Aanval op leeuboer: ‘Dit wás plaasaanval’

Pieter Swart (Foto: Facebook)

Een van die drie verdagtes wat ná die aanval op Pieter Swart in hegtenis geneem is op aanklagte van sameswering om ’n misdaad te pleeg, het ’n bekentenis afgelê. Hierin word glo bevestig dat die verdagtes op Swart se plaas was met die doel om hom te beroof. Dit volgens Swart se regsverteenwoordiger adv. Piet Pistorius.

Dié bekentenis bevestig dus Swart se weergawe van gebeure dat hy Donderdagoggend op sy plaas op die Edenvillepad (R34) buite Kroonstad in die Vrystaat aangeval is. Hy het tydens die aanval drie verdagtes doodgeskiet.

“Die polisie se ondersoek duur voort, maar die feit van die saak is dit was vir seker ’n plaasaanval,” sê Pistorius wat saam met FC Schilling, ’n prokureur van Kroonstad, as Swart se regsverteenwoordigers optree. Swart sou Maandag in die plaaslike landdroshof op drie aanklagte van moord verskyn nadat die polisie hom Donderdag in hegtenis geneem het.

Maroela Media het vroeër berig Swart is egter voor sy hofverskyning uit aanhouding vrygelaat aangesien daar geen prima facie-saak teen hom is nie.

Pistorius sê daar is in dié stadium geen getuienis in die dossier wat Swart se vervolging regverdig nie.

“Dit is [egter] nie die einde van die pad nie,” het Schilling Dinsdagoggend aan Maroela Media gesê, aangesien Swart steeds vorentoe vervolg kan word sou die polisie se ondersoek enige bewyse teen hom na vore bring.

Volgens Schilling is dit nog te vroeg om te besluit oor ’n moontlike siviele eis teen die polisie vir onregmatige inhegtenisneming.

Swart het Donderdagaand in die selle deurgebring voordat hy Vrydag in ’n plaaslike hospitaal opgeneem is vir die meswond wat hy in die aanval opgedoen het. Hy het die naweek onder polisiebewaking in die hospitaal deurgebring, waarna hy Maandag na die hof geneem is om in die beskuldigde bank te verskyn.

“Gegewe die feite, was dit absurde optrede om hom in hegtenis te neem,” meen Pistorius.

Schilling sê Swart is getraumatiseer ná die afgelope paar dae se gebeure en hy is geadviseer om berading te oorweeg. “Dit was nie ’n aangename ervaring nie.”

Die polisie het verlede week ook drie verdagtes in hegtenis geneem wat aanvanklik met die aanval verbind is. Slegs een van hulle word nou vervolg.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, sê slegs Lehlohonolo Modisadife (22) word in die stadium aangekla. Die saak teen sy twee medebeskuldigdes is teruggetrek weens ’n gebrek aan bewyse.

Modisadife sal na verwagting op 22 Februarie in die hof verskyn vir ’n moontlike borgtogaansoek. Hy bly tot dan in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Genis ·

Ek sal goed kwyt raak wat ek nie moet nie… Die patetiese regstelsel en Polisie… Hoop hy dagvaar die rook uit die onbevoegde Polisie uit! Wonder as die tafels gedraai was, en jy word so wreed aangerand… RSA net vir die rampokkers!

Tino ·

Welgedaan manne!

Vat hulle vas!

Sterkte Pieter, ek volg en ondersteun

Phillip ·

Lat ek maar Liefs eerder my B E K hou en my vingers van die keyboard weg hou

Alta Alleman ·

So ‘n mens word eers toegesluit ongeag hoe erg jy beseer is en dan eers die volgende dag hospitaal toe geneem !!! Swak sê ek jou…SWAK !!

Dup ·

Die Staat se disinformasie afdeling is weer in volle swang…..die boer word deur plaasaanvallers beseer tydens die aanval.Die boer skiet,(ongelukkig vir hom), van die rowers dood.Boer word gearresteer want SAPS sê daar was geen plaasaanval.Boer word weer vrygelaat na een van rowers sê dit was wel ñ plaasaanval.SAPS sê saak word ondersoek en boer kan weer toegesluit word….en so gaan dit aan! Die naby geleë dorp gaan seker nou geplunder word en al die asblikke omgegooi word.

