Aansoek om Springbokke uit wêreldbeker te verban, vandag gehoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Hofaansoek om die Suid-Afrikaanse rugbyspan te verhoed om aan die 2015-Rugbywêreldbeker deel te neem, word Woensdag om 10:00 in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

Dit volg nadat die politieke party, Agency for New Agenda (ANA), voorheen bekend as South Africa First, die hofaansoek op 28 Augustus ingedien het.

Die aansoek is gegrond op ʼn tekort aan transformasie in die sport. Hulle beweer rugby word steeds deur wit mense oorheers en die Springbokspan verteenwoordig nie die meerderheid van Suid-Afrikaners nie.

Die respondente in die saak is die minister van sport en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU). ANA het ook aan die Internasionale Rugbyunie (IRA) geskryf en versoek dat Suid-Afrika geskors word.

In die hofstukke skryf ANA hoewel daar al baie in die afgelope 21 jaar bereik is om transformasie in die land teweeg te bring, is dit “algemene kennis dat sommige landsburgers transformasie teenstaan en voortgaan met aktiwiteite en optrede gebaseer op onregverdige diskriminasie volgens ʼn aantal kriteria, insluitend ras”.

ANA het gesê dit is betreurenswaardig dat daar steeds ná 21 jaar van demokrasie “rassediskriminasie en rasse-uitsluiting in transformasie bestaan” wat hoofsaaklik die lot van die meerderheid van die land se swart bevolking bepaal. Die party beweer dat rassediskriminasie in geen veld so duidelik is soos in rugby nie.

In die brief aan die IRA beweer die party Suid-Afrikaanse rugby “was en is steeds ʼn witman-sport, wat die meerderheid van die swart bevolking uitsluit en marginaliseer”. “Ons doen ʼn beroep [op die IRA] om onmiddellik Suid-Afrika se lidmaatskap aan jul organisasie op te skort en Suid-Afrika te verban om aan die 2015-Rugbywêreldbeker deel te neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Kaspaas ·

As die bokke geskors word moet dit wees agv te veel onverdiende swart spelers ten koste van baie beter wit spelers.

Chanti ·

Hoeveel wit mense was in die 2010 sokker span?
Ja……I rest my case

Sneezy ·

Ek verstaan nou nie so lekker hierdie intellektuele reuse se redenasie nie. Hoe kan die wittes verantwoordelik gehou word vir transformasie? Is die “wittes”dan ook verantwoordelik vir die gebrek aan transformasie in sokker en veral staatsdepartemente wat openlik teen die wit minderheidsgroep diskrimineer? Dit is pateties dat die hooggeregshof hierdie snert enigsins verduur.

Linda ·

Stem saam….maar miskien moet ons NET swart speler stuur..dan kan hulle OOK Suid Afrika embarrass! !

Carien ·

Ek stem saam.Maak die hele span swart – ons kan op meriete n alternatiewe rugbyforum skep met spelers van alle kleure wat goed genoeg speel om daar te wees.Dan vat ons “meriete span” die Springbokke aan! Ons het al voorheen in ons geskiedenis ander planne gemaak as daar te veel aan ons gekrap word.Ons kan weer.

Jacques ·

Rugby is the only.thing the goverment hasnt screwed up yet , look at the rest of the country , the economy , the living conditions of the people that voted for them , only enriching their own lifes , rugby is the only thing in south africa the so called white people can be proud off . Look what happened when they interfered with the cricket

xxx ·

asse-freakin-blief… ek is al so gatvol hiervoor… ek dink dis tyd dat ons aandring op transoformasie in sokker… BAFANA BAFANA hier kom ons!!!

JAN BRITZ ·

Ag kom ons hoop die regter verwerp hulle versoek en staan n kostebevel teen hulle toe!

AmY ·

Ek gee nie ñ dooie duit om nie. Solank as wat politiek in SA se sport inmeng, sal ek nie ñ SA span ondersteun nie. En boon-op is daar nie eens een Leeu in die span nie. En met ñ oud Leeu in Skotland se span, raai wie het my ondrsteuning..?

Johan ·

Grootste klomp twak wat ek nog gehoor het en hoekom is daar nie transformasie in sokker nie dan moet hulle ook uit alle deelname van sokker geskoers word

Anton Le Roux ·

Maak die hele BAFANA wit dan kan hulle ook n slag aan die wenkant wees..Alles is so belaglik.

