Aanranding by kuierplek: Blou Bul ‘gee samewerking aan polisie’

Dylan van der Walt (Foto: Verskaf)

Dylan van der Walt (20), die Blou Bul-o.21-rugbyspeler wat daarvan verdink word dat hy vir Louis Pienaar (38) Saterdagoggend buite ʼn kuierplek in die ooste van Pretoria geslaan het, het onderneem om sy samewerking aan die polisie te gee.

Van der Walt se prokureur, Jacques Diemieniet, het Vrydagmiddag aan Maroela Media gesê sy kliënt het nog nie ʼn verklaring by die polisie afgelê nie, maar ʼn afspraak is reeds vir later vandeesmaand gemaak.

“Ek het intussen inligting ontvang dat ander mense glo waarskuwingsverklarings moes aflê, wat die moontlikheid laat ontstaan dat daar dalk ander verdagtes kan wees. Ek is egter nog in die duister hieroor. Ek poog al heeldag, sonder sukses, om met die ondersoekbeampte in verbinding te tree sodat ons agter die kap van die byl kan kom,” het Diemieniet gesê.

Hy het gesê in dié stadium is daar nog te veel aspekte waaroor duidelikheid gekry moet word en kan hy nie verdere kommentaar oor die voorval lewer nie.

Maroela Media het vroeër berig Louis Pienaar (38), ʼn rekenaarspesialis en pa van twee kinders, is in ʼn kritieke toestand in die waakeenheid van die Life Wilgers-hospitaal nadat hy Saterdag omstreeks 04:00 buite die kuierplek aangerand is.

“Volgens ooggetuies het die kuierplek toegemaak. Louis was nog op die dansvloer toe daar ʼn groep rugbyspelers aangekom het. Soos ons verstaan, het iemand glo aan iemand gestamp, waarna ʼn woordewisseling ontstaan het,” het Louis se pa, Pine Pienaar, vroeër aan Maroela Media gesê.

“Louis en sy neef, Christian Cronjé, is toe na buite waar Dylan hom in die parkeergebied van agter van sy voete af geslaan het. Hy het hom nog ʼn hou gegee, voor hy saam met mense in ʼn voertuig geklim en weggery het,” het Pine bygevoeg.

Wayne van der Walt, Dylan se pa, het vandeesweek sy seun op Facebook verdedig en uitgevaar teen mense wat “negatiewe aanmerkings” gemaak het.

“Dylan was nog nooit betrokke by enige bakleiery in sy hele lewe nie en omdat hy vir die Bulle speel is dit tien keer erger. Wat julle lees is net die helfte van die storie. Dylan was saam [met] twee van sy maats, en die ander ou het vyf vriende en familie saam [met] hom gehad. Dylan het hom een keer geslaan en hy het geval,” het Wayne geskryf.

Wayne maak verskeie bewerings, soos dat “die 38-jarige man” glo besope was en na bewering probeer het om by ʼn 20-jarige meisie aan te lê.

“Wat gebeur het, is hartseer. Ons is ʼn Christelike familie en net God kan oordeel, maar nou ja, dis net so hard vir my kind as wat dit vir enige iemand anders sal wees.”

Louis Pienaar in die hospitaal. Foto: Verskaf

Karen Pienaar, Louis se suster wat nou as die gesin se woordvoerder optree, het Vrydag aan Maroela Media gesê Wayne se bewering dat Louis saam met vyf vriende daar was, is verkeerd. “Dit was net hy en sy neef.”

Sy het gesê wat presies tot die woordewisseling binne die kuierplek gelei het, is nog duister en hulle weet net wat hulle van ooggetuies verneem het. “In dié stadium weet ons net dat daar ʼn woordewisseling binne die kuierplek was en dit is toe opgeklaar. Die aanranding het later buite in die parkeerterrein plaasgevind. Verder kan ons nie meer oor die saak sê totdat die polisie se ondersoek afgehandel is en almal se verklarings geneem is nie,” het sy gesê.

Karen het gesê haar broer se toestand het intussen verswak. Hy is sedert Saterdagoggend in ʼn koma en is aan ʼn ventilator gekoppel. Hy het op twee plekke bloeding op die brein.

