Aanlynslenters: van romantiese beloftes tot trane en finansiële ruïnering

(Foto: pixabay)

ʼn Groep vroue beywer hulle vir groter bewusmaking van aanlynslenters op veral sosiale media of op afspraak-webwerwe, nadat hulle gesamentlik glo miljoene rande weens sulke bedrogskemas verloor het.

John Alexander, hoofondersoeker van die private speurdiens Royal Investigations, sê hulle is in dié stadium besig om verskeie sake te ondersoek waar vroue op sosiale media ingeloop is.

Die slagoffers

Gillian Goldman is een van dié vroue. Sy beweer sy is nagenoeg R10 miljoen kwyt weens ʼn aanlynslenter. Sy het ook haar haar huis en sakeonderneming in die proses verloor.

Louise (de Haas) Heyns is ʼn paar jaar gelede óók uit duisende rande geswendel. In háár geval het sy ene Barry Morris in 2015 op ʼn aanlyn-afspraakwebwerf ontmoet. Hoewel hulle nooit persoonlik ontmoet het nie, was hulle kort voor lank in ʼn liefdesverhouding.

Morris kon Afrikaans en Engels praat en het glo in Spanje grootgeword voordat sy familie hulle in Pretoria gevestig het, het sy in ʼn verklaring oor haar ervaring gesê. Dit was nie lank nie, of die versoeke vir geld het begin. Duisende rande vir vliegkaartjies; borgtog nadat hy glo op die Heathrow-lughawe in Londen in hegtenis geneem is; geld vir herstelwerk ná ʼn vreeslike ongeluk by Morris se werk. Die verhale was ook dikwels hartseer. Kanker is by Morris se ma gediagnoseer en sy is glo daarna dood. Dan was daar die ernstige motorongeluk waarin Morris en sy twee kinders beseer is…. Die lys was bykans eindeloos en die versoeke vir geld ook. Van die beloftes om die geld terug te betaal, het daar egter nooit iets gekom nie.

Nóg ʼn man wat sy op ʼn aanlyn-afspraakwebwerf ontmoet het, ene Richard Cornfield, het glo óók duisende rande uit haar bedrieg. Sy moes later onder meer haar motor verkoop en het eindelik nagenoeg R375 000 in dié bedrogspul verloor.

Die bedrieërs

“Die bedrieëry is geweldig goed georganiseerd. Hulle het nagemaakte paspoorte, sagteware wat hul stemme verander en hulle stories is altyd uiters geloofwaardig. Die bedrieërs doen hulle gewoonlik ook voor as ʼn gesinsman en hulle teiken veral ouer vroue,” het Alexander gesê.

En dit is nie net naïewe of oningeligte vroue wat slagoffers word nie. Inteendeel, dit is dikwels uiters suksesvolle vroue. Die sielkundige speletjies wat daarna met ʼn slagoffer gespeel word duur soms maande of jare, sê Alexander. “Dit is skrikwekkend hoe goed hierdie bedrieërs is. Hulle is meesterlike manipuleerders wat dikwels tien, 15 of 20 vroue gelyk benader en van ʼn teks af werk.

“Hulle (die bedrieërs) doen dit vir ʼn lewe. As jy 20 vroue op ʼn slag besig hou en net een val vir jou storie, is dit uiters winsgewend.

“Dit is asof hulle presies weet wanneer ʼn vrou weerloos is en presies weet hoe om dit uit buit. Hulle bestudeer hul slagoffers op sosiale media en ken jou later beter as wat jy jouself ken,” het hy gesê.

Wanneer ʼn bedrieër byvoorbeeld sien dat ʼn moontlike slagoffer graag gholf speel, word dít as aanknopingspunt gebruik wanneer ʼn vrou op sosiale media genader word.

Alexander het gesê die ondersoek het intussen gevorder tot waar hy binne ʼn dag of wat die identiteit gaan hê van een van die persone wat ván die geld wat oorbetaal word, gaan onttrek. Volgens hom is die polisie huiwerig om dié soort saak te ondersoek, omdat dit as ʼn siviele kwessie beskou word. Wanneer ʼn slagoffer egter kan wys dat diefstal onder valse voorwendsels gepleeg is, word dit ʼn saak vir die polisie.

