Aanval op bejaardes: Man is doodgeslaan

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die bejaarde man wat Dinsdag in die vroeë oggendure saam met sy vrou in hul huis in Schoenmakerskop in Port Elizabeth aangeval is, is doodgeslaan.

Kapt. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die nadoodse ondersoek op die 76-jarige man het aan die lig gebring dat hy nie geskiet is soos vroeër berig nie, maar met ʼn stomp voorwerp doodgeslaan is.

Volgens Naidu ondersoek ʼn trio-taakspan ʼn saak van moord en roof en is niemand nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het in Marineweg plaasgevind. Die man se 78-jarige vrou is erg aangerand en in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.

Die oorledene se naam is nog nie bekend gemaak nie.

Naidu het vroeër gesê dit is nog nie duidelik hoeveel verdagtes betrokke was en of enigiets uit die huis gesteel is nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om kapt. Elroy Lindoor by 041 319 8707 te nader.

Genl.maj. Funeka Siganga, bevelvoerder van die Mount Road-groepering, het die aanval as sinneloos beskryf en dit ten sterkste veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Annie ·

Dis baie hartseer en sterkte aan die familie en wens die vrou alle beterskap toe. As dit ‘n wit boer was wat iemand doodgeslaan het was hy al gearresteer, in die hof gewees, skuldig bevind, borg geweier en die gemeenskap sou teen die tyd die hele dorp al afgebrand het. Maar nou is dit ‘n wit persoon wat wreedaardig vermoor is en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Mickey Ritter ·

O, die “dapper” helde van die revolusie wat net bejaardes en vrouens aanval en dan ook net wanneer hulle ‘n klompie is!

Ouma ·

Sien, DIT is nou waarna mens verwys. As hierdie mense hulself sou verdedig met ‘n wapen, was HULLE skuldig. Nie die oortreder nie. As iemand jou grond onregmatig betree, moet jy dan nou hande gevou staan en wag dat hulle eers skiet of’n mes uitpluk voordat jy wapen kan kies? Ek verwys na die vorige artikel. Sit oral waarskuwingsborde op jou eiendom wat sê dat oortreders vervolg sal word. As hul ongenooid daar aankom, moet mens aanvaar hulle bedoelings is nie goed nie. Sulke plaasaanvalle maak mens so opstándig! Mense op plase word nie beskerm nie, en mag hulself nie verdedig nie. Hoe verstaan jy dit?

Sean ·

Haan, lewe jy met oogklappe aan? Hoeveel mense is die laaste tyd gearresteer en is ook hulle wapens kwyt omdat hulle durf waag het om hulself te verdedig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.