Aansoeke vir spesiale verkiesingstemme sluit môre

stembrief Wes-Kaap 2Kiesers wat met die oog op vanjaar se algemene verkiesing spesiale stemme wil uitbring, het nog tot môre om 17:00 om daarvoor aansoek te doen.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het reeds 57 000 aansoeke vir spesiale stemme vir tuisbesoeke en 17 500 by die stempunte goedgekeur. Dit is ‘n totaal van 75 000 spesiale stemme.

Slegs geregistreerde kiesers wat weens fisieke gestremdheid of swangerskap nie by die stembusse kan uitkom nie, sal deur tuisbesoeke kan stem. Die tuisbesoeke sal op 5 en 6 Mei plaasvind.

Mense wat op stemdag 7 Mei nie in hul stemdistrikte is nie, kan aansoek doen om spesiale stemme. Hulle moet dan op 5 of 6 Mei tussen 09:00 en 17:00 by ‘n stemburo gaan stem. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

bernize burger ·

wie kontak ek om 5 Mei by stem lokaal te stem keiser 6 Mei

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.