Die bankwerkersvakbond Sasbo sê hy gaan voort met Vrydag se beplande staking en protesaksie teen werksverliese in die banksektor ten spyte van ʼn hofaansoek wat dit wil stuit.
Sasbo, tesame met Cosatu, beoog om die bankwese in die land tot stilstand te bring, maar Business Unity South Africa (Busa), wat die banke verteenwoordig, het ʼn dringende aansoek om ʼn interdik gebring om die protesaksie in sy spore te stuit. Busa voer aan dat die protes onwettig en onbeskermd is en dat Sasbo en Cosatu hul artikel 77-kennisgewing moet onttrek.
Sasbo beplan vyf landswye protesoptogte, naamlik in Johannesburg, Durban, Bloemfontein, Port Elizabeth en Kaapstad, vir 27 September om beswaar te maak teen onlangse grootskaalse afleggings wat in die bankwese plaasvind as gevolg van digitalisering.
“Verbruikers word aangemoedig om van mobiele bankdienste gebruik te maak in plaas daarvan om na hulle plaaslike tak toe te gaan,” het Joe Kokela, hoofsekretaris van Sasbo, in ʼn verklaring gesê.
Standard Bank het in Maart vanjaar aangekondig dat dit 1 200 werkers gaan afdank en 91 van sy takke gaan toegemaak, terwyl Nedbank ook planne bekendgemaak het om 3 000 werkers af te lê. Absa het ook in daardie maand gesê dat hy 870 werkers sou afdank.
“Gegewe die hoë werkloosheidsyfer in die land, gepaard met die swak ekonomie, die ontwrigting wat die vierde industriële revolusie tot gevolg het en die groot sosiale impak wat dit gaan hê, kan ons nie bekostig om nog verdere werk te verloor nie,” het Kokela bygevoeg.
Die vakbond, met 70 000 lede, wil ook meer duidelikheid hê oor hoe Suid-Afrikaanse banke die vierde industriële revolusie gaan hanteer.
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het verbruikers intussen gewaarsku dat die staking moontlik ʼn uitwerking op belastingterugbetalings kan hê. “Ons moedig belastingbetalers aan om hulle betalings dus twee besigheidsdae vooruit af te handel,” het dit in ʼn verklaring gesê.
Het SASBO uiteindelik tande gekry?
SASBOse ledetal val vinniger as n rots in n mynskag af, nou probeer hulle iets doen om te wys hulle is nog daar. Net jammer hulle doen NIKS anders vir hulle lede, beste skuif ooit om na Solidariteit te skuif
Tande gekry? Die unies het hopeloos te veel regte in hierdie land. Hulle sit agter die ekonomiese verval, en gebruik hul lede om te toi-toi vir al wat ‘n verskoning i.p.v. om te werk. Hulle saai verwoesting sover as hulle gaan. Hul tande moet eerder getrek word, maar ons regering is te slalgat om teen enigiemand op te staan wat verwoesting saai.
Kan mens dit glo!!! die Regeering (SARS) se eerste prioriteit is hul belasting inkomste en nie die mense wat afhanklik is van die bank sector nie!!!!
Johan, lees asb weer. Dit gaan oor belastingUITbetalings. Alias REFUNDS. Jan Taks dra dus juis die publiek se belange om die hart met hul versoek.
Unies soos SASBO staan onder die hoenderstellasies en kla dan as daar op hulle koppe gemis word.
Dit is wat gebeur as jy jou mense leer om te staak in plaas daarvan om hulself te verbeter en op die toekoms voor te berei.
Jammer vir die mense wat julle werk verloor. Maar my vraag is, wat het julle gedoen om relevant te bly?
