Aansoek om appèl teen afsonderingsuitspraak ingedien

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: GovernmentZA/Flickr)

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het die hooggeregshof in Pretoria gevra vir toestemming om te appelleer teen ʼn vroeëre hofbevinding wat vlak 4 en vlak 3 van die afsonderingsregulasies irrasioneel en ongrondwetlik verklaar het.

Sy voer aan die Liberty Fighters Network, ʼn betreklik onbekende drukgroep, het nie ʼn grondwetlike aanval op die regulasies van vlak 3 en vlak 4 van stapel gestuur nie en was ook nie spesifiek oor presies watter regulasies hy betwis nie. Dit beteken sy is nou onseker oor op watter saak sy moet antwoord, voer die minister aan.

Die regulasies is ingestel om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

Regter Norman Davis het verlede week in sy uitspraak bevind die minister se regulasies, waarmee die staat inbreuk maak op mense se fundamentele regte, het nie die toets van rasionaliteit geslaag nie. In ʼn dikwels snydende uitspraak het Davis bevind dit lyk of Dlamini-Zuma eerder glo dat enigiets geregverdig kan word in ʼn poging om die land teen ʼn ernstige gesondheidsgevaar te beskerm.

In regskringe is die uitspraak gekritiseer as dat dit vaag was in die manier waarop dit die magdom regulasies wat ingestel is sedert pres. Cyril Ramaphosa ʼn ramptoestand op 15 Mei afgekondig het, hanteer het.

Die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, het op sy beurt gesê hy glo enige ander hof gaan tot ʼn ander slotsom kom as Davis.

Davis het harde woorde vir Dlamini-Zuma se departement gehad vir die onbeduidendhede wat die direkteur-generaal van samewerkende regering in sy beantwoordende verklaring ingedien het, eerder as om ʼn behoorlike argument te voer dat elke bepaling vir die grondwetlikheid daarvan oorweeg is.

Davis het Dlamini-Zuma twee weke gegee om die regulasies te hersien, in ooreenstemming met die Grondwet te bring en weer af te kondig. Hy het sy uitspraak vir dié twee weke opgeskort.

Sommige kritici voer aan die vlak 3-bepalings, wat saam met dié van vlak 4 ter syde gestel is, het nie voor die hof gedien nie omdat dit nog nie afgekondig was toe die saak aangehoor is nie.

Die staat vra dat die kwessie in die appèlhof aangehoor word om regsekerheid te kry.

  • Lees ook Maroela Media se onderhoud met Reyno de Beer, die man agter die Liberty Fighters Network, hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anon ·

As sy opgelet het in die klas instede van hied en gebied oor sigarette, sou sy dalk geweet het wat om haar aangaan. Die vrou is die kluts kwyt.

koos10 ·

Dink bietjie hieraan:
Die vrou en haar base gebruik ons geld, om ‘n hofuitspraak te baklei wat deur ons gewen is, vir regulasies wat op ons afgewing is en wat volgens ons onwettig is.

Belasting weerhouding is nou al wat die vervlakse regering op koers kan bring!

Willem ·

Dit maar net nog ń manier van die staat om ons verder gevangene te hou

marius ·

Waarom nie direk na die hoogstse hof wat hulle geskep het nie ?

gatgogga ·

ANC beginsels:
1. Lieg, en ontken dan alles.
2. Appelleer altyd.

Smurf ·

Al die aandag is nou op haar en haar haanswors maniere gevestig en die res van haar comrades doen net wat hulle wil lekker man…….. LEKKER. Nuwe betekenis aan die die woord ” grond dom “

Objektief ·

Asb, moenie grond beledig nie. Grond kan kos laat groei; die ANC het net korrupsie en ander misdaad laat groei

david ·

Hier is ‘n aanhaling in Engels wat toegeskryf word aan Adolf Hitler….Never to admit a fault or wrong; never to accept blame ; concentrate on one enemy at a time; blame that enemy for everything that gos wrong; take advantage of every opprtunity to raise a political whirlwind……
Nogal van pas op die huidige regime…..

Pampoen ·

Sy speel vir tyd. Ou triek wat sy by haar ex geleer het. Teen die tyd wat die saak afgehandel word is Covid al lankal vergete.

Fedup ·

I see you’ve set aside this special time to humiliate yourself in public.

Fedup ·

4. Mandatory use of cloth masks (including home-made ones to cover nose and mask) and ensure hand hygiene when in public and at workplace.

Fedup ·

This caught my eye. How do one cover one’s nose and musk then?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.