“Ons wil hê die muile (diegene wat gebruik word om die geld te gaan onttrek) moet ingeneem word vir ondervraging. Dit is baie moeilik om die baasbrein vas te trek, maar daar móét ʼn skakel tussen die muile en daardie persoon wees,” het hy gesê.

Volgens Alexander word die bedrogspul bedryf deur Nigeriese burgers wat uit Kaapstad werk.

Bewusmaking

Op die Facebook-groep Sky Women NPC – ʼn nie-winsgewende organisasie wat Heyns ʼn paar jaar gelede op die been gebring het – kan slagoffers van dié soort bedrogspul steun kry van ander vroue wat reeds daardeur is.

Hulle word begelei deur die proses om weer hul selfvertroue te herwin, terwyl die groep hom ook beywer vir die bekamping van kuber-bedrogskemas op sosiale media en bewusmaking daaroor.

Die organisasie sê vroue wat slagoffers van dié slenters is, eindig dikwels in skuilings vir haweloses waar hulle in haglike omstandighede woon en talle probeer selfmoord pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Sobymykoolkop ·

ń baie goeie begin sal wees om net jou gesonde verstand te begin gebruik. Hoeveel moet nog gevang word na al die waarskuwings? ń donkie? …………

Lizelda ·

Ja, nee regtig ek stem saam en gewoonlik is daardie fotos vd mans WAY OUT OF YOUR LEAGUE, hahaha, maar nogsteeds sal die ouer dames dink die man is eg en hy is opreg lief vir haar. Dit kom seker maar hand aan hand met desperaatheid.

dolphin ·

genade moet dit ignoreer en blok dit .kan dit lewe verwoes.moet by naaste polisie aanklop om te help en moenie vir mense vertrou nie.daai vrou het 4 keer op facebook naam verander en selnr ook verander my vriend het probeer bel dis scam. profile is vals.moet net versigtig wees….

Simpatie ·

Geen simpatie. “If something is too good to be true, then it is not true”. Mense word elke liewe dag gewaarsku teen hierdie slenters. Ag nee man, mens is nie so hardop vir “liefde” nie.

Lizelda ·

Die dag wat ek my hard verdiende geld vir n man gee veral op so sosiale netwerk is die dag wat ek liewer uit die samelewing moet verdwyn.

Marina ·

Vader van Genade!! Hoe desperaat moet hierdie vrouens wees vir ‘n man??? Hel geen simpatie met hulle, as jy so desperaat is betaal dan prys en moenie agterna slagoffer speel!!!!! Man moet waag om geld te vra dan klaar wys dit sy karakter!!

JohanR ·

Kon nog nooit verstaan hoe jy 2000 “vriende” op FaceBook het nie, maar jy het nog net ooit 2 persoonlik ontmoet. Verlang terug na die dae as jy vou kuier, dan het jy BY jou maats en vriende gaan kuier, en hulle by jou. Jy het dan lekker gesels, geeet en geklets. Nou het jy 2000 “vriende” op FaceBook, maar ken niemand waar jy kan gaan kuier nie, en niemand wat by jou kom kuier nie……shame!!

koos ·

Jy kan nerens gaan kuier nie, want Facebook hou jou te besig!!

Louise Heyns ·

Ek hoop na harte dat die wat slagoffers so label dat hulle Facebook en ander sosiale media rekeninge goed beveilig is? Indien nie, is jy die volgende slagoffer, wat met ‘n lee bankrekening gaan sit. Die sindikaat kan op enige Facebook rekening ingaan met sagteware keyloggers, wat nie beveilig is nie. Jul het geen idee wat die omvang van hierdie sindikaat is op sosiale media nie. Ek help reeds meer as 8400 mense op sosiale media met groot sukses.

Andrea van Vuren ·

My ma het my geleer jy moet nooit jou salaris of fortuin bekendmaak nie. ‘n Geldwolf is ‘n honger ding!

Grens ·

Age nee, dit is nou om jouself te ver-toffie. Miskien dink ek net anders, maar hoe de joos val jy vir sulke snert. Elke dag word mense nog steeds gevang. Ek verkoop onlangs iets op die net, en ek was verbaas hoe dat mense oor hulle voete val om my vinnig te kan betaal, net die goed te kry.

