Lindokuhle Dube, die 19-jarige leerder wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn video waarin ʼn skoolseun ʼn meisie aanrand, het Maandag in die hof verskyn.
Dube staan tereg op ʼn aanklag van aanranding met doel om ernstig te beseer. Hy het reeds in die Ntuzuma-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn.
Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die saak is tot 14 September uitgestel vir nadere ondersoek. Dube is op borgtog van R1 400 vrygelaat.
EWN berig die staat het nie die borgtogaansoek teengestaan nie aangesien hy geen vlugrisiko asook nie meer in dieselfde skool as die 16-jarige slagoffer is nie. Die hof het gehoor dat Dube, wat tans in gr. 10 is, ʼn onderonsie met die slagoffer se tweelingsussie gehad het voor ʼn eksamen en ná die eksamen glo die verkeerde sussie aangeval het.
Maroela Media het vroeër berig die beweerde aanranding het in November by die Siyathuthuka Secondary School in Inanda, noord van Durban, plaasgevind. Die gewelddadige video wat op sosiale media versprei is, is deur die polisie en departement van onderwys met “afgryse en skok” ontvang.
In die video kan ʼn mens sien die voorval is op ʼn skoolterrein afgeneem en wys hoe ʼn skoolseun ʼn skoolmeisie gewelddadig aanrand.
Geweldadige 19-jarige graad 10 leerling. A nee a. Wat sê die slagoffer se ouers hieroor?!
Theresa, ek dink nie die ouers sê veel nie. Gedagtig dat die kind iewers die gedrag moes “gesien” het dat vroue maar aangerand kan word. Dalk is die Ma dankbaar?
Dit se baie dat ‘n 19 jarige steeds in graad 10 is……. lagwekkend, dis al wat ons kan doen is lag vir hierdie land se patetiese nasie!
1. A. Die vraag was gevra t.o.v. die ouers van die “slagoffer” indien ek reg gelees het.
2. Hoor julle dit—- Doodse stilte van die Dept. van Onderwys, sowel as die Minister.
19 jaar en nog in gr 10? het in November plaasgevind en maak nou eers ‘n saak oop? wat gebeur met die lafaard wat die video geneem het? hoekom moet videos eers “viral” gaan voordat die polisie en onderwys dept iets doen?
Negentien in graad tien. Lag my n papie. Boetie gan werk op n plaas.