Aanlyn-vlerksleep: Slenter kos vroue baie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou van Kaapstad is Donderdag saam met haar Nigeriese man en vier ander verdagtes, ook Nigeriërs, in hegtenis geneem in verband met ʼn beweerde slenter rakende aanlynvlerksleep.

Volgens die polisie sal die ses verdagtes Vrydag in die Kaapstad-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog.

Die inhegtenisname volg op ʼn deurlopende ondersoek na ʼn slenter wat niksvermoedende vroue deur middel van ʼn aanlynvlerksleep-webwerf teiken en beroof.

Die polisie het gesê daar is reeds sewe slagoffers. Hulle is gesamentlik uit bykans R400 000 bedrieg.

Die verdagtes het na bewering vals profiele op aanlynverksleep-webwerwe geskep om vroue te lok. Die verdagtes het met die slagoffers gesels voordat hulle met verskillende scenario’s vorendag gekom het waartydens hulle die vroue versoek het om geld oor te plaas na bankrekeninge wat deur die verdagtes voorsien is.

Die 31-jarige Kaapstadse vrou, wat na bewering die geld ontvang het van die transaksies, het R50 000 kontant by haar gehad toe sy in hegtenis geneem is.

Alle vroue wat slagoffers van aanlynvlerksleepslenters was, word aangemoedig om na vore te kom sodat hulle sake ook ondersoek kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Kowa ·

Regtig! Hoe dom en hardop moet jy wees om eerstens te val vir ‘n vreemde man op sosiale media en tweedens om hulle liegstories te glo. Nee wat as mens dom is moet jy maar swaar kry. Nou moet die polisie hulle tyd mors om dit te probeer oplos.

Dee ·

Ek is ‘n geskeide vrou en het so 4jr gelede by ‘n baie bekende nasionale tydskrif se aanlyn dating webwerf aangesluit. Aanvanklik het alles baie goed gegaan. Iemand het belanggestel en ons het per epos gesprekke voortgesit. Daar is fotos aan my gestuur van hierdie persoon wat natuurlik vals was. Gelukkig het ek kopgehou en nie saak verder gevoer. Nou wonder ek net hoeveel niksvermoedende persone se “fotos” word op hierdie manier bekom waarvan hulle onbewus is.

Wanda ·

Ek stem, daar is nie pille vir stupid nie!!! In vandag se lewe met soveel skelms en skelm streke, waarvan mense omtrend elke dag ingelig word, en jy stuur nog steeds geld aan iemand wat jy nog nooit ontmoed het??? Stupid verby!!! En as dit is want ” jy het n sagte hart en wil mense help”, kyk om jou en help mense wat vlees en bloed voor jou staan!!! Nie n bog storie met n mooi, gesteelde. foto nie, dis almal n klomp skelms!!!

MissDemeanor ·

Mens hoef nie dom en hardop te wees nie. Baie mense is eensaam, veral na ‘n egskeiding of die afsterwe van ‘n maat. Hul hunker ook daarna om weer iemand in hul lewe te he, maar na jare wat hil uit die ‘dating game’ is is dit nie so maklik om iemand te onmoet nie. Sulke geselshoekies op die internet maak dit makliker om weer met iemand te begin korespondeer. Dit voel miskien emosioneel veiliger om eers agter ‘n skerm te begin gesels. Dit is nie hul verdiende loon om uitgebuit te word nie. Niemand verdien dit nie. Moenie goor wees nie.

thea swart ·

nee rerig eks ook n weduwee en mis my maat ook met n passie en het ook al probeer om n geselsie an te knoop met die meeste oorsese ( vermoedelik nie hulle regte oorsprong nie ) maar sodra hulle “lovey” en “baby / babe ” gebruik en nie jou naam nie wees verseker hulle het baie ander loveys en babes op hulle kontaklys met wie hulle chat en soek die sagte proeie vir hulle skelm streke hoe stupid kan iemand nou wees

Griki ·

As jy jou wil uitgee vir ‘n toffie moet jy verwag om gekou te word!

Buitestander ·

Moet nie so haastig oordeel nie.
Almal het nie voor in die ry gestaan toe wysheid uit gedeel is nie!
Hulle het dalk ander Geestelike gawes ontvang.

Wiebo ·

Kan nie glo dat vrouens so desperaat is om hulself op n chat site te adverteer, en dan nog geld oorbetaal aan n onbekende persoon nie. Dit is pure dommigheid en moenie kla as hulle ingedoen word nie. Kry vir julle………….

MissDemeanor ·

Met wie praat hierdie vrouen (as dit nie ‘n skelm is nie)s? Met mans. Dit is nie vrouens wat desperaat is nie. Dit is veide mans en vrouens wat weer iemand wil ontmoet. Niks fout daarmee nie. Die fout is met die mense wat hul uitbuit. Moenie so vreeslik oordeel nie. Jy kan ook maklik eensaam en alleen word as jou familie doodgaan of as jy skei en die kinders trek ook weg. Niemand niemand niemand verdien om die slagoffer van ‘n krimineel te word nie.

