Aansoeke aangehoor oor of Agrizzi verhoor kan word

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa (Foto: Dimpho Maja/ANA)

Die hooggeregshof in Pretoria sal van vandag tot 19 April aansoeke aanhoor om te bepaal of Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, geskik is om verhoor te word.

Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat, het gesê die twee aansoeke is ingevolge artikel 67 (2) b en artikel 342A van die Strafproseswet.

Artikel 67 (2) b bepaal dat “indien ’n beskuldigde die hof tevrede stel dat sy versuim nie te wyte was aan ’n fout aan sy kant nie, die voorlopige kansellasie van die borgtog en die voorlopige verbeuring van die borgtoggeld verval”.

Artikel 342A hou verband met onredelike vertraging. “’n Hof voor wie strafregtelike verrigtinge hangende is, ondersoek enige vertraging in die afhandeling van verrigtinge wat vir die hof onredelik blyk te wees en wat aansienlike benadeling vir die vervolging, die beskuldigde of sy of haar regsadviseur, die staat of ’n getuie veroorsaak.”

Agrizzi, wat van bedrog en korrupsie aangekla word in verband met tenders wat die departement van korrektiewe dienste by Bosasa gekry het, het reeds verskeie hofverskynings misgeloop of met ’n suurstoftenk in die hof verskyn weens swak gesondheid. Die saak sloer al vir jare hieroor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Casper ·

Was hy voor die Zond kommissie ook so sieklik gewees,of het hy so siek geword nou dat hy tot verantwoording geroo word.

Sakkie ·

Waarom geld hierdie wet nie ook vir Zuma wat sy sake so vertraag nie???? Soos dit vir my lyk sal Zuma nooit verhoor word nie……..

SjN ·

Die man moet beskerm word, hy het baie inligting ivm korrupsie in die Anc.

Tanniepetoors ·

Suid-Afrika is hierdie man eintlik baie dank verskuldig. Hoekom word daar nie ook opgetree teen die talle mense wat voordeel getrek het uit die korrupsie by Bosasa nie?

Blikkies ·

Wat van die res wat by Bosasa gebaat het, kan beslis nie net die man alleen wees nie. Mens sal sweer hy was die enigste skurk in die verhaal. Ek sê nie hy moet kwytgeskel word nie, maar was eerlik genoeg om met die waarheid uit te kom. Hy moet nou maar soos die ANC kaders maak en die saak maar uitstel so lank hy kan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.