Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het bekend gemaak 63% van die provinsie se leerlinge is reeds vir die 2017 skooljaar geplaas.
Die nuwe aanlynregistrasiestelsel is in April vanjaar van stapel gestuur om aansoekprobleme met registrasie vir 2017 te probeer verhoed nadat leerders weens laat aansoeke nie vanjaar plek in sommige skole kon kry nie. Die registrasieproses is gerig op gr. 1- en gr. 8-leerders by staatskole en het tot die einde van Junie gestrek, waarna die plasingsproses begin het.
Lesufi het Maandag tydens ʼn perskonferensie by die departement van onderwys se hoofkantoor in Johannesburg gesê ʼn totaal van 682 142 aansoeke is ontvang en verwerk.
Hy het gesê hoewel 63% plasings tot dusver by die 1 306 skole gemaak is, neem die plasingsproses stadiger as wat verwag is. “Die spoed van die plasings word beïnvloed deur ouers wat nie die aanbiedings bevestig nie. Van die aansoeke is ook ná die afsnytyd ontvang. Dié laat aansoeke sal eers aandag geniet sodra al die plasings wat voor die afsnytyd ontvang is, verwerk is,” het Lesufi gesê.
Die departement het ʼn beroep op ouers gedoen om die aanvaardings te bevestig of om dit op die aanlynplatform te verwerp, of skole te besoek waar bystand gebied word.
Lesufi het gewaarsku dat geen aansoeke in Januarie 2017 verwerk gaan word nie. Ouers wie se kinders nog nie plasing het nie, sal bygestaan word tydens toelatingsopedae in Oktober en November in die provinsie se vier streke (Tshwane, Sediwest, Ekurhuleni en Johannesburg).
Alles wat die klomp ANC mense aanpak is altyd ‘n flop ,die einste Lesufi is aangekla oor hy kinders afgeneem het by ‘n kleuterskool wat het daarvan geword?
Nog n ANC flop. Whats new
Hierdie registrasie per e-filing is ‘n flop. Praat gerus met van die bekende skole se admin personeel. Dit is ‘n nagmerrie sonder einde
My skoonsuster se seun is in Afrikaans Hoër MEISIESKOOL geplaas en volgens die Dept. mag hulle nie die plasing verontagsaam nie. Gaan ‘n interessante jaar wees.