Aansoek oor sigaretverbod nou selfs láter aangehoor

(Argieffoto: Unsplash)

Die hooggeregshof in Kaapstad gaan British American Tobacco SA (Batsa) se hofsaak om die regering te dwing om die verbod op die verkoop van sigarette op te hef, nou eers in Augustus aanhoor.

Batsa, die land se grootste sigaretvervaardiger, se saak teen die staat sou aanvanklik Maandag aangehoor word, maar dit is weens ʼn skeduleringskonflik met ʼn week uitgestel. Dit gaan egter nou eers op 5 en 6 Augustus aangehoor word.

Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, het Vrydag gesê die organisasie verskyn namens boere en plaaswerkers in die hof. Die saak sal aangehoor word saam met nege ander aansoekers, gelei deur Batsa.

Volgens Rossouw is daar in dié stadium volgens die hof nie ʼn regter beskikbaar om die saak vroeër aan te hoor nie.

Saai het gesê die “eienaardige verbod” op tabakhandel in Suid-Afrika as deel van die regering se strategie om Covid-19 te bestry het honderde tabakboere en talle plaaswerkers in ʼn krisis gedompel.

“Dit het verkoopsgeleenthede vernietig, asook inkomstestrome, werksgeleenthede en broodwinning in die primêre produksiesektor,” het dr. Theo de Jager, Saai se direksievoorsitter, gesê.

Volgens Rossouw het boere reeds baie geld bestee aan insetkoste en infrastruktuur, asook aan salarisse vir plaaswerkers.

“Dié koste kan slegs teruggewin word as boere voordeel kan trek uit die opbrengs van hul tabakoeste. Die verbod op tabakprodukte beperk nie net die kans dat boere in die volgende seisoen kan plant nie, maar plaas ook ernstige finansiële druk op hulle omdat die meeste boere verdere finansiering gaan benodig om hul bedrywighede te kan volhou,” het hy gesê.

Batsa en die ander aansoekers vra die hof om die drie maande lange verbod op sigarette, wat ingestel is toe die land ʼn landwye staat van afsondering ingegaan het, ter syde te stel.

Dit is die tweede vervaardiger wat die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, hof toe sleep oor die verbod. Dlamini-Zuma hou voet by stuk die verbod is noodsaaklik om die verspreiding van Covid-19 te verminder en die erns van simptome van diegene wat dit wel opdoen, te verminder.

Die hooggeregshof in Pretoria het twee weke gelede al uitspraak voorbehou in die Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) se aansoek om die verbod ongrondwetlik te laat verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Jaco ·

Ek het nou maar opgehou rook, want ek weier om n kriminele diktator se gemors produkte te ondersteun. Daai swartmark sigarette dink ek is nog meer gevaarlik. Wie weet wat hul als daarin gooi. Ek drink nou maar my wellbutrin en kou my nicorettes en ek oorleef dit.

Adrian ·

Hier is baie geld betrokke (persoonlik). Laat hulle die regter se bank rekening ondersoek en hulle gaan vind dat daar baie geld in betaal was die afgelope week…

Marius ·

Hoekom verbaas dit my nie . Enige iets om te wys wie is baas in die land . Siestog .

Johann ·

Ons is aan die ontvang kant van self aangewese mags dronk ANC kaders wat totaal onbevoegd en onbekwaam is om rasioneel, prakties en logies te dink of doen.

So n dringende kwessie…maar daars niemand beskikbaar om dit te hanteer nie? Is mos onmoontlik? Wel…in die land van CERIL DIE MILJARDER en sy kronies….!!!!!!!

Linda ·

Hoekom ondersoek iemand nie die regters wat die besluite neem se bank rekeninge nie? Dalk is hulle ook in die Zuma Jnr , smokkelaars , ANC kader se vang web en kry miljoene deur die agterdeur in nie? ‘n Vis vrot mos maar gewoonlik van die kop af…

Pappa Beer ·

Dis is so n belaglike versoning dat daar nie n regter beskikbaar is nie! Kan hierdie cANCer regering nie net beter strooi stories uitdink om aan die mense te verkoop nie. Kopdoek en cyril moet regtig dink ons is idiote wat sulke blatante gemors gaan glo.

Johanncb ·

Hierdie regulasies maak nie meer sin nie! Wie baat daarby? Die Regering verloor net daagliks miljoene rande aan inkomste! Kan die betrokke Minister dit nie insien nie? Ai mense, help net weer die ekonomie op die been asseblief!