Ja wat, as outomatisering veral korrupsie kan uitskakel, doen dit asb. Te veel bankklerke sit agter kliënte se besonderhede wat uitlek, en allerlei korrupsie en diefstal in die bankwese. Die FNB kliënte wat hul erfstukke in veilige bewaring in die bank se safety deposit bokse verloor het weens die diefstal, waar als op kamera vasgevang was hoe bankklerke saamgewerk het, sal nooit terugontvang wat hul verloor het nie. Ons werkers is te oneties met bitter lae morele kode en doen enigiets vir gierigheid. Nee wat, dis jul eie skuld, ek het geen simpatie nie. Ek hoop die interdik word toegestaan om hul te stuit. Wil nie werk nie, dis vir hulle slegs ‘n dag op straat om leeg te lê.
En ho wil hulle in diens bly en betaal word as daar nie werk is nie? En wat het hulle gedink gaan gebeur as alles automatiseer?
Die grootste revolusie is om die draai … om by die miljoene soos diere te vrek as gevolg van honger en dors . Glo dit maar .
die afleggings is agv die ruggraatlose regering wat alles in die land in ‘n kompos status gedompel het!!
Dis omdat die regering geen verantwoording neem en beoefen vir swak aabstellings en bestuur nie! Almal van bo tot onder is vrot! Die banke stel mense aan wat hulself baie goed met die mond verkoop, maar is in die hart korrup. BEE is die skuld van alles wat verval, want mense word aangestel slegs op een ding wat niks te doen het met enige skills of competencies nie. So draai die wiel.
Net in Suid-Afrika kan mens weier om te werk omdat jy jou pos wil behou!
Spyker oppie kop….
Nou wil hulle staak omdat mense afgele is. Pleks hulle eerder harder werk en sodat hulle poste nie ook in gedrang kom nie. Maar dis mos hoe hulle dink!!!!
Dit is hoekom die land in so gemors is hulle dink hulle is slim
Die unies le die land lam ! Plaas hulle begin werk skep maar staan eerder bakhand en demand met gebalde vuiste ! Staak hom tot in die grond ! Geen wonder niemand wil in die gemors belê nie !
Hierdie is die begin van die einde van die “werkersparadys” wat die ANC en sy bondgenote, COSATU en die SAKP vir SA beplan het.
Hulle droom van ‘n “werkersparadys” is besig om in ‘n nagmerrie te ontaard omdat hulle steeds uitgediende vakbondplanne probeer toepas in die vinnig veranderende wêreld.
Die banke (en ander werkgewers) moet groot stukke grond aankoop waar hulle die oortollige werkers kan vestig in bestaansboerderye.
SASBO en ander vakbonde behoort die leiding te neem met die bg. bestaansboerdery OORLEWINGSPLAN as alternatief vir die groot hongersnood wat voorlê!
Fire die voorbok stakers heel eerste. Ondankbaarheid teenoor jou werkgewer. Unies is n onding.
Sal maar Vrydag by die Bloedbank n draai maak om te “deponeer”!
Daar hang orals in banke en winkels onnodig mense rond wat betrayal word vir geen werk. Bv by betaalpunte, waarom word inkopies deur iemand ingepak- ons kan dit self doen. Nerens oorsee is daar e en wat jou goed inpak nie.
Ons kan ook ons eie trollie kar toe stoot en self inpak.
Dit het tyd geword dat oorbevolking aangespreek word. Daar is nie werk vir almal nie. Mens kannie net onverantwoordelik kinders voortbring en verwag ander moet sorg nie.
Nee, last hul le ook n slag werk verloor! Nie te lank terug is ons uit ons werk uitgeskop.
Ons het net nie n vakbond gehad nie!
Daar het jy dit toe. Strike en demand, die land is is sy maai.
So laat ek gou iets verstaan. Hulle is teen die afleggings in die bank as gevolg van digitalisering maar hulle moedig mense aan om die kanaal (selfoon bankdienste) te gebruik wat verantwoordelik is vir die afleggings omdat hulle gaan staak? Moet hulle nie eerder mense aanmoedig om takke toe te gaan om te bewys die mense is nodig in die takke nie?