Tiger ·

Dieselfde as die sms ‘e wat se jy het R250,000 gewn en bel die’ of daai nommer om jou geld te eis.Doen jy dit dan word jy instruksies gegee om soveel geld eers in ‘n rekening in te betaal om jou wen geld los te maak en ooplasings koste na jou rek.te dek.En foei weg is jou wen geld en die persoon wat jy die “losmaak” geld aan oorbetaal het!En tog vang hulle duisende mense met daai slenter!

Irene Myburgh ·

Ja nee nie almal is die skerpste in die messelaai nie. Maar om so alleen en moedeloos te voel deur geld in iemand se rekening in te betaal vir beloftes.

MissDemeanor ·

Ek ken iemand wat so ingedoen is. Haar man is oorlede so 10 jaar terug. Die man met wie sy gesels het op die aanlyn webwerf het haar nie oornag beroof nie. Dit het maande geduur. Hy het dit laat klink of hy bo in Afrika werk by n mynmaatskapy, soos heelwat SA mans doen. Hy het elke nou en dan n foto gestuur van “homself” wat op reis is, hy het soms ge bel. Hy het maande geneem om haar vertroue te wen, en toe skielik in ‘n “noodsituatie” beland by n grenspos en dringend geld nodig gehad vir die”boete” wat hy moes betaal…. Ja, die ligte moes geflikker het, maar na mens maande lank met iemand praat en ‘n interpersoonlike verhouding opbou, dan wil jy hul nie skielik in die moeilikheid los by ‘n grenspos in die Congo nie… Die skelms is parasiete wat teer op mense se behoefte aan liefde en aanvaarding.

Thea ·

Hoe hardop kan mens wees. Hoe kan jy geld aan iemand oorbetaal wat jy nog nie eers gesien het nie ….. nee pokket man. En daar is hordes van hulle op die sites……..

Cupid ·

Daar is niks fout om mense aanlyn te ontmoet nie, solank jy versigtig is en niks geld ooit oorbetaal nie al is die storie hoe hartseer en die ou hoe cute.

Gert ·

Kan ek nie my bankrekening ook hier adverteer nie? Ek belowe maanskyn en rose aan alle vroue wat ‘n donasie wil maak.

Alki ·

Soos hulle sê ” A fool and his/her money will soon parted”

Afrika politiek is datingscam ·

Presies dieselfde wat ANC, ZANU PF, EFF en al die ander doen wat stem aan betref. Belowe sonskyn en sterre vir die naiewe se stem, dan hol hul met jou belastinggeld weg.

Santie ·

Ja, seker dom of naief soos party hier sê, maar wat van goeie harte, wat net wil help en wat die beste van iemand glo en juis omdat hulle sulke goeie omgee harte het, sou hulle nooit geraai het dat iemand so laag kan daal om mooi woorde te spreek terwyl hierdie gladdebekke gedagtes het om hulle rot en kaal te beroof nie. Kry hulle baie jammer, want hulle goedheid is misbruik. Ek weet van n ou tannie wat geld verloor het met n kompetisie ding…gee soveel en kry soveel, maar hulle praat so baie en swaai jou kop vinnig. Die tannie is slim en op en wakker en tog het hulle haar gevang, sy het n paar duisend Rand verloor.

yolanda nelson ·

En hulle se die slagoffers moet vorentoe kom, sodat hulle sake ook ondersoek kan word. Die vraag is waar kry hulle so baie geld om oor te betaal op eenslag. Ek dink hulle ruik iets is onderduims aan die gang waar die geld vandaan kom.

MissDemeanor ·

Party mense kry dit wel reg om te spaar, dit is dalk hul geld vir hul oudag of vir n once in a lifetime vakansie, of geld wat hul geerf het… Dink nie die plek waar die geld vandaan kom hoef verdag te wees nie.

Sarah ·

Julle kan nie oordeel nie jy moet die stories hoor wat hulle vertel. Dit gaan nie net oor betaal my geld nie nee hulle groom hierdie vrouens. Hulle charm hulle dan slaan hulle toe. En om alleen te wees is vir party mense baie swaar. So wees bly julle het vriende en wees jammer vir die arme vrouens want glo my ek kan julle se die stories is so EG vertel dat mense hulle glo.

MM ·

Ja nee daai een sal ek nooit verstaan hoe jy iemand geld kan gee wat jy van geen kant af ken nie. Gelukkig sit my hart en verstand op 2 verskillende plekke!
Die scamers het ‘n goudmyn ontdek. Ek was op ‘n dating site gewees, waar hulle ‘n Amikaanse Generaal se fotos gebruik het en ook voor gedoen het dat dit hy is. Ek wonder net hoeveel van ons se facebook foto’s word gebruik deur hulle. Dit is absoluut skrikwekend wat daar buite aangaan.

