Aansoek om Gupta-uitlewering misluk

Minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola. (Argieffoto: Kopano Tlape/GCIS)

Die Verenigde Arabiese Emirate het Suid-Afrika se versoek dat die omstrede Gupta-broers, Atul en Rajesh, aan die land uitgelewer word, van die hand gewys.

Die Gupta-broers word verdink van grootskaalse betrokkenheid by staatskaping en het vroeër landuit gevlug.

“Ons het met skok en ontsteltenis verneem dat die uitleweringsverhoor op 13 Februarie in die Dubaise hof afgehandel is en dat ons uitleweringsaansoek onsuksesvol was,” het Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, Vrydag bekend gemaak.

  • Hou Maroela Media dop vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.