Aansoek om Motsoeneng se ‘skade’ te bepaal

Hlaudi Motsoeneng. Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng. Foto: news.iafrica.com

Die VF Plus het ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia), ʼn aansoek gebring om te probeer bepaal “hoeveel skade die SAUK se voormalige bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, die openbare uitsaaier berokken het”.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie, het gesê die SAUK is versoek om sekere inligting beskikbaar te stel om die berekening te doen.

Volgens Alberts het hulle die SAUK gevra om sy jongste finansiële jaarverslag, wat steeds teruggehou word, bekend te maak, sowel as dokumentêre bewyse wat die besluit staaf om 90% plaaslike inhoud op TV en radio uit te saai en dokumentasie wat alle internasionale programaankope met kostes aandui. “Van die programme sluit sepies in, soos Days of our Lifes en The Bold and the Beautiful.”

Volgens adv. Alberts is die Paia-aansoek se doel onder meer om vas te stel hoeveel internasionaal aangekoopte programme, waarvoor in Amerikaanse dollar betaal word, nie meer uitgesaai gaan word nie, weens die 90% plaaslike inhoud-kwota.

“Dit kan beteken dat miljoen dollar se voorraad moontlik afgeskryf sal moet word. Die VF Plus gaan hierdie inligting aan die Maatskappyekommissie verskaf, wat aangedui het hy is bereid om Motsoeneng se besluite as senior besluitnemer in die SABC te ondersoek vir moontlike verbrekings van die Maatskappywet, indien die nodige bewyse voorgelê word.”

Alberts het gesê indien dit blyk dat Motsoeneng roekeloos opgetree het, kan hy ingevolge dié wet persoonlik aanspreeklik gehou word vir die skade die SAUK gely het.

“Dit het tyd geword dat roekelose besluitnemers in staatsbeheerde maatskappye ingevolge die Maatskappywet se nuwe en sterker beskermingsmaatreëls, aanspreeklik gehou word vir hul vermorsing van belastinggeld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Jan ·

Gegewe die omvang van verkwisting op alle fronte behoort daar ‘n spesiale eenheid geskep word om diesulke gelde van die skuldiges in te vorder. Ek meen Tuli is die ideale persoon om dit op die been te bring.

Cherokee ·

Julle wat nou ‘n nuwe held en heldin het (as dit nie Ghordhan is dan is dit Madonsela) behoort dit raak te sien dat sy (beloof het om) R15000 by te dra tot die FeesMustFall-beweging afgesien van die vandalisme wat toegepas word.

Jakobus ·

Cherokee, as ek reg het, het sy R15,000 beloof as bydrae tot ‘n fonds wat sy bepleit het om gestig te word wat die studente sal bystaan in hul studies. Nié ‘n fonds om die feesmustfall beweging te finansier nie.

Jakobus ·

Cherokee, ‘n laaste van my, lees weer die berig. In jou kommentaar hier bo sê jy sy het beloof om die geld tot die Feesmustfall beweging by te dra. Dit is nie die geval nie. Lees weer Maroela se berig. Ek het dieselfde inligting as Maroela, maar dit aanvanklik op Times Live se webwerf gelees.

PJ ·

Uitstekende werk VF hoop net iets kom hiervan want lyk tot die howe se uitsprake word geminag

Jakobus ·

Van wat ek verstaan, het hy die SABC so opgedinges, dat hulle blykbaar nie meer sonder hom ordentlik kan funksioneer nie.

Jakkalas ·

Ry hom tot by Daantjie in die kalwerhok. Tyd dat sy absolute arrogansie vas getrap word en hy persoonlik finansiël opdok vir sy optredes. Iets wat die mense moet begin leer is verantwoordbaarheid vir wat jy doen.

GES ·

Elke keer dink ʼn mens dit is die toppunt van arogansie en verwaandheid, dan kom so ʼn persoon op die toneel. Hy ontsien selfs nie eens ʼn begrafnis nie om sy beeld te poets. Walglik verby …… Ek hoop die VF+ kan ʼn manier vind om die vent te laat opsluit.

andrea van vuren ·

Ek weet van honderde Days of our Lives aanhangers wat vir jare lank hul dagprogramme so aangepas het om dié sepie te kyk. Hoeveel ou mense kan nog wakker bly tot 23:30? Moetsoneng was uiters gemeen en arrogant toe hy die besluit geneem het. Let wel HY, EK, EK!!!! Alewig die eie ek!

Emma ·

Weer ń bewys dat daai ou klein partytjie vir wie min wou stem die kastaiings uit die vuur moet krap. Dankie VF+

Knapie ·

Het hierdie verwaande ou soveel mag en krag om te maak en te besluit net soos hy wil. Die Appelhof het ook al uitspraak gelewer en hy sit nog soos strond aan n wolkombers by die SAUK. Die minister en raad moet finansieel aanspreeklik gehou word. Skoert Motsoeneng skoert

Buitestander ·

Motsoeneng is so klein peon in die uitsaaiwese ek weet nie hoekom hy nie net dood geswyg word in die media nie.
Hy kry eer wat hom nie toekom nie!!!!!!

Lance ·

Sy skade kan nie bepaal word nie wat mens koop nie jou reputasie met geld nie !

andrea van vuren ·

Het gehoor Faith maak hard planne om hom heraangestel te kry! Hou die nuus dop…

Jos ·

Hy is uitgeslape want hy het voorsiening gemaak vir terubetaling. ‘n Lekker vet nabelaste bonus van 11.4 miljoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.