Ekke ·

Los die mans uit en lewe eerder jou lewe oo jou eie. Dan sal jou geld jou geld wees en bly. Hoe dom kan mens wees. Of liewer hoe hardop kan mens nou wees vir n man. Ai ai. As jy nie wil hoor nie moet jy maar voel. En dan is dit te laat. Spyt is n goeie ding hy kom net altyd te laat

KaterinaKat ·

A fool and his money is soon parted. And that’s all i have to say about this subject.

Louise Heyns ·

Die hoogs gesofistikeerde kubermisdaad sindikaat teiken alle enkellopende vroue/ mans en ook besighede op Facebook. Mense word gescam ook Instagram, LinkedIn, Hangout, Skype en Twitter. Van die online datings sites word besit en bestuur deur die sindikaat. Daar is biljoene “fake” profiele. Kubermisdaad in SA is buite beheer en dit is tyd dat mense wat dink dat hulle so goed ingelig is, om opleiding te kry. Een slagoffer het 15 jaar vir die bank se “cyber fraud” departement gewerk en sy was steeds ‘n slagoffer. Beide Louise en Gillian was CEO’s van ‘n paar maatskappye en baie navorsing is gedoen op sosiale media. Groot projekte gaan geloods word in SA en wereldwyd.

AB ·

Geen simpatie met mense wat vir sulke slenters val nie! As die koppie klein is moet die lyfie ‘suffer’.

Hennie ·

Baie vrou het hard gewerk en hulself goed gevestig in die lewe. Dan kry jy die verdomde jakkelse wat op die vroue teer. Jy meneer wat hierdie vrou vir n ride vat, jy is n lae lak, n gemors, n verlore siel wat God net een keer sal sien, dis wznneer hy jou vrot siel in die hel werp.

marina ·

Sy het jeuse gemaak om te val vir enige storie!! Hoe desperaat kan mens nie raak!! Geen simpatie moet nou nie jammer jammergat wees!!

Marisa ·

Daar word eweveel mans met hierdie slenters gevang – die vroue is net bereid om hulle foute te erken – die mans suffer in stilte om die ego te beskerm

Mari ·

Sy het die man nog nooit ontmoet nie, maar gee tog duisende. Daarna gee sy weer duisende vir n ander man. Party vrouens wil nie leer nie. Hulle leef in n sprokieswereld , weet wat gaan gebeur, maar tog is die sprokie net te aanloklik en lekker om te stop. Die aandag net te goed. Wat sal mens se? Hoop hulle het nie klein kinders wat in die proses te na gekom word nie.

Louise Heyns ·

Die vrou waarvan jy praat was deur ‘n hoogs gesofistikeerde sindikaat geteiken. Haar kleinkinders sal trots op haar wees aangesien sy ‘n legende gaan nalaat waar sy biljoene mense wereldwyd gaan help. Met navorsing agter haar het sy die eerste non-profit company begin om kubermisdaad slagoffers te help en om hierdie misdaad daadwerklik te bekamp.

Humbug ·

Dis verskriklik. Ek egter was een van die gelukkiges. Het my man 15 Jaar op n dating site ontmoet en is steeds nog net so verlief Soos die dag met ons troue. Sterkte Vir die slagoffers van gevoellose skelm Lui buffels.

Karolis ·

Nie een sent vir Boere of ‘n welsyn organisasie nie. Kry vir jou sussie.

Vrouwees ·

Ja dis sekerlik oningeligte vroue. Vrouens soek liefde. Al het sy geld en sy ontvang nie liefde nie, gaan sy iewers verdwaal. Party is moedswillig en party regtig eensaam.

Realis ·

Maak nie ‘n fout nie! Daar is Afrikaans sprekend mans wat vroue met dieselfde tipe slenters op FB vang! Doen hulle self voor as Stoere Boere met Christelike waardes! Meanwhile back at the Ranch, is hy werkloos en bly hy in die buitekamer, agter in iemand se werf …….

Gerda ·

Siestog…. dis verskriklik hartseer, dat mens sooo desperaat, vir aandag en kastige “liefde” kan wees, dat jou intelligensie, jou sooo in die steek, kan laat!! Verwerping en hunkering na n man, is fataal

Ogies ·

Nee o aarde! Vrouens wat besighede bedryf het sekerlik verstand… Wel jy moet hê as jy CEO is. Hoe laat jy jou so vang? Nee rerag hoe naief kan hierdie vrouens wees!

