Aansoek vir Marikana-vakansiedag

Onrus in Marikana, Augustus 2012

Onrus in Marikana, Augustus 2012

‘n Amptelike aansoek word gebring om 16 Augustus, die dag in 2012 toe 34 mynwerkers in Marikana dood is, as ‘n openbare vakansiedag te verklaar, het die Sowetan Vrydag berig.

Biskop Jo Seoka van die Anglikaanse Kerk en die Marikana-ondersteuningsgroep gaan die aansoek bring. “Dit is gepas om te versoek dat 16 Augustus ʼn openbare vakansiedag is. Die werkers is nie per ongeluk dood nie, hulle is uitgemoor,” het Seoka gesê. “Ons moet die gevalle werkers vereer. Hul kinders moet weet dat hul ouers vir ʼn goeie doel gesterf het.”

Die aansoek sal by die departement van binnelandse sake ingedien word. Die koerant het nie berig oor wanneer dit gedoen sal word nie.

Altesaam 44 mense is in Augustus 2012 dood tydens stakingsverwante geweld by Lonmin se Marikana-platinummyn naby Rustenburg in Noordwes. Meer as 70 mense is gewond.

Die Farlam-kommissie van ondersoek is op die been gebring om die voorval te ondersoek. Die kommissie het in November, na 300 dae se sittings, sy ondersoek afgehandel. Die kommissie moet in Maart ʼn finale verslag aan president Jacob Zuma oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sonja ·

Gee ons dan ook ‘n vakansie dag vir al die boere wat vermoor word op plase ! Die getal is baie hoër en die verlies soveel groter by families en vriende ! Elke moord is wreed en ons moet ook die dag onthou as ‘n dag waarop ons mede burgers barbaars vermoor is net vir ‘n selfoon of 2. Ongelukkig het elke vakansie dag ‘n negatiewe uitwerking op ons ekonomie, en verkies ons om te werk want ons probeer vir ons en ons kinders ‘n bestaan maak !

Chivago ·

Twak! Hulle het gesterf agv aksies voortspruitend uit hul eie dade. Buitendien kan ons ekonomie nie nog ‘n nuttelose vakansiedag bekostig nie, ons produktiwiteit is juis op die bodem van die put. Indien dit ‘n vakansiedag sou word, sal ek beslis verkies om te werk.

Lillian ·

Hulle moes die lot dood geskiet het toe die sekuriteitswagte en 3 polisielede dood gemaak is met pangas!
Ons is verbied om die fotos van die oorledenes te versprei en GEEN haan het daaroor gekraai nie! Wat van hul families? Wat van ons polisielede wat vir weke daar gesit het, dag vir dag, sonder die nodige akkomodasie, etes, om dié lot op te pas!?

Ek gee nie om vir hulle nie, hulle kla met die witbrood onder die arm, en ek dink Cyril Ramaposa sal dit kan beaam!

Asjas ·

Ek stem saam met al die kommentare hierbo. En onthou, dit was selfverdediging – ek sou ook skiet as daardie massas op my afstorm en EK WEET HULLE HET AL GEMOOR!
Ons kan nie nog ‘n vakansie dag bekostig nie, baie wit mense werk in elk geval op vakansie dae want dit beteken vir ons niks – FREEDOM DAY!!? Watse, wiese freedom, ek weet nie meer wat dit is nie.
En dink net wanneer dit kom by al die families voer wat gaan die vleis en drank nie kos nie want hulle moet mos alles “celebrate” op ons belasting betalers so onkoste.

GERHARD ·

Hoe werk dit, n mens sien jy word aan geval en beroof en dan moet jy net los as jy siek het jy moord gepleeg of jy iemand aan gerand, ek dink dis net regverdig as ons ook vakansie dae kry viral op boere wat uit gemoor is saam met Mr Terblance, wat geld vir die geld vir die ander

anna ·

Nee kyk vat weg al die vakansie dae ons land is bangkrot! Dink net hoeveel vakansie dae daar gaan wees vir al die blankes wat vermoor word juis nou weer 2 in Bryanston.

ble ·

Het net gou vinnig seker gemaak van die datum, gedink ek het dalk ‘n paar dae gemis en dat dis 1 April is…. Dem fools!!

Bets ·

Hoeveel vakansie wil julle he? Daar gaan een van die dae geen werksdae oor wees nie. Ek kan maar net lag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.