Aanlyn skoolregistrasie vir Gauteng weer oop

Argieffoto (Foto: goconqr.com)

Die Gauteng departement van onderwys het Woensdagoggend 08:00 weer aanlyn registrasie oopgestel vir ouers wat die sperdatum van 12 Junie gemis het. Dié stelsel sal van 1 November tot 10 November beskikbaar wees.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het gesê geen nuwe aansoeke sal in Januarie verwerk kan word nie omdat skole reeds vol is.

Die departement het ouers aangemoedig om van die aanlyn stelsels gebruik te maak. Hulle het ook ouers wat in Mei aansoek gedoen het, maar wie se kinders nog nie geplaas is nie, gemaan om die distrikskantoor te besoek vir plasing.

Mabona het gesê ʼn totaal van 285 834 leerders het plasing nodig gehad. “222 378 van hierdie leerders is al geplaas. Dit is 123 450 graad 1’s en 98 928 graad 8’s.”

Ouers kan die departement op die volgende maniere kontak vir bystand: skakel 0800 000789 of stuur ’n e-pos aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leahim ·

Ek verstaan nie hoe werk die staats skole hulle funksioneer soos privaat skole want die ouers betaal die uitgawes sodat die skool kan funksioneer,maar hulle word voorgeskryf deur onbevoegde ministers,mense hou julle geld terug en julle beheer die skool.

Leonard van der Dussen ·

Feit is dat die skoolgeboue en die grond in naam van die staat geregistreer is en dat magspolitiek bepaal dat die huidige regering staatsgesag daaroor kan uitoefen. Baie van die titelaktes konstateer dit nog in Afrikaans dat die eienaar is die “Republiek van Suid-Afrika”. Daar ‘n groot verskil om ‘n skool te finansier waar die grond, die basiese geriewe en ‘n kernpersoneel reeds befonds is (deur die staat), en daar dan daarop bygevoeg word deur die ouergemeenskap deur die beheerliggaam se bestuur en fondse, en ‘n regte privaatskool wat van die kapitaal vir eiendom en fasiliteite, tot elke personeellid en elke diens self moet befonds. Laasgenoemde stel jou egter in ‘n posisie om werklik op volledige selfbesluitneming te kan aanspraak maak, maar solank jou skoolhoof se salaris deur die staat betaal word, is hy op stuk van sake aan die staat se opdragte ondergeskik.

Anoniem ·

Leahim. Jy klink vir my na die regte kandidaat om teen die nuwe wysigingswetsontwerp op die Skolewet te stem. Met die veranderinge word alle bevoegdhede van die beheerliggaam weggeneem t.o.v. leerlingtoelating, taal en personeelaanstellings. as jy wil, gaan na
https://goo.gl/CrNJRP, en stem teen dit.
Groete.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.