Kapt. Ilze Jones, woordvoerder van die Garsfontein-polisie, het reeds bevestig ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer word ondersoek en die ondersoek duur voort. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Shanil Mangaroo, woordvoerder van die Blou Bulle Maatskappy, het gesê die maatskappy gaan nie in dié stadium enige kommentaar oor die voorval lewer nie. “Aangesien daar wetlike aspekte betrokke is, wag ons eers vir die ondersoek om sy gang te gaan. Sodra daar meer inligting beskikbaar word, sal ons dit verder hanteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

HPV ·

Hy het hom net eenkeer geslaan. Maar slaan moes hy slaan. Daar is baie slimmer opsies as slaan.

Cor ·

Aag siiestog nou speel ons die verontregte blo bul tema , wat soek jy 04h00 in die oggend by drink plekke,dit klink vir my na “Pub crawllers”
Dan kan ek nie verstaan nie die oomblik as jy aangejaag het word die term gebruik “Ons is christene” voor dit het ons nie so gehandel nie.

Leahim ·

Speel rugby en Los die kriminele dinge uit met n kriminele rekort gaan jy nerens kom

jannie ·

Die tipe dinge gebeur oral….daar is altyd n grootbek as jy by n jol kom dan soek hy skoor,kry hy n pakslae is hy die arme ene wat niks verkeerd gedoen het nie.Dan kry jy die jong mannetjie saam pelle wat sy bek ook lekker groot is en mussels wys en hy wil altyd almal reg tik….hierdie
is n storie van iets het gebeur en daar was n reaksie….nou net jammer vir die ou in hospitaal en dan die laaitie wat nou n “bloubul rugby speler” is wat nou lekker sensasie is om oor te skryf in die media.

MABEL DIE FABEL ·

Dis nie sensasie nie dis feitlik. Elke ander storie word ook op.berig. Kyk maar na die Tiger Tiger insident waar hulle die outjie doodgeslaan het, of die insident waar die Engelse toeris doodgeslaan is by rugby. Stel jy voor nuus instansies raporteer glad nie daaroor nie? Dit is mos nuus if hoe?

PLATIPUS ·

Nee dis die werk van die howe. Hulle oordeel en veroordeel.

Riette ·

Hoekom slaaan skop en beledig mense mekaar nog!!

Newsflash!!! Ons lewe nie meer in grotte nie, mans, word groot asb, dit is nie die oplossing tot enige probleem nie!!

Piet Snot ·

Kom aan Riëtte, los nou maar die misandrie.
Ons mans praat nie neerhalend teenoor vroue nie.

Kaptein ·

Geweld is in spesifieke gevalle die perfekte antwoord tot ‘n probleem.
Snaaks hoe mense na grootword verwys – beteken dit die kleintjies kan mekaar maar slaan soos hulle wil ?

Kiepie ·

Nie slim om jou eie kind op sosiale media so te inkrimineer nie Mnr vd Walt. Deur te sê “hy het hom net een keer geslaan en toe val die man” verklaar jy dat jou seun ‘n erkentenis aan jou gemaak het dat hy wel die man geslaan het. Dit maak sy prokureur se pogings om te beweer “daar is ander verdagtes” heeltemal sinneloos.

Jan Jooste ·

Ek is baie dankbaar dat die pa erken het sy seun het geslaan. Dit geskied in terme van die Here se opdrag dat die waarheid van die dakke af verkondig sal word. Nou kan die hof hopelik sy werk doen.

Marius ·

Mmm… Nes ek gedink het. ‘n Kragapie. Sy girl is seker baie trots op hom!

Andre ·

Wil net weet daar word later die maand n verklaring gegee dit is duidelik dat blank op blank aanranding nie n ernstige saak is nie!!!

Ashley ·

N afspraak om polisie te gaan sien?? Waarom is hy nog nie in n sel nie. Unbelievable!!!

Boet Fasie ·

Ja – nee. drank verdra nie onreg nie, maak mens baie sterk

HPV ·

Getroude ouens mag ook kuier, ons leef in die jaar 2017. Dominee en die kerkraad sal ons nie meer onder sensuur plaas nie.

LR ·

Geen simpatie met die seun nie. Hy het erger gefouteer as die doodskis mense, so kan maar sy sondes agter tralies gaan oordink.

Showahed ·

Hoe dit ook al sy, die klein rampokker gaan heel moontlik van moord aangekla word indien Pienaar sou sterf. en dan kom al die ander eise ook daar by van die familie. Aldus die vertraging van verklaring afneem. 4 uur in die oggend in min rondlopers nugter en dan gebeur onnodige dinge soos die.

