Aansoek om SEB-inentingsbeleid te keer

(Argieffoto: GCIS)

AfriForum se aansoek teen die minister van finansies word Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor. AfriForum vra ’n hofbevel aan om minister Tito Mboweni te verplig om sy diskresie te gebruik ingevolge artikel 3 van die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid deur alle staatsorgane wat goedere en dienste aankoop wat met die inentingsprogram verband hou, van alle vereistes vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) vry te stel.

“Dit is in openbare belang dat die aankoop van entstof van SEB-vereistes vrygestel word,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum. “SEB vertraag die proses beduidend, verhoog dienskoste en verhoed maatskappye, wat nie aan SEB-vereistes voldoen nie, om aan die tenderproses deel te neem. Boonop is daar prima facie-bewyse van verreikende korrupsie wanneer tender- en aankoopprosesse ter sprake is.”

Van Zyl sê dit is veelseggend dat die ANC – selfs wanneer lewens bedreig word – steeds aan “sy beleide van sistemiese rassisme soos SEB getrou is”. “Hierdie is geen onskadelike politiek nie; dit is ’n gevaarlike speletjie met dodelike, werklike gevolge. Die minister van finansies is verplig om hierdie tipe rasse-inmenging te voorkom en tussenbeide moet tree om ’n einde hieraan te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johan ·

Hie gaan die bende dan plunder,..dit is tog die doel van die program. Soos hulle sê ” dont waste a good crisis” nou wil julle dit keer, sies man…

Anoniem ·

Die regering moet aangekla word van misdaad teen die mensdom, want hulle sal eerder toesien dat mense sterf as om bevoegde entiteite toe te laat om te help met die inenting. As ek my nie misgis nie, het die regering fondse bewillig vir die aankoop van die entstof, dus betaal die instansies wat die toediening doen, nie daarvoor nie. ‘n Spuit, spuitnaald en alkohol “swab” asook die berging van ‘n enkele dosis entstof kan sekerlik nie meer as R50.00 per dosis kos nie? Nou waar gaan die ander R250.00 heen??? As ek verkeerd is, help my reg asseblief.

Schalk ·

Manie jy is reg, maar waar kla jy hulle aan? Wie gee werklik om?

Gert ·

Vra eerder wat gaan van die kinders word wanneer die ouers een vir een na 5 jaar begin omkap. Dalk is die R250 daar om hulle te voed.

Gert ·

Dalk is dit tot miljoene se voordeel indien die inentings program in SA misluk weens die rampokkery.

Dirk Mostert ·

Ek beskou die entveldtog as onnodig. Ons natuurlike immuniteit behoort voldoende te wees. Dit sal egter logies en redelik wees om die entstof beskikbaar te stel aan alle hospitale en mediese praktyke om na diskressie en op aanvraag toe te dien, met vrye keuse deur pasiente.

Kokerboom ·

Kan jy dit glo dat ‘n regering wat veronderstel is om sy mense verantwoordelik te dien toelaat dmv irrasionele drakoniese besluite vir politieke gewin dat skaars hulpbronne so kwaadwillig geplunder word?!!!!Integriteit en gewete bestaan NIE in hul verwysingsraamwerk!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.