Aansoek oor Zuma se parool eersdaags aangehoor

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: AP)

Die burgerregteorganisasie AfriForum sal eersdaags in die hof verskyn nadat hy ʼn dringende hersieningsaansoek oor Jacob Zuma se vrylating op mediese parool ingedien het.

AfriForum het verlede maand die aansoek teen onder andere die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, die mediese paroolraad en Zuma self gerig omdat die toepaslike wetsvoorskrifte glo nie tydens Zuma se vrylating nagekom is nie.

Die organisasie het die prokureursbrief aan Arthur Fraser, nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, beteken waarin AfriForum ook antwoorde oor Zuma se vrylating versoek.

Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogbestuurder, sê die aansoek sal na verwagting op 23 November in die Noord-Gautengse hooggeregshof aangehoor word.

Die adjunk-regter-president van dié hof, regter Aubrey Ledwaba, het glo ʼn spesiale hofdatum aangewys vir die aanhoor van die aansoek.

Die Zuma-stigting het intussen aangekondig dat Zuma ʼn strafregtelike klag teen die staatsaanklaer adv. Billy Downer SC aanhangig gaan maak.

Die oudpresident beskuldig die advokaat daarvan dat hy beëdigde verklarings met inligting oor sy gesondheid laat uitlek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jack ·

Wel kyk nou.Nou kan almal self sien die ou skelm is perdfris en gesond.Die regter wat die parool aansoek aanhoor kan nou self die somme maak en sien dat ou Zumpie nooit moes uitgekom het nie en dat daar ‘n gekonkel was.Maar ek betwyfel of sy en of enige ander regter weer vir Zumpie sal aanvat.

Joe Olivier ·

Cherokee, jy skryf hom reg. Net so met die kleinletter, want dit is wat hy werd is.

Anel ·

Nou wat se onbekende geheime siekte het hy? Lyk nie of hy siek is nie of met een voet in die graf en die ander op ‘n piesnagskil staan soos hulle ons probeer wysmaak het nie.

Harley Davidson ·

Wat sou sa gedoen het sonder Afriforum en solidariteit wat ‘n voltydse werk het net om toe te sien dat reg en geregtigheid geskied, DA neem kennis dit is hoe jy kiesers wen om vir jou te stem.

Samuel ·

Volgens News 24 se redakteur, het Zuma se prokureur self die inligting oor sy gesondheid bekend gemaak. Zuma se geliefde truuk is om die ewige slagoffer te wees. Miskien kry iemand hom jammer. Nee wat, hy is gesonder as ek. Verseker. Mag geregtigheid seëvier.

My siening ·

Ou zumpie jy is baie bang vir Downer so al wat lêk is jou broek en jy makeer niks vra my ek is nie eers n dokter nie maar kan sien as iemand sy broek vol lêk!

Pablo ·

Hy lyk vreeslik siek. Wat n klugspel. Die hele regstelsel is korrupt.

Philip ·

Ek bevraagteken die hele aanloop vanaf die sogenaamde middernagtelike arrestasie in motors met swartgetinte vensters en n eenvoudige versekering van n minister dat die inhegtenis name wel plaasgevind het en elke trick daarna van siekte/Dr in Johannesburg/probleme met aanklaer tot gebede deur sogenaamde kerkmense om die Sa publiek n rat voor die oe te draai .Die judasbok loop voor en bluf die skape wat hom volg om elke hoek en draai.

Yvonne ·

Blakend gesond en nog genoeg energie vir nog sake en waarskynlik genoeg geld om daarvoor te betaal…pff einde nog nie insig nie

Hondjie ·

Dit rek nou so uit teen die tyd dat hulle se hy moet weer gan vrot ini tronk dan is sy 15 maande oor dan maak hy weer plan vir sy volgene hof om nie tronk toe te gaan nie.

Jack ·

As ek reg is is sy geheime siekte gelek na pers maar ek het dit nog nie raakgelees nie. Weet maroela dalk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.