Aanrandingsaak teen Malema teruggetrek

Julius Malema tydens 'n vorige perskonferensie Foto: effighters.org.za

Julius Malema tydens ‘n vorige perskonferensie Foto: effighters.org.za

Die veiligheidswag wat beweer dat Julius Malema hom in Oktober by ʼn musiekkonsert in Polokwane aangerand en ʼn vuurwapen op hom gerig het, het die saak teen Malema teruggetrek.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder van Limpopo, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig dat die wag die saak teruggetrek het. “Die man het aan die polisie gesê dat hy nie meer met die saak wil voortgaan nie,” het Otto gesê. “Die polisie het ʼn verklaring van hom geneem en die dossier aan die senior staatsaanklaer voorgelê. Die aanklaer het aangedui dat die saak nie verder vervolg gaan word nie.”

Maroela Media het op 27 Oktober berig dat die veiligheidswag aanklagte van die rig van ʼn vuurwapen, aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging by die polisie aanhanging gemaak het. Hy het beweer dat hy en Malema by die Peter Mokaba-stadion in ʼn argument betrokke geraak het waarna Malema glo ʼn vuurwapen op hom gerig het. Lees meer hier.

Die EFF het Maandag in ʼn verklaring ontken dat sy leier en die veiligheidswag in ʼn konfrontasie betrokke was. “Hy [Malema] word onderwerp aan die howe van openbare mening wat hom reeds skuldig bevind het,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê.

ʼn Klag van aanranding is ook vroeër teen Malema ingedien na ʼn voorval by ʼn kitskosrestaurant in Tzaneen wat op kringtelevisiekamera vasgelê is. Malema het glo ʼn man rondgestamp en gevloek. Klik hier om meer te lees.  Volgens Otto duur die ondersoek in dié saak steeds voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

wonder net ·

Ja ek dink ook hy is omgekoop.Die luis van n Malema is in elkgeval korrup so dit sal my nie verbaas as die wag omgekoop is nie.

Jan ·

Ek het gehoor van iemand, ‘n witman, wie se neef ook by Polokwane deur Malema aangerand is. Hy het ook ‘n klag by die Polokwane (Pietersburg) polisie gaan lê. Maar hy het dit teruggetrek toe hulle doodsdreigemente teen hom en sy familie gekry het. Ek wonder of die veiligheidswag nie in dieselfde bootjie is nie…

Andre van Aswegen ·

ek dink ook dis die geval…….praat en jy slaap of bly stil en bly lewe….dis mos hoe die nuwe SA werk of hoe???
Kom ook met als weg in die lewe!!!!!!

moegoe ·

Stilbly is die beste antwoord en dus wat Malbliks*m wil hê. Hy Malema sal voortploeter met sy ongewenste uitsprake/beledigings/aanrandings en al wat onwelvoeglik is- Die ANC parlementslede.(ZUMA en sy gevolg is bangbroeke-Malema rule soos Mugabe)

CAV ·

Stem saam dat daar meer skuil hieragter, en hy is seker een van die plase belowe wat Malema by die boere gaan vat

Dave ·

Nou praat ek absoluut onder korreksie en indien iemand beter weet kan dit reggestel word. Ek dink dat die rig van ‘n vuurwapen krimineel van aard is en dat ‘n kriminele klag nie teruggetrek kan word nie.

Albertus ·

Sien hulle skryf “glo n man rondgestamp” hy het jy kan mos sien op video, nie “glo” nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.