Aanval op Konstitusionele Hof ‘ook ʼn aanval op demokrasie’

Die Konstitusionele Hof in Braamfontein, Johannesburg. (Foto: South Africa Tours and Travel)

Ronald Lamola, minister van justisie, sê ʼn aanval op die Konstitusionele Hof is ook ʼn aanval op demokrasie en wat dit verteenwoordig.

Dít volg nadat ʼn 36-jarige man Woensdagoggend in hegtenis geneem is nadat hy glo die vensters van dié hof in Braamfontein, Johannesburg, met ʼn hamer uitgeslaan het.

“Die terrein van die Konstitusionele Hof is ʼn historiese baken, aangesien dit ons stryd om vryheid verteenwoordig.

“Dit is spesifiek ontwerp om die waardes van ons nuwe grondwetlike demokrasie te weerspieël en [wyle oudpres.] Nelson Mandela het self die gebou as ʼn baken van lig en ʼn simbool van hoop en viering gedoop,” het Lamola in ʼn verklaring gesê.

Hy het die voorval ten sterkste veroordeel en die polisie ook vir die man se spoedige inhegtenisneming bedank.

“Die Konstitusionele Hof is ʼn kragtige simbool van die oppergesag van die reg in ons land. Enigiemand wat dié hof – of enige van ons ander demokratiese instellings aanval – val ook demokrasie en alles waarvoor dít staan, aan.”

Maroela Media het vroeër berig dat die man nou op aanklag van kwaadwillige beskadiging van eiendom teregstaan en binnekort in die hof sal verskyn.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

efjy ·

Hy sal niks oorkom nie. Die wag op die perseel los hom om vensters te breek. Sal nie verbaas wees as hy ook plofstof by hom gehad het nie.

Chris dupreez ·

Alles is nou ,,n aanval op ons demokrasie,, die anc is die grootste annval en vernietiging van SA se demokrasie.

Jacobus ·

Die Ramaphosa faksie teen die Zuma faksie gaan hierdie land totaal en al vernietig en die publiek gaan daaronder lei.

Jan Seerot ·

Ag snert man. Dis vandalisme. Iets waarmee die ander manne goed is.

annie ·

Is Lamola darem nou ook terug van vakansie, mensig? Wat is sy edele se opinie oor die oorle parlement? Of is sy gemoed te vol oor die glasskerwe op die voorstoep. Hoe lyk dit met ‘n grasbesem en ‘n skoppie?

Misky ·

Verstik ek skoon aan my oggend koffie….. sulke snert so vroeg kwyt raak

Hendrik ·

Demokrasiese land is SA lankal nie meer nie. Korrupte Rebubliek van Suid-Afrika wel.

Blomme ·

Ai arme gebroke, integriteitlose, korrupte en wettelose Suid Afrika!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.