcrowded” banke. Daardie laaaaannnggg rye verskuif na julle toe!

Francis Linstrom ·

Nog n verkiesings foefie. Hoekom word diegene wat jonk genoeg is om in rye te staan, voorkeur gegee. Is dit vir die groep wat nog nooit ID dokumente gehad het nie, sodat hulle kan stem?

I. ·

Francis Linstrom,

Toe hulle bekend gemaak het dat mens nou jou ID Kaart by banke kan doen het hulle gese dat hulle gaan met die ouer mense eerste begin, Ek weet van n FNB tak hier in Pretoria wat nou die dag alle pensionarisse se ID Kaarte vir hulle GRATIS gedoen het, As jy een van FNB se kliente is, FNB het omtrent n week of twee een kant gesit en het blykbaar al die klante spoedig gehelp ( Ek behoort aan n omgewing veiligheids groep, en al die pensionarisse op daai groep het in daai tyd vertel hoe vining die rye beweeg het en dat hulle sulke goeie diens ontvang het )

EMK ·

@ I. – hoe het hul dit reggekry ek dag dan dis NET vir mense tussen 30 en 35?

Pop ·

Dankie tog, nou hoef mens nie meer na binnelandse sake toe te gaan nie!

Cherokee ·

Net as jy tussen 30 & 35 is.
Daar is ook ‘n klousule wat sê dat DA-lede hulle s’n by ‘n tak in Soweto moet gaan haal.

Patsy ·

Dan ken jul nog nie ons ABSA nie hul toue is elle lank en op hul tyd.

dirk ·

asof hierde man enige benul het van tegologie. Dit sou snaaks gewees het as dit nie so n treuigheid was nie

Joann ·

Gaan die banke ook jou net so los en eers teetyd,rooktyd,toilettyd en geselstyd vat voor hul weer so stadig begin werk en dan vat dit nog hoe lank voor hul op dreef kom

Ohna ·

Lekker man…..ons kan later spog met n paar van elk, wie gee in elk geval om hoeveel ID’s of paspoorte ons het???

Pappa Beer ·

Raaaaaaiiit! 30-35 jaar. Jy ken jou “teiken-mark” zoem zoem! He,he,he! Daardie selfde “strooihalms” waarna jy gryp, is daai stooihalms wat die “kameel se rug se rug breek”! Zoem zoem is BESLIS n tweeling, want EEN mens kan nie so stupid wees nie!

Mielie ·

Dis lagwekkend, die banke het so afgeskaal met personeel, hulle kan nie eers huidiglik goeie, vinnige diens lewer nie, nou nog dit aanvat, belaglik.

Marous ·

Watter Gupta Bank is nog oop ? Dalk kry ek ‘ n vet kredietkaart…

sue oelofsen ·

Die mens e wat pensioen kry hoeveel moet hulle betaal

Christa ·

Ons banke se klientediens is ongelukkig gelykstaande aan Binnelandse Sake s’n. Aanlyn-aansoeke is die oplossing.

Gesiggie ·

Dit sal baie nice wees…maar gaan hierdie een werk? hoe lank gaan dit vat voor daar weer korupsie ontstaan..? en wat gaan dan nou word van al die werkers van Home Afairs” waar los dit hul met werk? en ja stem saam met jou Mielie”’ die bank se diens by Toonbank is alreeds so slow”’ hoe gaan dit nou word….Zuma’tjie probeer weer slim wees”’

Wilsie ·

Dit is mos eintlik ons ouer mense met krankhede wat voorkeur moet kry. Ons kan mos nie so lank in rye by Binnelandse Sake staan nie. Die banke se diens is net so vrot maar party banke gee jou ‘n nommer en het ten minste sitplek vir jou totdat dit jou beurt is.

alida ·

As die banke die werk vir Binnelandse sake moet doen kan hulle meer tyd spandeer om hulle kantore skoon te maak. Die diens is pateties en mens staan vir ure terwyl hulle “tea &, lunch breaks” vat. Die personeel moet dan verminder word want hulle dienste word mos dan nie meer benodig nie. Dink net aan die duisende rande wat gespaar kan word aan salarisse.

Jan maak n Plan ·

Nou hoe gaan ons dit regkry, as daar net 11 banke in Johannesburg en 1 in Kaapstad is wat die diens kan aanbied. Dit lyk my dis maar nog steeds Binnelandse Sake toe en gaan sit in laaaaaannnng rye en wag en wag en wag. Net nog een van hierdie korrupte regering se planne wat nie gaan werk nie.

Willem ·

Jy kan net registreer as jy tussen 30 en 35 jaar oud is. Wat help dit?

Schalk ·

Hoeveel meer het hulle nou weer hiervoor betaal, soos met die trein lokomotiewe, wapentransaksie en al die ander??????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.