Aantal Covid-19-gevalle op pad na 100 000

Direkteur-generaal van die WGO, dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus

Die aantal bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus is sterk op pad om die 100 000-merk te oorskry, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) Vrydag gesê.

“In die afgelope 24 uur is 2 736 gevalle van Covid-19 in 47 lande aangemeld. Daar is nou ʼn totaal van 98 023 gevalle en 3 380 sterftes,” het dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die WGO gesê.

Suid-Afrika is die mees onlangse land wat ook ʼn bevestigde geval van die koronavirus aangemeld het. Maroela Media het Vrydag berig die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, sê die 38-jarige man van KwaZulu-Natal vorder goed.

Ghebreyesus sê soos meer gevalle aangemeld word, moet alle lande dit hul eerste prioriteit maak om te verseker dat die virus nie versprei nie. “As ons die spoed kan vertraag waarteen die epidemie versprei,  kan ons lewens red. Dit gee hospitale tyd om hulle voor te berei om pasiënte met die virus te behandel. Dit skep ook meer tyd om entstowwe en behandelings vir die virus daar te stel.”

Frankryk en Suid-Afrika het reeds aangedui dat hulle die WGO se standaarde en voorskrifte gaan begin gebruik vir kliniese toetse oor Covid-19.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pampoen ·

As daar 100 000 gevalle en 3 300 sterftes is, dan is die mortaliteit koers 3,3% en nie 1 tot 2% soos ander bronne aandui nie. Nog erger, daar gaan nog van die 100 000 mense eventueel sterf en dan gaan daardie persentasie op. Word enige van die 100 000 mense gesond of is hulle almal nog steeds siek?

Wensditwasbeter ·

Tot moontlik soveel as 70% vd wêreld sal oor ‘n jaar plus die virus kry volgens ‘bronne. Werk maar uit wat 3.4% gaan wees van 7.7 biljoen mense. In sekere lande sal die mortaliteit ratio laer wees soos in Suid Korea wat deeglik toetse doen en die prosedure volg. Eks bevrees in derde wêreld lande soos deur die WGO genoem, gaan dit meer rampspoedig wees. Buitendien is die tweede geval in SA ‘n ruk gelede aangemeld. Volgen die Wêreld voedsel sekerheid program gaan die gevolge v COVID-19 op voedselsekerheid katastrofes wees.

Mercia ·

Alhoewel daar nou meer gevalle aangemeld word, word daar steeds by rasse skrede meer mense gesond as wat daar sterf.

Strandloper ·

Altyd gedink die Amerikaners is laf met hul “dooms day prep” stories….wens nou ek was een van hulle…

Johanncb ·

Dit wil voorkom of Covid-19 soortgelyk is aan ‘n erge uitbraak van griep. Ons vertrou daar sal geen pandemie in ons land wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.