Shark ·

Ai, na ń paar kappe gooi die ou Bulletjie sy toekoms in die drain… Ou spiertier of te wel spierbul.!

Tk ·

Pa van 2… 38 jaar oud… 4uur ini ogend by n kuier plek… Hmmmm laat mens dink… Wag maar vir die ondersoek…

tc ·

So gee die krag apie die reg om te dink hy is groot en kan maar sy vuiste teen enige iemand gebruik, en umm man getroud ,kids en uit ,ken jy hom en sy vrou,?

Boeremeisie ·

Presies! Wat soek ‘n getroude man en pa by so ‘n plek! 4 uur die oggend is niemand nugter nie! Wanneer besef mense dat drank die wettige dwelm is wat lewens verwoes?

Namibia ·

In watter era leef julle? Daar is paartjies wat mekaar genoeg vertrou om toe te laat dat 2 familielede saam uitgaan en nie gedurig aan mekaar kleef nie. Ook sonder om aan ander te kleef en getrou te bly. Ek was al daardie tyd van die oggend aan die kuier sonder drank of dwelms. Moet nie ander meet aan jou eie waardes en doen en late nie.

Idris ·

Ag nee man. Drank maak selfs die swakste man ‘sterk’. Wil almal wat hier kommentaar lewer vir my sê dat niemand n breekpunt het nie. Daar is n baie goeie kans dat die ‘ slagoffer’ daai tyd van die oggend n hele paar Tarzan drankies ingehad het en gaan krap het waar dit nie juk nie. Dit maak nie die blou bul onskuldig nie, maar regtig? n Saak het twee kante.

PJC ·

Moet sě ek het ernstige bedenkinge oor enigiemand wat daardie tyd van die nag by hierdie tipe plekke uithang.

Cherokee ·

Leahim, ek weet nie of aanranding (selfs al is die hou van agter) klassifiseer as krimineel nie. Dìt maak egter nie ‘n duit verskil nie want ‘n rekord gaan hy hê. Hopelik word sy pappa as getuie gedagvaar want dit klink asof hy kan getuig van presiès wat daar gebeur het. Van Der Walt beter hoop Diemieniet is dinamiet want kos gaan dit hom kos. En dat sy pa die apparaat wat hy gebruik het om Louis Pienaar se besopenheid mee te meet saam sal neem wanneer die saak verhoor word. Hopelik sal geregtigheid geskied.

Leahim ·

Nee ek sê nie hy is n krimineel nie ek sê aanranding is n kriminele oortreding en hy is skuldig hy het die ou geslaan maak nie saak of daar provokasie was of nie hy het die ou glo van agter geslaan so hy kan nie selverdedigings pleit nie.Ek is regtig jammer vir hom hy is n jong seun wat n fout gemaak het maar die reg moet sy gang gaan

Cacophony ·

Genade Cherokee gewoonlik skryf jy sulje insiggewende opmerkings maar hierdie kommentaar maak nie sin nie.
Jy weet nie of aanranding klasifiseer as krimineel nie? Nou hoe dan so?

Cherokee ·

Ek is eerlik nie seker nie, Cacophony. Onder die indruk krimineel is diefstal, roof, bedrog ens. Miskien klassifiseer aanranding onder ‘n ander bedeling maar miskien is my raaiskoot verkeerd. Die vraag is wat krimineel beteken. Ek gaan dr Google vra vir ‘n uitleg van die woord ‘krimineel’.

Cherokee ·

Leahim en Cacophony, julle is absoluut reg. (ek was nuuskierig onder watter klassifikasie so ‘n oortreding sorteer) Krimineel is dit wel na aanleiding van –
In ordinary language, a crime is an unlawful act punishable by a state or other authority. … One proposed definition is that a crime or offence (or criminal offence) is an act harmful not only to some individual but also to a community, society or the state (“a public wrong”).
Crime – Wikipedia
https://en.wikipedia.org/wiki/Crime

Juan ·

Partykeer moet jy jou ego in jou sak steek en net weg loop – dis al.

Boet ·

Arme bloeitjie,nou skerm pappa want sy seuntjie kan nie verantwoordelikheid vir sy dade vat nie,,if you cant do time,dont do the crime.Spyt kom altyd te laat.

HESTER ·

Dit gaan so! ek dink as jy groot genoeg is om jou hande te lig dan is jy groot genoeg omself pa te staan vir jou optrede.

Sputnik ·

Hmmmm, sonder ‘n skeidsregter is daar nie brieke nie, lyk dit vir my! Groot ROOI KAART, asb!!

