Aansteekjel-brand: Seun word vandag begrawe

Arno van Greunen. Foto: Facebook

Arno van Greunen. Foto: Facebook

Arno van Greunen, die sewejarige seun van Meyerton in Gauteng wat dood is nadat ʼn bottel aansteekjel tydens ʼn fondue in sy pa se hande ontplof het, word vandag ter ruste gelê.

“Ai dit is so eina om te weet vandag neem ons finaal afskeid van jou, ons liefste seun en boeta,” het sy ma, Bernadine van Greunen, Vrydag op haar Facebook-blad geskryf. “Weet net dat daar waar jy nou in die Hemel is, dat ons jou nog elke dag baie mis en altyd sal mis. Jy sal vir ewig in ons harte bly. Lief jou oneindig baie. Liefde jou Mamma, Pappa, Sussa en familie.”

Arno se gedenkdiens vind om 12:00 by die AGS Meyerton-gemeente plaas. Die kerk is geleë op die hoek van Verwoerd- en Manie Steynstraat.

Maroela Media het vroeër berig Arno is Maandag, nege dae nadat hy gebrand het, oorlede. Hy is in die pediatriese brandeenheid van die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg oorlede. Hy het 45% persent derdegraadse brandwonde aan sy maag, bors, arms en gesig opgedoen. Sy longe het ook gebrand. Lees meer hier.

Riaan van der Merwe, ʼn prokureur van N Van der Merwe Prokureurs, het ná Arno se dood aan Maroela Media gesê genoeg mense is al deur die aansteekjel gebrand en hulle is besig met daadwerklike stappe sodat die produk verbie kan word.

Van der Merwe het ʼn beroep op die publiek gedoen om sy onderneming te skakel met enige gevalle waar mense gebrand het. “Hoe meer gevalle ons as bewyse het, hoe beter is ons kans om so spoedig moontlik in te gryp en te verhoed dat so iets weer gebeur,” het hy gesê. Intussen het twee Maroela Media-lesers wat erge brandwonde opgedoen het nadat hulle deur aansteekjel gebrand is, het reeds na vore gekom ter ondersteuning van die poging. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

rikku ·

Sterkte Liewe Ouers en Familie. Weet verseker dat julle vandag in baie mense se harte en gebede is. Rus veilig in Jesus se arms kleine Arno.

ladybug ·

Rus in Vrede .. jy’s nou veilig en sonder seer klein Arno.

Sterkte aan die ouers en familie

Hennie ·

Hulle met regtig die goed verban…..al self in ongeluk gewees met dit. Sterkte Julle!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.