Riette ·

Is daar nou regtig op die aarde NIKS wat hulle NIE wil he nie!!!! Hulle wil alles he! Dis nou regtig belaglik

riaan ·

Cristo ek stem, of kom ons wit mense bly by ons huise en kyk rugby op die tv dan kyk ons maar wat gebeur??

Lynette ·

Riette het jy nog nooit gehoor van ‘gee hulle n pinkie……dan vat hulle die hele hand’? Baie goed en vinnig om te vat.

HEVW ·

Alles moet ontaard in n oewerlose gemors. Dit is hul hoogste aspirasie en die blanke staan ongelukkig in die weg daarvan.

chris ·

Man ek is vir die Iere en All Blacks in Afrikaans my engels is uiters beperk.

Werner ·

Daar is n ou gesegde wat sê “Dont get mad, get even” Ons moet ophou kla. Dit help niks. Ons moet eerder ons energie gebruik om in te klim en te veg vir ons regte en ons kinders se toekoms. As ons ingesteldheid verander en ons saamstaan kan ons dit maklik regkry.

Sarah ·

Ek is nie iemand wat oor politiek en rassisme en transfprmasie kla nie, maar hierdie berig was vir my nou te erg
1. Ons regering is die meerderheid swart
2. Ons telefoon maatskappy, meeste werkers is swart
3. Groot kettingwinkels, daar is omtrent nerens meer wit persone wat agter die kasregister sit nie,
4. Die poskantoor

Ag ek kan op noem tot ek blou is, maar ons ondersteun nog almal. Hoekom nou ons rugby? boikot

paul ·

Bring die springbokke terug en stuur die swart-wit-pens span oor!

Blondie ·

Jong … ek sien eerder dat die span verwyder word en weer soos in die vorige jare die internasionale sport gemeeskap geweier word , as wat ons met n klop paloekas gaan en Suid-Afira se naam verder met plak slaan. Of wel as dan nou maar moet , dan ondersteun ons hulle en laat die wereld nou maar vir eens besef die ANC is toe nou nie so n demokraties liefhebbende-reenboognasiebou regering is nie… Tyd sal leer.

MJL ·

Ons moet maar wedstryde boikot. As daar nie toeskouers is nie sal die borge ook herbesin.

Winston ·

Ek wil graag hoop dat hierdie pot bollie deur die hof verwerp word en met koste van die hand gewys word. Wat n pot snert! Maak die hele span swart en dan is die rev weer n rassis agv die eindtelling. Of die oponente se wit spelers word nie gestraf nie of dit of dat, maar nooit ooit hulle skuld nie. Ek is ook regtig gatvol vir transformasie. Begin julle self n slag transformeer asseblief!!! Ek verwys na die agter geblewenes. Het julle of het julle nie die vermoë nie? Skrap alle wetgewing in die verband en “get a grip on life”. Kies spelers wat my land trots maak op grond van meriete nie velkleur nie. Of is julle maar net eenvoudig verloorders???

watookal ·

Ek is al SO g***vol om die woorde tranformasie en rassisme te hoor!! Get over it already!! Sports helde moet geskies word op meriete en nie op sy velkleur nie. As ek gekies word vir n span wat my land moet verteenwoordig as gevolg van my velkleur sal ek verseker nie met trots die groen en goud kan dra nie. Ek ondersteun Heyneke en die springbokke 100%. Bring die beker huistoe!

Bianca ·

Wanneer gaan Suid Afrika besef dat jou vel kleur nie die oorsaak is van goeie/swak sport, goeie/swak diens, misdaad, hulpvaardigheid, intellek ens. nie. Hou op om alles rasgebasseerd te maak. Soek eerder kwaliteit spelers, gekwalifiseerde werkers en oordeel mense op hul dade, nie op hul velkleur nie.

Strydom-:Stryslim eerder ·

Snaaks genoeg het bafana een beker al gewen…met n wit kaptein en wit coach? Julle vat selfs die sokker agteruit, knapgedaan!

Ryno van der Zandt ·

Ek dink dis n mors van tyd om spelers in n nasionale span te druk wat nie die talent het of daar hoort nie, die rugby wat ons ken gaan nie oor watse ras speel nie, maar hoe goed die genomineerde speler is, ek se as hy goed genoeg is om ons land te verteenwoordig dan moet hy speel, Hulle sit die pot ver mis as hulle dink dis n rasse situasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.