Lourens CFG ·

Aaaaaaaaaaaaaaarghhhhhgggghh, ek wens hul wil nou entkry, asseblief man, kan iemand hulle nie wakker skud nie?????? Ons wil al die mure beklim, ja, ek rook al 54 jaar, ja my longe is al poertas, maar ek kan nie stop nie. MAAK KLAAR EN GEE ONS ROOKGOED.
Lyk my die regters is bang vir haar. (Óf in haar sak.)

Pieter ·

Net jammer daar is nie medisyne vir dom gheid nie. Shlope is net so uit geslaap soos sy huis vriendin zumpie daar is hoeveel klagtes teen hom maar daar kom niks van nie. Ek rook lekker die twak van zim af en die regering kry nie belasting geld nie pas my.

Jurg ·

Ek ruik ‘n rot wie betaal wie en waar is die ander hof se uitspraak as dit dringend geag is. Dit is absoluut belaglik en siek verby

Magda ·

en daar kry ou KOPDOEK weereens haar sn – lekker man lekker in die Kommunistiese gemors van n SA.

Flemming ·

Ek verstaan wat die probleem is nie, sigarette is (in Pretoria) vrylik beskbaar.

Charmain ·

Politieke magspel. Teen die tyd wat die saak aangehoor word, is ons op level 2 en kan jy in elk geval sigarette koop en is al die kaders se sakke lekker vol geprop!

JohanR ·

Hier is ‘n groot sampioen in die sop los! Absoluut niemand beskikbaar nie tot 5 Augustus….nog 40 dae of amper ses weke, en nog niks van die Fita saak. Begin die regters, of het hulle al klaar begin, om hulle regte kleure te wys? Iewers moet Mogoeng Mogoeng ingryp, want soe kan dit nie aangaan nie!

Christina ·

Hy het teen afrikaans besluit by die universtiteit van die Vrystaat, wat laat jou dink hy gaan teen die regering van die dag stem.

Objektief ·

Foĺlow the money! Het Hlophe noe probeer om die Zuma saak te beinvloed nie? En die onlangse aanranding saak?En hy is nog steeds regter president. En die ander dronkie het vir jare by die huis gesìt met vol betaling

Fedup ·

head scarf her gang and these judges are a political prestidigitation designed to distract the public’s attention from their feckless flouting of basic ethical principles.
Do they really think we are this stupid?

gatgogga ·

They KNOW we are stupid. They are winning, aren’t they?

koos10 ·

En waar is die uitspraak van die 3 regters op die ander hofsaak van FITA? Hulle moet gedwing kan word om bekend te maak.

Pierreli ·

Hulle lieg, wie kan hulle glo. Maar dis hoe dit gaan as jou regering kommunisties is.

Gert ·

Nee man !! Kan die kopdoek nie wakker geklap word nie asb. Dis my longe dit behoort aan my nie aan die ANC nie! Ek staan verstom hoe kry sy dit reg ? Soveel mag dat die Hof na haar pype dans.

johanf ·

Nee wat, daar gaan nog beslag gelê word op ons eens florerende Land,…….werkloosheid is klaar te hoog, en dit gaan nog verhoog, die regering gaan ń addisionele R 1.4 biljoen verloor met die verdere uitstel van hierdie hofsaak.
Hoe gaan hulle ooit die lenings aangegaan, en nog aangaan terugbetaal……?

Charles ·

NDZ moet weet van almal se sondes en geraamtes in hul kaste, om 1.4 biljoen rand n maand sommer net so in die water te gooi is n tragedie vir die land se ekonomie.

Cecil ·

Die ANC Regering wil he BATSA moet hulle deure sluit. Gee nie om oor die verlies van inkomste nie en ook nie oor die duisende mense wat sonder werk gaan sit nie. Meestal hul eie mense.

Jacobus ·

Kry die Zumas om vir aksyns belasting te registreer. Hierdie is so deursidtig sooos ‘n modderpoel.

4ntj13 ·

Hlopi wil seker nie meer hofsake aanhoor nie. Hy weet seker hy is in die sop oor hoe hy se kollegas behandel het, en ander mense ook! Is iemand nie in Bloemfontein of elders, gereed met nóg sake nie?

Persheks Adri ·

Red ‘n nasie! Met al die korrupsie is niks meer snaaks nie. Altyd ‘n verskoning om seker te maak NDZ maak lekker geld saam met haar kinders en regering. Hoekom is die drank dan oop? Nee genade geen mens kan so aan ploeter nie dis vertraag verby saam met al die lockdown regulasies! Steeds geen vervolging met NDZ nie? Wonder hoekom…

Jack ·

Ek reken daar word nou eers onderhandel om die regte regter te kry vir die hofsaak. Die enigste hoop wat die land nog gehad het was n onpartydige regstelsel. Ek begin elke dag meer en meer twyfel of die regstelsel nie ook reeds besoedel is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.