Veritas ·

Die seun se pa tree vir hom in die bresse en nou word hy ook veroordeel. Hy is ‘n pa duisend ! Ek sal my eie kinders ondersteun al doen hulle wat. Dít is waarvoor ouers daar is. Niemand ken die feite agter die insident nie maar almal wil oordeel. Pasop, met die maat waarmee jy oordeel, sal jy ook geoordeel word.

Esme ·

Oom Angus se boodskap was vanoggend as jy getroud is is jul een n verbindnis jy kuier nie in plekke soos die nie j plek is by die huis en j gesin die vraag is wat doen mense daai tyd in sulke plekke draai terug na God leef vir God en daar is altyd twee stories ons weet nie sterkte vir almal bid God se wysheid en liefde sonder Hom is ons niks

Vermeende ·

So 35 jaar terug was ek n mannetjie soos die blou bul wat groot manne in die hospitaal in gehelp het met my vuiste, almal in ons dorp was bang vir my, tot op n dag toe ontmoet ek so klein mannetjie by die dam, en hy was jonger as ek. Al wat ek onthou, ek het vier dae later ui n koma wakker geword. Mense se hy het my kort kort grond toe geslaan dan staan ek maar net weer op om hom telyf te gaan, eer toe ek stil le toe ontbied hy die polisie en ambulans vir my.

Boetie wees maar versigtig n klein mannetjie gaan jou ook van jou troontjie kom afhaal, onthou net, daar is altyd iemand beter as jy.

Liza101 ·

Oumense het altyd gese “Na 12uur in die nag loop die duiwel rond” En ons almal gaan kyk of dit waar is een of ander tyd in ons lewens! Party kry hom ander nie….

Stephen Namibia ·

Dit is gelykstaande aan die algemene Sokker boewery (hooliganism) in Engeland.
Jong spelers wat dink hulle het iets geword deur middel van sport. Van der Walt se pa erken sy seun het Pienaar eenkeer geslaan. Dit is een maal te veel en hy is dus skuldig aan boewery.

Hester ·

Ek stem volkome saam jou. Eenkeer te veel geslaan of dit van agter af was of nie. Ek wil net terloops se die feit dat Pienaar 4 uur die oggend in die klub was, het regtig niks met iemand anders te doen. Jy hoef nie daarvoor geslaan te word nie. indien hy by iemand aangele het , is nie Dylan se plek of verantwoordelikheid om dit uitesorteer nie. Wie gee hom die reg ? Hierdie rugbyspelers moet weet dat as hulle eers vir n provinsiale span speel Blou Bulle of Lions wie ookal, dan is hulle onder die vergroot glas. Jy behoort n voorbeeld vir ander jong seuns te wees. enige iemand kan in n groep van agter af slaan. Groot Hero. Ek braak gal want hierdie optrede het ek al op skool vlak gesien. Dan word dit onder mat ingevee want hy is n rugbyspeler en indien die skool groot rugby speel kan jy maar weet die storie gaan doodgevee word daarvoor sorg afrigters gewoonlik

Kobie ·

Almal gooi gou hulle 5c hierin en ken nie eers die feite nie. Almal speel regter en veroordeel. Miskien is dit net tyd dat ons toelaat dat die ondersoek span sy werk doen en al die feite saamstel. Daar kan baie wees wat gebeur het en ons weet nie eens die helfde. Almal braak gal oor jong mense wat tot 04:00 in die oggend by ń kuierplek is. Ek is seker van julle wat so oordeel het ook jongmense wat uitgaan en ook kuier. Dink net die prentjie gaan anders lyk as ons al die feite het. Almal maak foute en net dalk is daar ander wat ook ń fout gemaak het en ons laat Dylan alleen kruisig. Wag en ons kyk na die hele storie. En die het absoluut niks met die Bulle te doen. Daai storie is al afgesaag.

Kaptein ·

Kobie, onthou nou jy praat met kerkmense hier. Hulle was nog NOOIT na 12 op straat nie en veroordeel ALLE vorme van geweld. Asof mens nie kan dronk word voor 12 nie. En asof jy nie ‘n ou kan vuisslaan sonder drank nie :-)

Leahim ·

Kobie dit is die probleem die sa polisie moet die saak ondersoek en hulle is so onbeholpe hulle moet eers n ondersoek doen om hulle pen en papier op te spoor en dan vat dit nog n ruk om iemand te kry wat kan skryf so jy sien die probleem waarmee daar gesit word.