Nee hulle Wil nie werk nie reeds daarom word almal gedwing Om deesdae hulle eie sake op rekenaars Moet doen. Hulle Wil in Poste sit nie Om te werk nie, eerder Om wondering van maand n salaries te kry. Wens die winkels Wil ook so n diens aanskaf sodat jy nie met sulke swak diens op geskeep te sit nie. Dis Al wat regstellende aksie veroorsaak het.
.
.
90 mense om 3 se werk te doen…help rekenaar tegnologie nou nie meer nie..te ingewikkeld ?
.
.
Ek is glad nie een vir staak nie, verstaan weel 100% hoe die werkers in die bankwese voel. Was self by bank – eers het hul al die aansoeke van takke weggeneem en 4 groot processing centres oopgemaak regoor SA. 3Jaar later was 2 toegemaak en jy was keuse gegee om te skuif of om jou pakket te vat. Ek is vandag dankbaar ek het besluit om my pakket te vat en aan te beweeg want om elke jaar of 2 deur ‘n “restructuring” te gaan breek’ n mens. So al die kommentaar oor wees dankbaar, fire die hele spul ens – jul weet nie wat in die banke aangaan nie. Grootkoppe maak besluite sonder om te dink aan hoe dit hul werkers gaan affekteer, dit is net een groot rush vir meer geld. En as jy sukkel om bv sekere skofte te werk agv vervoer dan trek hul net skouers op en se jy moet plan maak of bedank dan. SASBO kon aan ander maniere gedink het as om te staak, ek kry die mense van banke net bitter jammer.
Die volgende groep mense wat geraak gaan word is die petroljoggies. Wanneer pompe geoutomiseer word. Jy gooi self jou brandstof in.
Bekommerd, moenie bekommerd wees nie, In SA sal jy nooit ooit jou eie brandstof ingooi nie. Daarvoor is ons motoreienaars net te slim. As elektriese karre inkom dan sal die vulstasies eers begin swaarkry en dit is nog lank voor dan.
Die President het mos gese hulle het baie by Bob geleer en dat hul bankvas agter ZANO PF staan nou pas dan toe wat jul geleer het . Wat sukkel julle so pasop moeë osse stoot maklik
Dit is hoog tyd dat iemand rug in die land moet styf maak. Ek beroep hier op o.a die privaatsektor en landbou se samewerking. Die ou tradisionele bankstelsel is oudgedien. Die banke kan met baie minder personeel oor die weg kom. Wie gaan trek of deponeer nog geld by ‘n kassier? Die bankbestuurder wie elke maand maagswere namens Hoofkantoor moes verwerk is ook vir altyd verby. Alle besluite word of kan nog meer elektronies geneem word. Die landbou kan meer meganiseer en moet die proses versnel. Ek dink enige werkgewer wat kan ontslae raak van mense wat onproduktief rondhang moet baie vinnig daaraan dink. Ons is ‘n suiwer sosialistiese welsynstaat wat ‘n verdraaide absurde ekonomiese stelsel het. Die minderheid mense sorg vir die parasitiese massas wat geen inisiatief aan die dag lê om enigsins ‘n verbetering in die onmiddelike omgewing wil bewerkstellig nie.
Hoe meer hulle staan, hoe groter die Kans dat nog meer mense Kan sonder werk sit want dit leer die publiek Om sonder hulle klaar te Kom. Die banke doen reeds meet sake deur internet.
SASBO is ‘n reuse grap! doen bittermin ooit vir hul lede. Die “Bestuur’ van SASBO is wel permanent op konferensies in fancy hotelle en altyd gretig om buitelandse konferensies( lees: 5* ster vakansie) by te woon. Ipv staking wat die kwesbare ekonomie nog platter kan druk, hoekom kom SASBO nie vorendag met ‘n behoorlike plan om na hul lede om te sien nie?