Christa ·

EK is ook Al jare alleenlopend maar nog nooit so “Hardup” gewees Om oor internet man te soek nie. N vrou Moet op n man Kan steun en nie Anderson nie. Of so het EK Nou our waardes. Vandag Wil vrouens met man’s needing maar hulle Sal wragtig vir man’s geld gee sonder hulle Hom Al gesien of ontmoet het. So sulke vrouens kry EK nie jammer nie. As hulle n toffie is word hulle gekou.

Heinrich van Zyl ·

Mense sê nou so dat die vroue desperaat is.
Is die oorgrote meerderheid vrouens nie maar in ‘n mindere of meerdere mate desperaat nie?
Kyk maar hoe kriewelrig raak ‘n meisie in haar middel dertigs wat nog ongetroud is.
Dis mos ‘n geval van min of meer die volgende:
Trou in jou middel of laat twintigs.
Kry jou eerste kind na so 2 of 3 jaar van getroude lewe.
Kry jou tweede kind weer so 2 of 3 jaar na jou eerste kind.

Praat jy! ·

Mens is mos nie waarlik vrou as mens nie al daardie boksies afgemerk het nie. Ipv meisiekinders op skool inlig van hoe mens ‘n man se karaktereienskappe vinnig kan ontbloot word boeke voorgeskryf vir massa grooming sodat die pedofiele juig!

Denise ·

Wag ek kyk gou in my kristalbal hoekom jy nou vir n man so baie geld kan gee wat jy nie eens regtig ken nie ai o nee kyk ek sien net stupid !!!

Anoniem ·

Heinrich.
Mans is net so desperaat indien nie 100 keer erger nie! Hulle gee nie moed op nie al se ‘n vrou reguit sy stel nie belang nie! Dis veral die effens ouer mans van so 30 jaar oud en op. En wat my altyd verstom is dat ‘n man dink as ‘n vrou vriendelik is met ‘n man, sy in daardie man belangstel! Meeste vroue is vriendelik sonder enige by bedoelings!

Enerste vere ·

In sulke gevalle of gewoonlik verwag elke party iets van die ander…”trofee” man of vrou ontvang bv gratis huisvesting, vakansies, klere ens vir inslaapdienste/ geselskap/ bystaan tydens funksies. By trofee meen die persoon moet iets vir oog wees of iets waardevol bereik het of besit. “Bydrae” lewer tot verhouding al is dit nie in geld waarde. Hartseer wanneer dit net pure misbruik was en die persoon se prentjie vals was.

Snowflake ·

Agge Neeeeee dames….. hoe de hel kan vrouens sooo desperaat wees!! En baie sal nog steeds nie leer nie!!

Natascha ·

Hoe desperaat moet n vrou wees om aan lyn vir n ou se beloftes te val.?
As jy regtig betroubare mans wil ontmoet sluit aan by n kerk organisasie.
As n man eers vir jou moet geld vra as jul op lyn ontmoet het, is die gevaar tekens mos daar, maar oop jul oe,.
Klink vir my na baie desperate vroue wat altyd in die strik trap.
Nee dit is hul eie skuld, mens stuur mos nie geld vir iemand wat jy nog nie eens ken nie, hoeveel kere is die mense nie al gewaarsku teen die soort scam nie ?
Nee wat so desparaat sal ek nooit wees, dan bly ek eerder alleen.

Anoniem ·

As ‘n mens dom is moet jy maar betaal. Ek sal nie verbaas wees, Louise Heyns, as die einste man jou meer as een keer onder ander name uit jou geld verkul het nie. Dis myns insiens die fout wat vrouens maak. Hoekom propageer dat jy geld het??? Om die man nader te lok?

Leer hy jou leer ken as iemand wat “pennieloos” is… as hy sy sout werd is en werklik vir jou omgee, (wat ek betwyfel want hoe kan mens op papier of oor die internet verlief raak en iemand leer ken).. Leer die mense nooit? Is daar nou rerig RERIG geen hubare man in jou afsienbare nabyheid nie?

Vee ·

Ek is jammer maar na my mening kan mens nie so desperaat wees nie! Hierdie is nou net mooi gevalle van jou “voor wereld” wat jou pla! Nee wat dis sommer origheid!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.