Aanlyn bespreking vir rybewyse hervat in Pretoria

(Argieffoto: Arrive Alive)

Die Tshwane-munisipaliteit het bevestig dat die aanlyn besprekingstelsel vir rybewyse en leerlinglisensies weer hervat het.

Dit volg ná sluiting van die lisensiesentrums weens betogings deur die Nasionale Bestuurskoolvereniging van Suid-Afrika (NDSASA). Bestuurskole het betoog teen die regering se eNatis-stelsel en het verskeie lisensiekantore in Gauteng tot stilstand geruk. Die departement van vervoer het die eNatis-stelsel in 2007 in werking gestel. Ná byna 15 jaar lyk dit egter of daar steeds baie gebreke en ongerymdhede met die stelsel is.

Lindela L Mashigo, woordvoerder van die munisipaliteit, sê die publiek kan weer hul naaste kantoor besoek waar hulle besprekings gemaak het vir hul rybewyse of leerlinglisensies.

Volgens Mashigo is die kantore weer oop op weeksdae van 08:00 – 15:00:

  • Akasia
  • Bronkhorstspruit
  • Centurion
  • Rayton
  • Waltloo

Jy benodig jou ID-dokument, bewys van betaling en leerlinglisensiesertifikaat wanneer jy die kantore besoek. Geen bykomende betaling is nodig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarie

Ek het gaan kyk na die webblad. Iemand het n tender gekry om alles op te voeter en n baie goeie job gedoen

Koos

Ek en my vrou het hierdie week die “brawe” stap geneem om ons rybewyse te gaan hernu. Wat ‘n aangename verrassing het op ons gewag. Ons is na die RTMC se kantoor in Eco-Park in Centurion. Met ons aankoms is ons vriendelik gegroet, in Afrikaans, deur die sekuriteitswag in die parkeerarea. Hy het ons na die kantoor beduie. Daar aangekom is ons net so vriendelik ontvang en na die regte toonbanke beduie. Daar was geen toue nie. Die hele proses is in ‘n halfuur afgehandel deur mense wat duidelik presies geweet het wat hulle doen. Oor ses weke kan ons… Lees meer »