Aantal Covid-19-gevalle styg met slegs 1%

Slegs 25 nuwe gevalle van Covid-19 en een sterfte is die afgelope 24 uur in Suid-Afrika aangemeld.  Dit is ʼn toename van slegs 1% sedert Vrydag.

Die departement van gesondheid het Saterdagaand bekendgemaak dat 2 028 mense tot dusver positief getoets het vir Covid-19. Die getal sterftes is 25 en 75 053 toetse is tot dusver uitgevoer.  Die oorledene is ʼn 61-jarige man van die Wes-Kaap wat ʼn diabeet was, oorgewig was en aan hipertensie gely het.  Die meeste van die Covid-19-pasiënte wat tot dusver aan die siekte gesterf het, was ouer as 60 en het ʼn onderliggende siektetoestand gehad.

“Ons diepste meegevoel gaan aan die slagoffer se familie en ons sê ook dankie aan die gesondheidswerkers wat die pasiënt behandel het,” het Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gesê.

Mkhize meen die lae koers waarteen gevalle daagliks toeneem, is ʼn aanduiding dat die strawwe maatreëls en tydperk van afsondering wat die regering tot dusver geïmplementeer het, vrugte afwerp.  Die tydperk van algehele afsondering is Donderdag met twee weke verleng tot einde April.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marthinus Johannes

Sal graag wil weet, daar sterf jaarliks meer mense agv groep en griep verwante siekte ( SA alleen het tussen 6000 en 11000 sterftes gehad) ten spyte dat daar inspuitings beskikbaar is daarvoor. Kan maar gaan kyk na die statestiek wereldwyd en tog word daar nie so streng opgetree nie. Hoekom nie??? Covid19 tas direk die longe aan en sover is die oues van dae wat die ergste geraak word. Griep aan die anderkant kan talle organe aantas wat sterftes dan tot volg het en alle ouderdomme is n risiko. Covid steek aan sodra jy die simotome wys waar griep… Lees meer »

Michael 1

Dit lyk uitstekend volgens die stats is die regering ten volle in beheer mooi so hou so aan die van ons met net graad 2 glo en vertrou 100%

Therese

Ek is vas oortuig dat SA, Aus en NZ (somer) halsoorkop die Noordelike Halfrond (winter) se drastiese inperkingsregime in werking gestel en onnodig heeltemal oorboord gaan daarmee.
In die proses word hierdie drie lande se ekonomieë saam met die res in die grond in vernietig, terwyl oordeelkundige aanpassings heel waarskynlik dieselfde aantal lewens sou red as wat tans die geval is.
Kan net in ongeloof die oorreaksie bekyk.

Brandwag

0.13 % van ons populasie is getoets??? Dan word daar gese daar is n afname-lagwekkend of skrikwekkend.Daar word te min toetse gedoen,die afsondering voel ek is nutteloos as ons nie n werklike syfer het nie,die toets vir simptome is ook nie 100% nie want baie mense wys nie simptome nie.Regering vertel ons die virus gaan eers in September piek-al wat dit vir my se is lockdown tot na September.
Net tyd sal leer en ek hoop eks verkeerd.

Raadslid

Te min toetse per dag word gedoen veral oor naweke, daarom die lae syfers.