Sênet ·

Wat maak ñ 38-jarige pa van 2 kinders in so plek? Nogal 4uur die oggend? Sê-net?

Annemarie ·

Hy kom van oorsee af en het seker bietjie suidafrikaans op bodem saam sy neef gaan kuier. Wat is fout as ‘n pa saam familie gaan kuier wie hy miskien lanklaas gesien het. Sjoe! Ek verstom my aan mense se denke en negatiwiteit. Tien teen een het sy vrou voorgestel dat hulle gaan kuier. Gisgisgis..

SARIE VAN HEERDEN ·

Wat soek ‘n getroude man met ‘n gesin 4-uur in die oggend by ‘n kuierplek?

Kaptein ·

Bokkie – VRYHEID en ONTSNAPPING. Gee jou ou se leiband so nou en dan bietjie skiet. Goeie advies ;-)

juba joubert ·

Was al ook in dieselfde situasie. Ek het n pak slae in die parkeer terein gekry omdat ek glo by sy meisie aangele het.

Darius Els ·

Dis nou n nuus storie die!
Daai man MOES daai tyd van die oggend langs sy vrou in bed gewees het by sy kinders in die huis! FINISH EN KLAAR!
Se laank al ek hou my nie na1995 op met rugby nie.Net schooldrop outs uit woonbuurte onder die dorp neem nog deel.
Di nie soos 60’s toe meeste spelers nog studeer het nie.

Lekker ou sirkus hofsaak kom,want ons bly in n onder ontwikkel de land.
MAW jy is of te oud om te verhuis,of te onnosel.

Annapatat ·

Ek wil nie klippe gooi nie. Polisie en díé betrokke moet maar die skuldige uitwys. Met dit gesê wil ek ook net noem. Mens volg mos nou maar jou gunsteling sangers, rugby spelers ens op sosiale media. Paar weke terug laai een van my gunsteling rugby spelers ‘n foto op Instagram. Gewoonlik lewer ek nie kommentaar op hulle goed nie, maar die dag- wat my besiel het sal ek nie weet nie- comment ek op sy foto. Ek praat toe glad nie van hom nie, maar van mense wat gym in die algemeen wat nie hulle bene oefen nie. Sal hy my toe begin aanval daaroor en tag toe sy trainer en en… Ek het myself seker verkeerd uitgedruk of hy nie mooi verstaan nie. Ek het niks terug gesê nie, want dit was ook nou nie my plek om op sy goed kommentaar te lewer nie in die eerste plek nie. Punt wat ek probeer maak, is dat sulke “tipe” mense dink hulle een of ander ‘MAG’ het omdat hulle bekend is. So al is hulle Christene, hoop ek maar dat die waarheid uitkom.

Cherokee ·

‘n Menigte meningsvormers vra waarom ‘n pa van soveel kinders en soveel vrouens daardie tyd van die aand of nag in ‘n kuierplek was. Die feit dat hy (na bewering van agter af) aangerand is, pla hulle zero. Hulle wil net weet wat het hy daar gaan doen. Wàt mense, as julle uitvind dat sy vrou saam met hom daar was? En ek sê defnislis nie dat dit so is nie maar die koerantberigte sê ook nie dat sy nie daar was nie! Jul opinies behoort gebalanseerd te wees om aanvaar te word deur gebalanseerde mense.

Jean ·

Glad nie slim van sy pa gewees nie vir sy kind se onthalwe moet hy bid daai man sterf nie want dan is dit moord, ongeag wat hulle daar gemaak 4uur in die oggend het of wie verkeerd was gebeur sulke goed by verskeie kuier plekke die enigste rede dat hierdie die nuus gehaal het is omdat hy i Blou bul speler is en die man is in i kritieke toestand,hy gan defnitief moet beter doen as i prokureer om sy agterstewe uit die tronk te hou kyk nou maar vir oscar sy miljoene het hom nie gered nie en as i blou bul speler sal mens dink hy het bietjie meer tussen die ore hy moes geweet het dit sal die nuus haal maar het nie sover gedink nie want het seker weer ramkat voor die poppies gespeel

Jakoba ·

Moet dit sê ….daarom bid ons gewone sondaars maar gereeld om van die versoeking bewaar te word. Mag jul geliefdes versterk word. Jammerte en hartseer kom altyd te LAAT.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.