Aansoek oor inligting rondom Zuma se parool aangehoor

Oudpres. Jacob Zuma (Junie 2020) (Foto: Kim Ludbrook/AFP)

AfriForum is Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof om die dringende aansoek om die wetlikheid van die besluit om voormalige president Jacob Zuma op mediese parool vry te laat, te hersien.

Arthur Fraser, voormalige nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, het die besluit op 5 September 2021 geneem, kort nadat Zuma sy tronkstraf begin uitdien het.

AfriForum sal argumenteer dat Fraser se besluit onwettig was en tersyde gestel moet word waarna Zuma weer aan die departement van korrektiewe dienste oorgegee moet word om die res van sy vonnis uit te dien.

AfriForum het vroeër die aansoek teen onder andere die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, die mediese paroolraad en Zuma self gerig omdat die toepaslike wetsvoorskrifte glo nie tydens Zuma se vrylating nagekom is nie.

Die organisasie het die prokureursbrief aan Arthur Fraser, nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, beteken waarin AfriForum ook antwoorde oor Zuma se vrylating versoek.

Intussen is Zuma se strafregtelike klag teen die staatsaanklaer adv. Billy Downer SC van die hand gewys. Die oudpresident het die advokaat daarvan beskuldig dat hy beëdigde verklarings met inligting oor sy gesondheid laat uitlek het.

Die Zuma-stigting is egter glad nie gelukkig met regter Pieter Koen se uitspraak nie en meen hy het “verskeie wesenlike en growwe regsdwalings” in sy vertolking en weergawe van die feite voor die hof begaan. Koen het onder meer bevind dat Zuma se pogings om Downer as hoofaanklaer in die saak te laat verwyder grootliks bespiegelend en ten beste gegrond is op ontoelaatbare hoorsêgetuienis.

Die verrigtinge sal vanaf 10:00 op YouTube uitgesaai word: https://www.youtube.com/c/JudiciaryRSA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johanncb ·

Intussen weet niemand wat hom makeer het en waarvoor hy opereer is nie! Mag ons, die publiek en belastingpligtige asseblief hieroor ingelig word?

SjN ·

As hy kan toi toi en dans kan hy maar terug keer sel toe, terminaal is hy nie.

Jack ·

Verduidelik net vir my hoekom enige uitspraak van die hof weke vat nadat dit ingedien is.Ek bedoel die skelm het al vergeet dat hy in die tronk was en speel golf saam met met Shabir.As jy hom nou gaan terug sleep tronk toe gaan hy appelleer soos ‘n varkie wat nie wil gevang wees nie. Hy moes in die eerste week na hy “vrygelaat” is weer teruggeroep gewees het.Ons ken die storie en weet waar dit gaan eindig.

Magda ·

Hy makeer niks net soos sy korrupte maatjie shaik, Afriforum moet sommer hulle altwee terug gooi waar hulle hoort. LEWENSLANK TRONK TOE

casper ·

Die perd het glo nie geld nie maar kan miljoene spandeer net om uit die tronke te bly !!

Pieter ·

Dit is hoe die anc kommuniste werk beskerm die wat skelm is

Samuel ·

Dit is seker nodig om te bepaal of SA se regstelsel nog werk. Ek hoop dat die regter wat hierdie saak moet aanhoor, sal moedig wees en nie bang vir die Zuma Stigting, of die regerende party nie. Zuma moes nooit vrygelaat geword het nie.

Grassie ·

Lank, lank gelede, toe Suid-Afrika nog ‘n beskaafde land was, was daar ‘n appélhofbeslissing dat enige hofgeding nie moedswillig vertraag mag word nie. Wanneer ‘n regter/landdros sien dat daar vertragingstaktiek is kon hy ‘n datum bepaal waarop die saak verhoor gaan word en op daardie dag gaan daardie saak voort en geen verskonings word aanvaar nie. Dit was aanvanklik gemik op siviele sake maar was op kriminele sake ook van toepssing. Maar, soos ek sê, dit was toe ons land nog ‘n eersterwêreldland was.

Papsak ·

Ja ek stem as hy kan so aan gaan makeer hy niks nie sel toe met hom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.