Aanlyn platform sal kiesers só help onderskei

da-verkiesing

Foto ter illustrasie. Argieffoto: Reint Dykema

Die verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) het in samewerking met Media Monitoring Africa ’n aanlyn platform van stapel gestuur wat die verspreiding van vals inligting sal hanteer in aanloop tot volgende maand se nasionale en provinsiale verkiesings.

Die projek is van stapel gestuur in reaksie op talle voorvalle van misleidende inligting wat ten doel het om die komende verkiesing op 8 Mei te beïnvloed.

Die OVK het gesê die nuwe webwerf sal die geleentheid bied om inligting van dié aard aan te meld.

Volgens Sy Mamabola, hoofverkiesingsbeampte van die OVK, sal dié platform die publiek toelaat om veldtogmateriaal vir hulself uit te pluis. “[Gebruikers] kan só vasstel of ’n plakkaat, pamflet of foto’s gewysig is om ’n party te ondermyn,” het Mamabola gesê.

Mamabola verduidelik dat die webwerf ’n databasis bevat van alle klagtes wat ontvang word. Dit sal ook ’n kommunikasie- en onderrigstrategie insluit wat kiesers inlig oor die gevare van vals inligting en hoe om inligting van dié aard uit te ken.

Janet Love, ondervoorsitter van die OVK, het gesê politieke partye wat die verkiesing van 8 Mei betwis, is gevra om alle amptelike reklamemateriaal wat deur die betrokke party gebruik word, op die platform te laai. Dít sal gebruikers help onderskei tussen advertensies wat geloofwaardig is en dié wat nie is nie, het Love verduidelik.

Dit sal ook die publiek toelaat om agter te kom of ʼn plakkaat digitaal manipuleer is, het sy gesê.

Mamabola erken dat die platform moontlik nie die oplossing vir die probleem is nie, maar dat dit beslis ʼn tree in die regte rigting is. Dié platform sal tydens die volgende verkiesing gebruik word en met verloop van tyd verbeter word, het die OVK gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

John ·

Watter partye ly aan die jongste paranoia-aanval? Waar is die vreeslike plakkate met so baie woorde dat nuwe opstelle daarop aangebring kan word. Is die VFPlus bang iemand kan nie die Pieter-brigade se nuwe slaan-slogan raaklees nie. Dis op elke paal en boks en bossie aangebring. En die DA en ANC se base adverteer witblyk tandepasta dat dit klappertand.

Andreas ·

John, hier by ons sien ek, die afgelope week of so, is die VF Plus se plakkate van die pale verwyder en die DA se plakkate verskyn nou daarop, nou nie dat ek kan verstaan wat op die DA se plakkate staan nie, want dis in ‘n taal of tale, wat ek nie magtig is nie, die boodskap in so drie rye onder mekaar op die plakkaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.