‘Aanstootlike’ Google Doodle verwyder

Die Google Doodle wat sosialemediagebruikers warm onder die kraag het. (Foto: Twitter)

Google Suid-Afrika moes Maandag vure doodslaan oor sy Google Doodle ter viering van Vryheidsdag. Dié simboliese springbok omring deur die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag is noodgedwonge verwyder nadat dit deur sosialemediagebruikers as onvanpas en ’n simbool van apartheid bestempel is.

Google het die springbok as Suid-Afrika se nasionale dier met ’n agtergrond van rooi, groen en blou in die prent uitgebeeld. Die beeld het egter wyd reaksie op sosiale media ontlok.

“Google se Vryheidsdag-prent werk nie vir my nie. Lyk te apartheidrig met die springbok en die driestreepvlag. Hulle kon iets baie beter geskep het,” het een sosialemediagebruiker op Twitter laat weet.

“Google Doodle het ’n springbok vir Vryheidsdag. Dit is nie waarvoor ons mense doodgegaan het nie,” lui nog ’n twiet.

Google Suid-Afrika het die prent binne ure verwyder en ’n verskoning op sosiale media geplaas. “Ons verstaan ​​dat ons #GoogleDoodle vir Suid-Afrika se Vryheidsdag sommige mense aanstoot gee. Ons moes beter gevaar het en is baie jammer. Ons het dit afgehaal. Gelukkige Vryheidsdag!” lui die twiet.

Sommige gebruikers het die besluit verwelkom terwyl ander kopkrap oor hoe die doodle aanstoot kon gee.

“My eerste gedagte toe ek die Google Doodle gesien het, was dat dit cool is. My tweede gedagte was dat dit die verkeerde beeld was om te gebruik. Ek is bly Google het sy fout vinnig besef en om verskoning gevra,” het nog ’n sosialemediagebruiker later op Facebook gesê.

“Ek is verward. Wat was so beledigend aan die Google Doodle ter viering van Vryheidsdag?” wou een sosialemediagebruiker weet.

“Ek dink dit vier ’n nasie met soveel potensiaal solank ons leierskap het wat ons in dieselfde rigting trek,” het ’n ander getwiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Daniel ·

Foeitog, so sensitief, word net groot! Die hele wereld moet ligloop om nie sekere mensies aanstoot te gee nie!

Mauritz ·

Hierdie sensitiwiteit ontstaan as gevolg van ‘n groot gevoel van minderwaardigheid.

Michael 1 ·

Ek stem saam en snaaks dat dit die afrikane ontstig alhoewel net hulle voordeel trek in hierdie ongelyke regering.

Andre ·

Hoekom ? Wat sou die mense verkies ? Is daar ‘n simbool of wapen wat almal gelukkig sal maak ?

Wikkelwillie ·

n pap pot vir n O. En Google in Rooi of gron geel en swart

Yvonne ·

Pot strooi! En dan kan ek nou maar seker as vrou aanstoot neem dat dit nie ‘n bokooi is nie! Die kleinserigheid oor alles is net verregaande. Gaan loop maak eerder vir iemand ‘n gratis masker.. Of iets. Maar hou tog net op met teem! Ek is so vreeslik siek en sat vir al die politieke korrekte ‘oortredings’ waarvoor mens moet oppas. Dis ‘n mynveld!

Eerlik ·

Ag regtig!!! Ek het gedink dit was baie besonders!Baie dankie Google!!

Jr ·

Ek maak beswaar teen die woorde “Freedom day ” and demand that it be taken down as I and my people are far from free

twaalfboor ·

En daar skrik google sy google af vir “our people”.

twaalfboor ·

En as google nou ñ boerbok gebruik het? Wat dan? Small things ammuses small minds.

Scalla ·

Belaglik verby, gebruik rigtingpilletjies by apteek beskikbaar.

Deon ·

Wat is die probleem? Ek is regtig nie snaaks of sarkasties nie, ek sien nie die probleem nie… Kan iemand my asseblief net verduidelik ek verstaan regtig nie die probleem nie

Pitbul ·

Never argue with some one who is left because they are never right… wat is nou fou met ñ springbokkie..

Ricus ·

Belaglik dat so iets as rassisties bestempel kan word maar dan aan die anderkant kan jy seker enigeiets van niks maak nie ons wonderlike verdeelde arm covid 19 besmette land

Erik ·

Regtig? Word springbokke nou met apartheid geassosieer? Ek het dit ook gesien, en net gedink, dis ‘n mooi springbok. Hierdie rasse kwessie gaan nooit einde kry in ons land nie…

Johan ·

…en dit gaan nog baie erger word…soos die “holocaust” stories wat so graag deur selfs top akademi vertel word.

Paul ·

Gee Google weer in as die liberale gemors ongelukkig is. PATETIES GOOGLE

Suzette ·

Wat is nou soseer fout met die springbok en al die kleure van die nuwe vlag is tog daar. Die ou vlag was mos oranje wit en blou.

