Aansoeke volop, maar weinig plek in dié skole

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Die departement van onderwys in Gauteng het Donderdag tien sogenaamde “hoëdrukskole” bekendgemaak wat ’n magdom aansoeke vir die komende skooljaar ontvang het, maar weinig plek het om dié leerders in te neem.

Die departement het ook aangekondig dat gr. 1- en gr. 8-leerders tussen 15 Oktober en 30 November geplaas sal word nadat aanlyn aansoeke op 8 Oktober gesluit het.

Luidens die departement se statistieke kan menige skole egter minder as 20% van leerders wat by die betrokke skool aansoek gedoen het, inneem.

Die Hoërskool Jeugland aan die Oos-Rand, wat die agtste meeste aansoeke ontvang het, het altesame 1 154 aansoeke ontvang, terwyl die skool slegs 260 beskikbare plekke het. Hoërskool Langenhoven in Pretoria wat 1 477 aansoeke gekry het, kan net 300 gr. 8-leerders inneem terwyl Park Town Boys High in Johannesburg slegs vir 15% van sy 1 441 aansoekers plek het.

Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng, het na dié skool as voorbeeld verwys en gesê dit was “uiters pynlik”om slegs 210 leerders uit 1 441 aansoeke te kies.

Só lyk die situasie by hoëdrukskole:

Naam van hoëdrukskoolGetal aansoeke ontvangPlek
Inqayizivele Secondary School1 916340
Hoërskool Langenhoven1 477300
Parktown Boys High1 441210
Hulwazi Secondary School1 375320
Jeppe High School For Boys1 276208
Sir Johan Adamson High School1 248280
Lesiba Secondary School1 240350
Hoërskool Jeugland1 154260
Hoërskool President1 130450
Eqinisweni Secondary School1 123370

“Hierdie skole het ʼn oorweldigende aantal aansoeke ontvang wat die kapasiteit van leerders wat hulle kan aanvaar, oorskry,” sê Lesufi.

“Dus word ouers en voogde versoek om geduldig tydens die plasingstydperk te wees. Ons sal verseker dat alternatiewe plek vir leerders gevind word indien hulle nie plek kry by die skool van hul keuse nie.”

Die departement sê ouers en voogde sal oor die volgende 46 dae SMS’e ontvang van waar hul kinders geplaas is.

Diegene wat by meer as een skool aanvaar is, sal binne sewe dae op die departement se aanlyn stelsel moet inteken om die aanbod te aanvaar.

Ouers wat ʼn boodskap ontvang dat hul kind in een spesifieke skool geplaas is, kan aanvaar dat hul aansoek by die vermelde skool suksesvol was. In dié geval word geen verdere stappe van die betrokke voog of ouer vereis nie.

Ouers en voogde wat op SMS’e wag, word egter aangemoedig om deurlopend op die aanlyn stelsel in te teken om seker te maak dat hulle nie wel ʼn aanbod van die departement ontvang het nie.

Benewens die tien hoëdrukskole wat deur die departement geïdentifiseer is, het talle ander skole ook meer aansoeke as die beskikbare plek ontvang.

In die lig hiervan het die departement ouers en voogde versoek om “kalm en geduldig” te wees en ook gewaarsku dat hul kinders moontlik nie by die skool van hul keuse plek sal kry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

Absurde onbevoegdheid! Wat het geword van BEPLAN…..? Sotlike Rasbehepte kader pêl wat nie sy werk doen nie. ANC LEGACY.

AW ·

Hier in die Oos Kaap het die Provinsiaale Regering meer ss n Duisend skole wat leeg is, en wat hulle probeer verhuur aan besighede….

True Story !!

Jacobus ·

Lesufi pleks van moeilikheid soek met Orania en Sol-Tech bou skole!!!

Wakkerslaper ·

Langenhoven, President en Jeugland was eens trotse Afrikaner skole, self gebou en tot goeie skole bevorder deur ons eie Boerevolk…. Weggevat van ons, nou hole van pes en ellende…

Pieter ·

Slegter as die anc kan jy nie kry dan sit ons nog met menisters wat enige werk kan doen. Die anc is n sirkus man dan kom jy lesufi met jou groot bek en kom pla by die blanke skole loop voetsek man.

Tanja ·

Dit is omdat hulle al hul skole al afgebrand het dat hulle nou na die witman se staande werkende 100jaar plus skole wil gaan

Mallie ·

Brand die skole af. Dan sal daar nie plek wee nie. Stem EFF en ANC.

Harley Davidson ·

Hulle moet teruggaan na die area waarin jy woon daar moet jy skoolgaan ,shoshanguwe sit met skole wat leeg staan agv kinders wat met staat befondsing aangery word na skole in ander buurte wat net gebou is om kinders in hulle voedings area te akkomodeer.

Debby ·

Hulle moet liewers ophou kinders maak dan sal daar plek wees

Pietertjie ·

Die pateet kan nie eens sy eie plek bestuur nie, maar hy wil voor die deur van ‘n welvarende skool in ‘n ander provinsie gaan vee. Dit stink van rassisme!

Nico ·

Stop net die aanwas van die populasie, bring geboortebeperkings in.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.