Aansienlike afname in transitorooftogte, sê minister

Genl. Bheki Cele, minister van polisie (Foto: ANA)

Die minister van polisie en die nasionale polisiekommissaris het Vrydag in ʼn gesamentlike verklaring laat hoor dat transitorooftogte in die afgelope maand aansienlik afgeneem het.

Reneilwe Serero, woordvoerder vir min. Bheki Cele, het gesê sedert daar op 4 Junie ʼn nasionale stabiliseringsoperasie in werking gestel is, is 40 verdagtes in verband met dié misdaad vasgetrek.

“Vier van dié mense is onder die top-20 geïdentifiseerde verdagtes wat gesoek word vir soortgelyke misdade. ʼn Aansienlike bedrag geld sowel as vuurwapens en ammunisie is ook teruggevind.”

Cele het gesê die merkwaardige prestasie van dié operasies is dat dié rooftogte vanjaar met ʼn reuse-61% vir Junie vergeleke met Mei afgeneem het.

Cele meen die aantal inhegtenisnemings is ʼn teken van die polisie se toewyding daaraan om te voldoen aan hul grondwetlike mandaat om die wet te handhaaf en af te dwing.

“Niks moet ons manne in blou se aandag aflei daarvan om ʼn veilige omgewing vir alle mense in Suid-Afrika te skep en te verseker dat misdadigers aan die pen ry nie,” het Cele gesê.

Cele meen die polisie is ernstig daaroor om die vlaag misdaad om te keer en sal nie rus voor hulle die oorlog teen misdadigers gewen het nie.

Cele het Vrydag gesê daar was minstens vyf pogings tot transitorooftogte vandeesweek.

“Daar moet kennis geneem word dat die veiligheidsingrypings van polisie en privaat sekuriteitsmaatskappye dit bykans onmoontlik maak vir gewapende rowers om toegang te kry tot die kontant.”

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het gesê veiligheidsbeamptes plaas daagliks hul lewe in gevaar om die waardevolle vrag wat hulle vervoer te beskerm en “hulle moet geloof word vir hul pogings”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

John ·

Was die minister met vakansie of is hy nou by sport en ontspanning?

leser ·

transito rooftogte word met hand en tand teen geveg,
wanneer kom PLAAS MOORDE ook in aanmerking vir soveel “blou” aandag en toewyding

Derick ·

HA HA HA ….. HA HA HA …. HA HA HA . … JINNE MINISTER, KLINK MY JY IS ‘N “STAND UP COMEDIAN” ……. WORD TOG NET WAKKER VIR ‘N SLAG EN DOEN JOU WERK!!!!!

Hennie ·

Natuurlik…mens hoor al minder daarvan op die SABC se uitsaai dienste! Beslis n maase afname…nee regtig!

Vra net ·

As dit dan nou so onder beheer is kan daar mos nou aandag gegee word aan PLAASMOORDE!

Marinda ·

Sabc nuus saai nie die soort stories uit nie. Voeljie hoor fluit, hulle mag blykbaar net goei nuus stories doen. Ander word onder mat weg gesteek. Kyk maar eerder na enca (herhaal te veel dieselfde stories) of kyknet nuus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.