Aanval by moskee in KZN

Aanval by moskee in Verulam, KwaZulu-Natal (10 Mei 2018) Foto: IPSS Medical Rescue

Twee persone is beseer en een is dood nadat hulle Donderdagmiddag by ʼn moskee in Verulam, KwaZulu-Natal aangeval is.

Lede van die Reaction Unit South Africa het hulp na die Imam Hussain-moskee in Ottawa, Verulam ontbied nadat drie mans op die moskee toegeslaan het. Volgens inligting van die toneel is die aanvallers moontlik van Egipte afkomstig.

Maroela Media verneem die drie aanvallers het by die moskee ingestorm en geskree voor hulle die drie slagoffers aangeval het.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het gesê die aanvallers het drie persone, ʼn priester, ʼn aanbidder en ʼn opsigter, met messe aangeval en hul kele gesny. Die moskee is daarna aan die brand gesteek, vermoedelik met ʼn petrolbom.

Een van die slagoffers het kort ná sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk, het Herbst bevestig.

Volgens Reaction Unit SA het die aanvallers in ʼn wit Hyundai Getz van die toneel gevlug.

Meer inligting sal volg.

*Die berig is aangepas nadat een van die slagoffers aan sy beserings beswyk het. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Veritas ·

Ek het gewonder wanneer die dinge ons gaan tref. Dit was net ‘n kwessie van tyd.

Stokkies ·

Ja, kort voor lank gaan Christen kerke ook geteiken word

Johann ·

Welkom in die nuwe SA van Lindiwe Sisulu en die ANC. Beskaafd, veilig….

PIPPIE LANGKOUS ·

IEMAND!!! Sy eht alles heirmee te doem. Sy is die 1 wat die hele buiteland wil oortuig dat ons land veilig is om in te woon

jennefer ·

ons moslim gemeenskap is matig, hul sal deur die radikale moslim geteister word. die wat die land van noord afrika binnekom. glo my hier is al baie.

Cherokee ·

jaco, moslem-gemeenskappe word uiters dikwels deur IS (oftewel ISIS aangeval.

Iemand ·

Net soos in die Christelike deniminasies is daar ool verskille in Islamitiese interpretasies. Ekstremiste wat dinge letterlik interpreteer val diegene wat meer matig is aan. Dan is daar ook die verskille tussen Sunni’s en Shias. Hul oorlog met mekaar is vergelykbaar met die tussen Protestante en Katolieke paar honderd jaar gelede. Die geskiedenis herhaal homself nie, hy rym.

Tokkie ·

Die meeste mense in Egipte volg die Islam geloof. Ons kan net bid hierdie is nie n geloofsmisdaad nie – dit sal niks goeds voorspel vir n land soos Suid Afrika wat reeds genoeg probleme het nie. Die wreedheid waarmee die aanval uitgevoer was is barbaars.

Ek sê maar net ·

Ek hou graag iets wat ek gelees het oor siener voor:
Hy het gesê as die ooste en weste se geveg na SA kom gaan hier ‘n groot rewolusie wees… Waarvan ons net op die rand gaan sit – ons gaan nie deel hê nie, en daar gaan baie lyke wees teveel vir die lykswaens… En in daai tyd gaan die treine gaan nie loop nie iets oor ‘n tekort aan smeer olie… So ek wonder of dit die begin van dit is…?
Daarna gaan die wêreld met goeie gedagtes na ons kyk…

Cherokee ·

Julle mense wat so gereeld soos klokslag van Siener van Rensburg se voorspellings vertel, waarom vertel julle nie net so gereeld van die profete van 2000 en 3000 jaar gelede se profesië nie? En o ja, ek sê ôk mar net.

Piet Pompies ·

In die geloof is daar twee kulture, pro goeie waardes en die ander groep wat pro slegte waardes is. Die slegte groep is betrokke by mense handel, dwelms ens.

Nettie ·

@Cherokee – ons mense ken net van Oom Siener se professieë – wie’s die ander profete van 2000 en 3000 jaar gelede van wie jy praat? Salomo, Dawid …. wie?

Oom Kalahari ·

Wie is die Siener of van waar is hy dat sovele van hom praat. Is hy ‘n fortuin verteller en van waar of is hy ‘n Suid Afrikaner. Die misdaad is tragies en onnodig op kerks mense. Alle medelye aan die families en sterkte asook aan die persoon tot herstel.

Nettie ·

Ai, Oom Kalahari, van alle mense behoort Oom behoort mos te weet van Oom Siener (Nicolaas Pieter Johannes Janse van Rensburg (geb. 3 Augustus 1864, oorl. 11 Maart 1926). Of hoe????