Casper ·

Pieter is deur 4 aanvallers aangeval.Hy is in die nek en kop met ‘n mes gesteek.Hy het drie doodgeskiet.Is die vierde een nog soek.Net een van die 3 word vervolg.Wat het die ander 2 daar gemaak.Die een het bekentenis afgelê dat hulle motief roof was.Die vier kon hom oorweldig her sonder geweld.Ek dink hulle wou hom vermoor het.Hulle sal nie getuies los wat hulle kan geidentifiseer nie.Word daar nog gesoek na die 4de verdagte of is hulle tevrede met die bekentenis.Het hulle verklarings bekom van die ander twee om te bepaal wat hulle daar gesoek het.

Annelize ·

Ja, ek beter ook maar liewer vandag net my mond hou.

In hierdie land het misdadigers mos meer regte as wetsgehoorsame landsburgers, en wee jou as jy die wapen optel om ligaam en siel te beskerm. Voeg nog daarby die totale onbeholpenheid en domastrantheid van 99% van die Polisiemag, of is dit nou Polisielag, en jy as slagoffer beland in die selle, en die arme misdadiger word bejammer en tot held verhef.

Hennie J ·

Dankie Jakes, jou samevatting oor hoe ek die storie vertolk, is 100% akkuraat.

tweeling ·

Ek sien nou wat die plan was. Hy moes eers in die selle bly om te kyk of hy homself nie doodbloei (dan is die saak sommer gesluit want dan is daar niemand om te kla nie) agv die wond, toe hulle sien hy lewe die volgende oggend toe neem hulle hom hospitaal toe. Slinks uitgedink.

TO ·

Wys jou net, hulle sal als probeer om hom te nail. Ek sal ‘n saak teen hulle maak. Maar weet jy die wraak kom ons nie toe jy weet mos jy dien n GROOT REGTER

Stefaan ·

En as daar nie ‘n bekentenis was nie wat sou gebeur het?

Samuel ·

Hoeveel mense(?) was nou by die plaas aanval betrokke? Ja, ek wil ook vra, as daar nie ‘n bekentenis was nie, wat dan??

Mariana ·

Hoekom is hy nie direk hospitaal toe geneem nie?O ja want die kriminele is belangriker.

Vanessa ·

Ek het nie woorde nie!!!!! Hy skiet om homself te verdedig, dan sluit hulle hom toe. REGTIG!!!!!!! O nee aarde wat gaan van ons word in die land, m.a.w. die moordenaars kan moor en plunder en jy moet sit en toekyk en gemartel word tot die dood toe. WAT DE HEL GAAN AAN MET ONS REGSTELSEL!!!!!!! Ek word so kwaad, miskien moet ek ook nou maar liewer ophou tik.

SjN ·

Nou het die polisie gedink hul was genooi vir tee en beskuit, hoedeman se onbevoegde trots.

Cecilia ·

Hy moenie net oorweeg om n eis in te stel nie. Hy MOET n hengse EIS instel en n voorbeeld maak v d onopgeleide SAPS NARRE.
As d 3 wat hy doodgeskiet het d boer doodgemaak het het daar nie n haan daarna gekraai nie. Inteendeel ou Oom Hoed sou hul met medaljes vereer het.

Casper ·

Ja dit wat prosedure is is nie gevolg nie.As dit een van my fellow Sout Africans was sou hy eers behandeling gekry het en boonop sou hy dan uit die hospitaal ontsnap het.Pieter is eers selle toe en toe hospitaal toe.

Jerry ·

Ek ondersteun jou Pieter, almal het die reg om sy lewe te verdedig. Geregtigheid sal geskied!!

Sarel ·

Was dit gedoen in opdrag van Snr Offisuere of is dit Cele
Se opdrag om jag te maak op boere

Douw ·

Ai, die onbevoegdheid darem!!!! Om nie eers te praat van ongeletterdheid nie!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.