Aanrandingsake ná parlement-vuisgeveg

Chaos het op 13 November in die Nasionale Vergadering uitgebreek. Foto: Twitter

Chaos het op 13 November in die Nasionale Vergadering uitgebreek. Foto: Twitter

Die Demokratiese Alliansie het vier aanklagte van aanranding aanhangig gemaak ná Donderdagaand se omstrede vuisgeveg in die Nasionale Vergadering.

John Steenhuisen, DA-hoofsweep, het Maandag in ʼn verklaring gesê drie LP’s het aanrandingsklagtes teen die polisie ingedien. ʼn Saak is ook teen Mduduzi Manana, adjunkminister van hoër onderwys en opleiding, ingedien wat glo LP Juanita Terblanche tydens die onderonsie hardhandig behandel het.

Steenhuisen het gesê sommige van die DA-LP’s is tydens die voorval beseer, ten aanskoue van ANC-LP’s wat glo die polisie se optrede “toegejuig” en “gevier” het.

“Die wetgewing is duidelik dat veiligheidsdienste slegs op twee voorwaardes in die parlement ingeroep mag word,” het Steenhuisen gesê. “Dit is slegs met die toestemming van die speaker of voorsitter, of wanneer iemand se lewe of eiendom onmiddellik in gedrang is.”

Steenhuisen het gesê speaker Baleka Mbete het tot nou toe nog versuim om enige verantwoordelikheid te aanvaar vir wat gebeur het, en mens kan gevolglik aanvaar dat iemand se lewe of eiendom wel in gevaar was as die polisie se inmenging as wettig beskou word. “Dit is egter moeilik hoe die beamptes tot dié gevolgtrekking gekom het deur ʼn LP wat geweier het om ʼn uitlating terug te trek of om die podium te verlaat.”

Hy het gesê hy gaan versoek dat die parlementêre oorsig-owerheid die voorval ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig die polisie is ontbied nadat Ngwanamakwetle Mashabela, LP van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), geweier het om die podium te verlaat. Sy het president Jacob Zuma tydens ʼn debat as ʼn “dief” beskryf en geweier om haar uitlating terug te trek.

Polisielede het kort hierna opgedaag en haar aan haar arms begin trek. Sy het glo geskree dat hulle nie aan haar moet raak nie.

LP’s van die opposisiepartye was woedend en het tot Mashabela se verdediging gekom. Die vuiste het begin klap toe polisiebeamptes glo die LP’s van die DA en EFF gestamp het nadat hulle tussenbeide probeer tree het.

Die beeldmateriaal wys die onderonsie tussen parlementariërs kort nadat Mashabela uitgeskop is. Die regstreekse uitsending van die parlement is net voor die selfoonvideo afgesny. Klik hier om dit te sien.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

George Barnard ·

Die regering is n klug,die huidige regering moet bedank en daar moet n tussentydse regering saam gestel word.met Pieter Mulder as waarnemende President en DeLill as Adj. President en die kabinet moet uit n eweredige aantal lede van elke party bestaan , en die tussentydse regering moet die land vir die volgende 5 jaar regeer

charmaine ·

Lekker lag ek nou! Jammer George, daai “kite” gaan nie vlieg nie, maar ons mag mos mos maar drome he ne? Maar dit is ‘n uitbarsting wat al lankal moes gebeur het. Die spul in die parlement loop met tweegesigte rond en skud mekaar se hand, maar agteraf wens hulle om mekaar ‘n paar warm klappe te gee

oscar ·

Kan jy nou mors en nie tot orde wil gebring word nie… Dis presies soos as jy iemand aanrand en dan gaan kla jy hom aan. In die parlement gaan nie hooligans geduld word nie.

SJ ·

Ek hoop elke twit wat nog dink die eenheids staat is ‘n goeie idee, word nou blerriewil wakker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.