Aanlynregistrasieproses: LUR gaan belangrike aankondiging maak

Die jongste boodskap op die registrasiewebwerf.

Die jongste boodskap op die registrasiewebwerf.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR van onderwys, sal na verwagting Dinsdagmiddag ʼn “belangrike aankondiging” maak oor die sukkelende aanlynregistrasieproses wat verpligtend is om graad een- en agt-leerders vir toelating in 2017 by skole in die provinsie te registreer.

Die aanlynregistrasieproses, wat Dinsdag om 08:00 moes afskop, is vroeër tot 10:00 uitgestel, maar was teen 13:00 steeds buite werking. Die departement het in ʼn verklaring gesê die uitstel was weens ʼn “tegniese fout”.

Die eerste fase, om te registreer om die stelsel te gebruik, moes verlede Maandag afskop, maar is tot Woensdag uitgestel nadat die stelsel ineengestort het weens te veel besoekers. Die departement het daarna tydens ʼn perskonferensie gesê die stelsel sou die lading vandag [Dinsdag] kon hanteer.

Lesufi het op sy Twitter-rekening gesê hy sal na verwagting om 14:00 die “noodsaaklike aankondiging” maak. Hy het gesê hy verstaan ouers se frustrasie en het om verskoning gevra.

Woedende ouers en voogde het op Twitter uitgevaar oor die vertraging en #Admissions2017 het vinnig ʼn gewilde onderwerp geword.

Die aanlynregistrasieproses is van stapel gestuur om aansoekprobleme met registrasie vir 2017 te probeer verhoed, nadat leerders weens laat aansoeke nie vanjaar plek in sommige skole kon kry nie. Die registrasieproses is gerig op gr. 1 en gr. 8-leerders by staatskole.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maryna ·

Ek is een van daai ouers wat ontsteld is. Julle is so bekommerd oor laat inskrywings, maar as dinge gaan soos dit nou gaan, gaan daar elk geval almal laat registreer wees… Kan nie sien dat dit gaan werk nie.

Anoniem ·

Enigste aankondiging wat hy kan maak…Mense die is Suid Afrika..Ons is hopeloos..Kry niks reg nie. Al wat ons kan doen is moor, verkrag, roof …..en dan kom ons nog weg daarmee……

Tinktinkie ·

En een of ander konsultant word potte vol betaal om al die “tegniese foute” reg te stel, seker teen oortyd tariewe!!

tom ·

dis al oor 14:00 wat was die aankondiging of het sy speech ook “gecrash”

Charmaine ·

Wee jy. 14h30 – en website is steeds af – en steeds geen aankondiging.

Antie ·

En dit werk nog steeds nie. Weet nie vir wat karring hulle alewig aan goed wat reg werk nie. Ek sê reguit dit is om ons taal uit ons skole te dryf en ons as meeste ouers gaan dit nie toelaat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.