Wonder net ·

Mag Vader die wat SY wette gehoorsaam genadig wees. Mag Vader diegene wat vernietig ooreenkomstig verswelg en vernietig. Niks is verkeerd daarmee om ń Moskee aan te val nie. ń Moskee direk teen wat Vader ons as sy wate kinders toe tot verorden.

Aesocha ·

So jammer wanneer mense so veroordelend raak. Hoe kan dit goed wees om enigiets aan te val of enigeen dood te maak??

Sanna ·

Hey jy Wonderkind, jy sal jou naaste liefhe soos jouself. Ons Vader sal oordeel.

Glo in Siener ·

Oom Kalahari, Siener van Rensburg was ‘n godsvresende man wat visioene gesien het wat in die toekoms gaan gebeur. Al wat hy ooit gelees het, was sy Bybel. Google sy naam en koop die boeke van hom.

Leeu_Siener2 ·

Ek gaan ook in onduidelike verse net algemene goed skryf. “ek sien donker, soos wolk, maar tog die lig wat kom vir my volk. Die wereld se reuse aanmekaar, baklei, hoog en laag, die donderweer en die ontploffing, sal weer my vlag tot bo bring” en oor 40jaar kan iemand die lees en sê ek het dit voorspel. Nou is ek ook n profeet.

Nika ·

Ek is nie n moslem nie. AGV Moslems was daar nog altyd oorlog, in hull eie lande maak hulle hul eie mense dood. Wat sê dit van hulle sogenoemde ‘supreme religion’ los hulle dat hul mekaar vermoor in die naam van hulle god, mens kan nie jammer voel vir iemand wat dink dis reg dat jy ander vermoor in die naam van jou god nie.

MNM ·

Dié is n terroris aanval…dis wat gebeur as jy mense laat riot, afbrand en plunder en dit “peaceful protest” noem, waar mense vasgebind word, gemartel en verkrag word en dit “huisroof” noem. So wat is die dan volgens SA “robbery” ?

Boer se roer ·

So vreemd gisteraand toe ALLE mense van kleur skielik vra WATTER KLEUR IS DIE AANVALLERS, met die hoop dat hulle dalk wit kan wees. VREEMD as die gekleurde mense die moordenaars is mag ras nie genoem word nie maar daar was hordes swartmense op FB wat onmiddellik gevra het die RAS van die aanvallers moet bekend gemaak word tot hulle agterkom dit is EGYPTIANS .. hahahah .. arme boere het amper weer die skuld gekry.

Antoinette ·

Indien die skuldiges wel van Egiptiese afkoms is, is dit moontlik weerwraak oor die moorde op die Egiptiese werksoekers wat ‘n jaar of twee gelede in die openbaar keelaf deur Isis gsny is. Indien dit wel so is, is dit ‘n laakbare en gemene daad. Alle Moslems is mos nie Isis ondersteuners nie.

marous ·

Egiptenarre nou ook al in die land se terreur bendes ? Kort nog net ‘n paar eskimos met spiese ….

Gerhard ·

Uit die jongste berigte wil dit voorkom asof dit ‘n aanval deur Soennis kon wees, aangesien die Verulam-moskee blykbaar die Sjiitiese faksie aanhang.

Christian without borders ·

Ag asseblief Nika, nie alle Moslems is terroriste nie. Inteendeel.
(Jou skrywe verwys).
As Jy dalk die moeite sou doen om ‘n Moslem vriend /in
te hê, sal dit gou duidelik word dat die ware Islam ‘n geloof van vrede is.
Mens kry ekstrimiste en siek siele in enige geloof .
Jy kry Christene wat Christene “in opdrag van hul god”
wreedaardig vermoor, en by die hofsaak Bybel in die hand opdaag.
Priesters wat kinders molesteer…
Daar is Satansaanbidders wat mense vermoor in “opdrag van hul god”
en hul bloed drink.
Wat Islam betref… Hul heilige boek(Quran/Koran) verwys na Jesus amper 25 keer, in absolute respek! Maria is die enigste vrou in hul heilige
Boek waarna verwys word- ook in respek.
Kom ons doen moeite om uit te reik en verstaan waar hul vandaan kom.
As ons so veilig voel in ons eie geloof, hoekom enigsins bedreigd voel?
Jesus het immers alle kulture,gelowe ensovoorts ontarm.

kas ·

ja Cherokee,en wat het die profete van 2000 of 3000 jaar gelede geproffeteer.Siener het selfs die Cullinan diamante reg voorspel.Dit lyk of dit ‘n vergeldingsaksie was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.