Aanval op ma en kinders: ‘Die motief is nie roof nie’

Christelle en haar man Gert. Foto: Facebook

Christelle van der Merwe (39) sterk steeds in die Mediclinic Tzaneen aan nadat sy en haar twee dogters Dinsdag op ’n hoewe buite Tzaneen aangeval en sy in die gesig geskiet is.

Van der Merwe het Dinsdagmiddag ʼn operasie ondergaan om die koeël naby haar regteroog te verwyder. Marlize Delport, woordvoerder van die hospitaal, het gesê die operasie was ʼn sukses. Van der Merwe is intussen na ʼn algemene saal oorgeplaas. “Dit gaan onder die omstandighede goed met haar.”

Maroela Media het vroeër berig ses verdagtes het in die vroeë oggendure op die gesin se huis op een van die Lushof-kleinhoewes toegeslaan.

Die aanvallers het toegang tot die huis verkry deur ʼn venster stukkend te slaan en die diefwering oop te sny. Van der Merwe het wakkergeskrik, maar die mans was toe reeds in die huis.

“Die kinders is met ʼn gholfstok aangerand, maar ek verneem hulle is nie ernstig beseer nie. Die aanvallers het egter die vrou gedwing om die kluis oop te sluit. Daar was vermoedelik ʼn struweling en sy is in haar gesig geskiet,” het Marius Jacobs, woordvoerder van Northern Security en stigter van die Watchdog Tzaneen-inisiatief, gesê.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het intussen bevestig drie verdagtes, tussen 24 en 25 jaar oud, is Vrydagoggend in verband met die aanval in hegtenis geneem.

“Die verdagtes sal na verwagting vandag in die Tzaneen-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van huisroof.” Ngoepe het gesê die polisie se ondersoek duur voort.

Marcelle Maritz, leier van die VF Plus in Limpopo, het aan Maroela Media gesê Van der Merwe se man, Gert, wat uitstedig was tydens die voorval, het aan haar gesê daar was minstens 13 aanvallers.

“As 13 verdagtes ʼn vrou en haar kinders aanval is die motief nie roof nie. Dis ʼn oorlog. Hoe gaan sy haarself verdedig? Het dit dalk êrens uitgekom dat haar man nie tuis is nie?

“Dit lyk soos ʼn sindikaat wat van bo af georganiseer word. Dit is kommerwekkend en baie hartseer,” het Maritz gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Charmaine Coetzee ·

Is dit nie maar ook poging tot moord en huisroof nie die vrou is in haar gesig geskiet sterkte aan die vrou en kindets hoop julle kan vinnig oor die trauma kom !!!!!!!lafaards moet vrouens en kinders en oumense aanval

Boerseun ·

Dankie VF+, julle is reg dis n oorlog.

Dit is verblywend om te hoor die VF+ begin al meer weg beweeg van die polities korrekte houding en dinge se soos dit is.

lw ·

Ek stem! Ons moet die regstelsel ook dophou dat die maksimum klagtes bygevoeg word.

Acca ·

Ja en so mag hulle moor verkrag en plunder soos hulle wil en niemand mag iets se nie want dit is mos beskermde persone. Dat ons wit mense tog waag om so barbaars op te tree dan is almal op jou en veroordeel jou saam die media en dreig om jou te kom vermoor. Is dit nie barbaars nie ?? Dis lankal n ras storie en niks anders.

Lynette ·

In gesig geskiet isvpoging tot moord. Wasr kom Polisie daaraan om slegs huisroof te ondersoek.

Ange ·

My gebede is met die gesin. Ek dink amper nie die feit dat haar man nie daar was nie n rol in motief gespeel het nie- nie as daar 13 was nie. Klink meer of die groep juis so baie is omdat hulle verwag dat daar n man tuis is.

Gewone diewering is net n valse gevoel van veiligheid. Sal moet tronksel tralies voor die vensters moet sit.

André ·

VF+ en almal betrokke…
Dit is ‘ons Land’ en Mag God Die Hemelse Vader op Dié Heilige Troon van Genade Dié Seën oor Suid Afrika en Afrika Reën!
Dat daar ‘n Daadwerklike Lewens Verandering tot EENHEID in GOD Sal wees soos dit Sy Wil is!
Herkenbaar aan Menslike optrede is niemand vrygestel van God se Hand! Daarom BID VIR SUID AFRIKANERS, Mede Reisigers op ons Land en Sy Paare on sodoende Hande te Neem tot ‘n Wapenstilstad van Moordbendes, En ter selfde Tyd Hande Saam Neem tot EENHEID in Jesus Christus (EENDRAG MAAK MAG)!
God het ons volmag gegee tot Redding van SIELE!
Laat God se Hand ons Red!

Johann van Staden ·

“Op aanklag van huisroof?” Regtig? Net huisroof? Dit is duidelik n poging tot moord! Hulle gaan slegs 6 maande tjoekie toe (AS hulle tjoekie toe gaan), en dan is hulle weer vry om te doen wat hulle wil! Waar is geregtigheid deesdae?

Poplap ·

Huisroof? Jy skiet n vrou in haar gesig en rand haar kinders aan en word aangekla van huisroof?
Rerig

Mici ·

Net aanklag van huisroof!!!!, dit was poging tot moord daai, hulle wou haar natuurlik doodskiet!! maak my baie kwaad

KP ·

Ons is lankal in n oorlog. Ons word daagliks deur terroriste aangeval en uitgemoor. Bewapen en verdedig jouself en wees ten alle tye paraat.

Cas ·

Hoekom is dit nie moord saak nie of is dit net ons wat vir moord aan gekla mag word die wapen is afgevuur en seker ook geen licensie nie .

Pat ·

Hulle moet kan bewys dat een van daai drie haar geskiet het. Dis hoekom dit net huisroof is. As die arme vrou een van hulle kan uitken as die skieter dan sal hulle van poging to moord aangekla word ook, maar as daar 13 betrokke was en daar is net 3 gearresteer het hulle daai nodig om die ander ook te kan arresteer.

w ·

Ek wil Vir Jesus vra om groot seblief die Weerlig bietji vi my kan leen

Ada ·

Die swartes is besig om hulself te bewapen teen ons glo ek.Wees paraat
Hier kom.nog n ding en ons staan alleen

Esmay ·

Wel inligting dat haar man nie tuis was moes uitgelap het…..! Ek sè nog steeds hulle kry betaling om ons volk uit te moor. “Hulle” is verspreid oor die land en voer so hul opdragte uit. Om nie paniek te saai word ons nie van een punt af uitgemoor nie maar is als verspreid.

Sean ·

‘n aanklag van huisroof? dit moet ook aanranding en poging tot moor wees.

Elsa ·

Kry ‘n paspoort en verlaat die land. Dit is al hoe jy ‘n mate van veiligheid ooit weer kan bekom. Ek bly in Amerika en sal wat wil gee om weer in SA te bly, maar dit lyk al hoe meer na ‘n onmoontlikheid.

Esmay ·

Elsa as dit maar net so maklik was dan was ek en my gesin al lankal weg. Watter land wil ou mense, arm mense hè!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Elsa, bly waar jy is. Ons het in Wisconsin gewoon en waarom ons wou terugkom weet nugter. Ek het nie eens geweet waar my voordeursleutel is nie.

Chris Pretorius ·

Zuma en Malema is skuldig aan “crimes against humanity” eendag sal hulle wel tereg staan vir hulle dade, 80% van moorde in die land is agv van hulle, Zuma omdat die regstelsel misdadigers beskerm en ht staan net eenkant en lag en Malema oor wat hy preek aan sy “followers “

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.