JohanR ·

Kan ek voorstel dat Google eerder ‘n prent van Ace Magashule moes wys daar in die maanlig by ‘n plaashek in die Vrystaat, soos hy sy hand uitsteek om die P&P sakkie te ontvang met R80000! Dit is ‘n bokkie mense wat kla…..net ‘n mooi onskuldige springbokkie! Sou ‘n swart mamba beter gepas het? Nee… daar is die word “swart” wat seker weer ‘n paar ander mense sou omgekrap het!

sammy ·

Ja nee, ek het dit gesien en ook gewag vir die bom om te bars. Té sensitief sou ek ook sê … Niks moet tog net té wit lyk nie, anders is daar moeilikheid. Mense het teveel tyd om te sit en nonsens uitdink en sien goed wat nié daar is nie …

Pieter ·

Nou net gaan Google. Die springbok is nog steeds amptelik Suid Afrika se nasionale dier. Almal wat daaroor gal braak is duidelik oningelig en veragtelik. Niks fout met die springbok op Google nie, nogal mooi en vry in die veld. Iets wat beter pas met die struggle is ‘n brandende buiteband.

david ·

Jammer, maar ek sien GEEN teken van die Vorige vlag nie. Daar is net die rooi , wit en groen indie agtergrond , en die springbok foto is omring met die geel (taamlike vuilgeel) en swart.
Waaroor die beswaar ? En die Springbok op die rugbytruie van die AMABOKO…..?
Het die beswaardes ‘n visie probleem, of ‘n kleuronderskeidings probleem..?Of dalk ‘n sielkundige probleem..? Of dalk ‘n begripsprobleem deurdat hulle nie kan of wil sien dat hier ‘n minderheid is wat gebuk gaan onder growwe rasse diskriminasie in Regstellende Aksie en een van sy werpsels genaamd BEE. ? En hulle wil he hierdie minderheid moet ook die meerderheid se “VRYHEID” vier?
Darem baie arrogant..!

Nell ·

Ek wonder hoeveel van die beswaardes het al ‘n trop springbokke sien trek, al springend en pronkend – ‘n absolute versinnebeelding van vryheid en uitgelatenheid. Dan sou hulle seker dalk gesnap het hoekom Google ‘n springbokkop gebruik het.

Cobus ·

Siestog, kyk hoe kla die wêreled se grooste rassiste oor ‘n springbokkie. Pateties!

Kobus ·

‘n Brandende buiteband of brandende polisie voertuig sou seker vir party mense meer positief en aanvaarbaar wees. Kan hulle nou nie eers meer jammer kry nie….

Alet ·

Liewe hemel…. Bou ‘n brug!!
26 jaar later en die rassis kaart word nogsteeds gespeel…. Arme bok!

Peet ·

Ag foeitog, hoe pateties is sekere Suid Afrikaners nie. Ag foeitog, ag foeitog, ag foeitog kleinlike spul!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Sommige mede landsburgers loop rond met ou spoorweg dwarsleers op hulle skouers. Foeitog.

Gawie ·

Ai, dat mense darem so vinnig kan aanstoot neem. Ons sal vrek, maar polities korrek moet ons wees. Maar dis mos die nuwe gier – As iets jou aanstoot gee, kla, en iemand sal bolmakiesie slaan om jou tevrede te probeer stel.
Ek wonder of Google ‘n opname gemaak het van hoeveel kla teen hoeveel nie ‘n probleem gehad het nie?

Marius ·

Sover ek kon vastel is die springbok nog die nationale dier… Wat maak dit so aanstootlik?

Pensionaris Sedgefield ·

Ek wonder net hoe vry het al die vryheidsvegters op vryheidsdag gevoel? Eintlik was die springbokkie beledig om aan vryheidsdag gekoppel te word.

Anton ·

Daar is niks fout met wat Google gedoen het nie
Die mense met die chip op hulle skouers moet tamatiesous kry vir daai chip

Leon ·

So wat wil hulle hê, ‘n kader wat ‘n boer doodskiet? Of dalk ‘n renoster wat sy horings afgesaag word?
Die springbok is ons nasionale dier. Ek is trots op hom. Die kleure het niks met apartheid te doen nie. Dit laat die prentjie mooi lyk. Moet hulle altyd politiek en apartheid in alles sien.

Patch ·

Ek wonder nou net HOE??? ‘n springbok op apartheid dui. Een van die dae word al die springbokke uitgeroei omdat dit kwansuis apartheid verteenwoordig. Ek word sommer baie kwaad dat mense gedurig’ n berg van ‘n molshoop maak. Dis belaglik. Ek het gedink die doodle was besonders. Dit verteenwoordig GEEN ras nie en die sprinkbok is tog SA se nasionale dier. Die spul wat so gal braak op social media… kom by. As jy niks beter het om te doen nie, lees ‘n boek, bak ‘n koek, binge jou gunsteling TV reeks of stap 100 keer om jou huis vir oefening.

Piet parys ·

Miskien het die klaers die mooi wit gesig van die bok en die oranje lyf en die hemel ruim op die bokkie foto raak gesien ??? EK HET

Raadslid ·

Ek kan nie glo Google laat boelie hul deur ‘n handjievol liberaliste nie.

AmY ·

Een van die dae gaan die Springbok seker ook ‘haatspraak’ wees?

Hekwag ·

Absoluut GEEN fout met daai prentjie nie. Dis al meer as ‘n kwart eeu en hierdie kabouters kan steeds nie die mas opkom nie. Wed jou hulle gaan oor 100 jaar steeds apartheid (en Van Riebeeck) beskuldig.

Sara ·

Ek sou dink dit is juis vanpas omdat die Springbokke die wereldbeker gewen het? Seker ‘n kwessie van tyd voor hulle nie meer Springbokke genoem word nie. Ai…

Racheltjie Debeer ·

Ek stem, mense moet ophou om oor onbenullighede te kerm. Daar was niks fout met die doodle nie, sommige mense is tog se kleinserig.

JM ·

Kom tog oor julle fyngevoeligheid! Vir die kermkouse is dit darem so bevredigend om aan die verlede vas te klou, want die wêreld skuld julle. Kom daaroor en word volwasse! Wat op aarde is verkeerd met die bok?

Rodger17 ·

Daar moes seker n kop van een van anc kaders gepryk het met anc se kleure.Hulle is altyd tenagekom op een of ander manier!So uiters kleinlik en kinderagtig!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.