Aanlynregistrasieproses dop tweede toets

Die boodskap op die registrasiewebwerf.

Die boodskap op die registrasiewebwerf.

Ouers wat verplig word om hul kinders aanlyn te registreer vir toelating in 2017 tot Gautengse skole, moes Dinsdagoggend weer eens voor dooiemansdeur te staan kom weens ʼn “tegniese fout”.

Die aanlynregistrasieproses, wat Dinsdag om 08:00 moes afskop, is gou onderbreek, vermoedelik nadat die stelsel weer ineengestort het weens te veel besoekers.

Die departement het kort daarna in ʼn verklaring gesê: “Weens ʼn tegniese fout gaan die registrasiewebwerf eers om 10:00 weer beskikbaar wees en nie 08:00 soos voorheen berig is nie. Ons vra om verskoning vir die vertraging.”

Die eerste fase, om te registreer om die stelsel te gebruik, moes verlede Maandag afskop, maar is tot Woensdag uitgestel nadat die stelsel ineengestort het weens te veel besoekers. Die departement het daarna tydens ʼn perskonferensie gesê die stelsel sou die lading vandag [Dinsdag] kon hanteer.

Die departement hou later vandag ʼn perskonferensie.

Die aanlynregistrasieproses is van stapel gestuur om aansoekprobleme met registrasie vir 2017 te probeer verhoed, nadat leerders weens laat aansoeke nie vanjaar plek in sommige skole kon kry nie. Die registrasieproses is gerig op gr. 1 en gr. 8-leerders by staatskole.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

charmaine ·

Hierdie kyte is gebou maar gaan beslis nie vlieg nie. Weereens n plan wat uitgedink is n tender is gegee en nou werk dit nie en ouers en kinders stres oor n plek vir 2017.

Wat-ek-lees ·

Weereens net ‘n normale dag in SA waar iets verkeerd loop.
‘n Abnormale dag is wanneer niks verkeerd loop.
Werkreservering ook seker hierby betrokke en ‘wie ek ken’ i.p.v. om die kundiges die werk te laat doen. ‘n Rekenaar kan nie beter presteer as sy programmeerder.

Theresa B ·

Gee my krag vir al hierdie onkundigheid…………………………..

PJ ·

Selfde probleem gehad met”NHBRC” so rukkie gelede 3 maande gewag vir sertifikate wat mee lening kan nie voortgaan Vat word nie oorbetaal hulle oord gegaan op nuwe stelsel personeel weet nie hoekom want huidige stelsel goed gewerk en soos ek ingelig nuwe stelsel “challenge” soos ek sè “challenge gebly vir 3 maande

wit warm ·

niks nuuts van ons wonderlike government wat niks kan reg kry nie viva ANC lol.

christine ·

Die hele ding wat verkeerd hier is is die vlg. KINDERS BY DOSYNE

Anoniem ·

Wat het jul verwag? Verkeerde mense sit aan die stuur van Suid Afrika…In elk geval sal ek nie my kind aanlyn registreer nie…Dit gaan FLOP!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

anoniem ·

Ek was van ogend by ons Skool vir my seun se gr1 inskrywing toe se di seketaresse ek moet dit a an Lyn doen doen jy dit ni sit di department jou kind in n Skool waar hulle hom/haar will sit

Christel ·

10vm volgens webwerf! Blykbaar het hulle ook geen benul van tyd nie!!

Lee ·

Die 10uur een werk ook nie. Hy hak die hele tyd. Useless. Dit sê net dit sal 10uur werk maar dis al 10:55 en werk nogsteeds nie.

Lee ·

Wat ‘n frustrerende storie. Waarvoor kan ons nie die ou stelsel soos wat dit was gebruik nie. Ons moet ook een ding in gedagte hou soos met alles waaraan tyd gekoppel word is dit gewoonlik baie later …. indien ooit. Hulle het gese 10h00 maar nie watter dag of datum nie… soos ander lewensbelangrike landsake en onregmatighede sal die ook op hulle verkose tyd gebeur indien ooit…. Mens het genoeg frustrasie en gestoei
by jou werk en in die swak diens besighede waarvoor nog met iets wat gewoonlik seepglad verloop het sukkel… Hulle begin ons eintlik tussen die
lyne dwing om almal home schooling te doen en die skole vir hulle te los om af te breek of brand….

Grassie ·

Ek vertrou nie die vrede nie. Lesufi het verlede jaar al gesê hy wil die besluite oor toelating tot ‘n skool wegneem van die skole se beheerrade en dat sy department dit moet hanteer. Hy is gekant teen Afrikaanse onderwys en ondermyn dit sover hy kan. Hy teiken beslis die gewese model C skole en ek vermoed hy wil daardie skole oorstroom met “lênnas” uit die “township”- skole, wat almal op Engelse onderrig aandring sodat daar geen ruimte gelaat word vir Afrikaanse onderrig nie. Die jaloesie oor wittetjies wat so goed presteer loop diep en dit gaan nie so gelaat word nie.
My raad aan ouers – vat vir boetie of sussie aan die hand, ry na die skool van jul keuse en gaan skryf vir hom of haar daar in. Doen dit dadelik, moet nie versuim nie. Moenie die aanlyninskrywings vertrou nie. Jy mag dalk ‘n kennisgewing kry dat jou kind by ‘n skool in Mamelodi of so iets geplaas is. Onthou, alles is moontlik in Afrika.

Koos ·

Dis die eintlike probleem. Maar snaaks mense is bekommerd oor tegniese probleme min weetende hul kind gaan dalk moet skool toe in mamelodi of dalk in engels moet skoolgaan.

beverly hattingh ·

Die probleem is dat jy nie vir boetie of sussie mag inskryf direk by die skool nie – jy moet die aanlyn proses volg

Grassie ·

Beverly – ek het by ‘n vorige nuusberig gelees dat ouers wat nie oor internet beskik nie hul kinders direk by die skole kan inskryf. Hulle sal ook nie hierdie toegewing wysig nie want in sekere woonbuurte is rekenaars maar dun gesaai. Moet net nie vir die sekretaresse by die skool sê jy het ‘n rekenaar nie want sy is miskien net te lui om die papierwerk te doen.

c ·

Hulle (Regering en ANC) kan nie dit reg kry nie, kan nie busse organise nie en hoe wil hulle die land regeer?

Lance ·

Ons leer niks uit ons foute nie …maar ons is nogsteeds reg …die onkunde skreeuw teen hemele ….jy bloos nie eers nie …o ja jy kannie bloos nie ….kan iemand net die ou n pil gee vir domheid 2x sterkte in die geval

charmaine ·

Dis nou cut your nose to spite your face! Hoeveel “ander” mense sal toegang tot n rekenaar he om n hele township se kinders aanlyn te registreer?? So weereens benadeel hulle hulle eie mense. En dan gaan apartheid die skuld kry wat ons het die rekenaars ontwerpen gebou. Ai hoe se Leon Schuter bou n Nasie met so n Volk!!!

Anoniem ·

Wees slim….Jy het nie internet by huis of werk…Meeste ander kleuriges gaan die sporie spin..Hoekom kan ek ook nie..Wat is die verskil!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.