Riaan ·

En EK sal baie graag by die SAP wil weet hoekom vat dit nou al amper 2 jaar vir my saak wat ek oopgemaak het teen ‘n persoon wat my uit R150 000 bedrieg het om in die hof te kom

Amper gevang ·

Ek is nie skaam om te se ek is amper deur so ‘n scammer gevang nie. Hulle gebruik nie net die dating sites nie maar ook Facebook en Skype. Die persoon was in die Kaap en my invite op Facebook invite. Ons het so oor en weer vir omtrent 4 maande gechat. Hy laat weet my sy dogter was in ‘n ernstige ongeluk en hy kort R15000 vir die deposito om haar te laat opneem. Toe ek vir hom se ek kan hom nie help nie toe begin die emosionele afpersing. Gelukkig was ek slim genoeg om te se nee ek het nie. Maar ek is vir maande daarna nog emosioneel afgepers. Jy blok hulle maar elke keer kry hulle dit reg om weer kontak te maak. Die druk wat hulle op jou sit vir die geld is geweldig as iemand nog nie daar deur is nie sal nie weet waarvan ‘n mens praat nie. Dit kan dalk baie naief klink maar glo my dit is nie. Dit is meestal ‘n kind of ouer wat in ‘n ongeluk was of die persoon was in ‘n roof waar sy selfoon, rekenaar en tablet en beursie gesteel is, of daar was ‘n sake transaksie wat skeef geloop het en hy leen geld en sal dit later terug betaal. Die emosies wat daarmee gepaart gaan en ook die selfverwyt as hy jou vertel sy kind is dood omdat jy nie wou help nie.

Francis ·

Dames doen eers huiswerk voor jy bevriend raak met iemand aan lyn ! En sodra jy gevra word om geld te betaal vir koerierdienste of wat ookal weet dit is n slenter ! Niemand deel geld uit nie ! Hoekom sal jy?

Jos ·

MissDemeanor, jy praat wyse woorde. mense wat geskei is of hul lewensmaat verloor het wil iemand ontmoet en aanlyn is ‘n beter keuse as kuierplekke soos kroeë en disco’s ens. Ongelukkig is daar skelm mense wat mense met gevoel uitbuit deur op hulle gevoel te teer. Dit is dieselfde met straat bedelaars wat op mense se gevoel speel, veral die wat jou inwag by Kentucky se drive-thru, lol. Ek wed jou dat baie van die komentators op die berig al vir ‘n bedelaar geval het wat op hul gevoel gespeel het.

Andrea ·

Jos, ekt min of meer n idee hoe oud jy is nav die “disco’s”…
:-)

Ina Smith ·

Hoe dom moet mens wees om te val vir sulke ‘ Vlerksleep stories .. nee wat ek het geen simpatie met die vrouens nie .. mens koop nie liefde of ‘n verhouding nie

blondie ·

Hoeveel keer hoorons nievan soortgelyke gevalle ons word gewaarsku in die media maar nee sommige mense se drange hoër as hul IK en dan as hul gekul wors huil hul in media!

Johannes Lodewikus ·

Julle moet die Russiese nooiens ook ondersoek. Belowe jou die son, maan en sterre maar dop nie uit op die lughawe nie. Mooiste nooiens vol leë beloftes. Ek het laas maand weer van tamaties en suurlemoene uit my tuin geleef want die nuutste een wat kammakastig wou trou het my net so hoog en droog op die lughawe laat wag vir twee dae. Ek wag nou nog!!

Kesters ·

Dit is nie eers hulle eie fotos nie. Moet nie n sent ooit oorbetaal nie. En skype eers, baie keer, Dan sal my sien of sy regtig tyd en moeite spandeer met jou en nie met n lot ander ook so maak nie.

KarenG ·

Ek sien niks verkeerd met aanlyn dating nie. Dit beteken beslis nie jy is hardop nie. Soos met meeste dinge moet jy net versigtig wees en as daar geld ter sprake kom, moet die rooi ligte gevaarlik flikker. Ek weet van heel party mense wat liefd.e so gevind het, dis mense soos ek en jy
Ek dink nie almal moet oor dieselfde kam geskeer word nie.

JaNee ·

Stem heeltemal saam. Ek het my verloofde so ontmoet na seker 15 koffie dates met verskillende mans. En net 1 of 2 was nie ordentlik nie. Jy weet mos jy wil iemand in dieselfde dorp of naby ontmoet, nie langafstand, epos of selfoon verhoudings hé nie. So waarom maande so korrespondeer? En sou die persoon geld vra praat jy nie eers meer met die persoon nie. A Nee A. Skrik wakker, hou op hardup wees en kry verstand.

Charmaine ·

Ek het ook iemand aanlyn ontmoet en lank gesels met hom.En toe dring ek aan dat hy moet bel,want hy’s dan so mooi op die foto’s.Die verrassing was dat dit n Nigerian was,o en hoe jammer was hy dat hy my mislei het nie.Wel ek bly eerder n enkeling met geen stres..

Gevang ·

Verskaf asb n kontak nommer waar ons die skurke kan rapporteer hierdie isn groot blik wurms wat wag om oopgemaak te word!
Wys die skurke se profiel fotos! Ekt net te laat uitgevind van pig busters website dit sou my vroeer baie baie geld en trane gespaar het!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.