Aanval op motor: Polisieman (45) gewond; kind (10) sterf  

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 45-jarige kaptein in die polisie het Vrydagmiddag ʼn aanval op hom en insittendes in ʼn motor oorleef.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het om 14:30 in KTC in Gugulethu plaasgevind toe die kaptein, wat nie aan diens was nie, saam met sy kleinkind, ʼn kleuter, ʼn vrou en ʼn ander tienjarige kind in ʼn motor gery het.

“Daar word beweer dat drie verdagtes op die bewegende voertuig losgebrand het. Die kaptein is raakgeskiet en die tienjarige kind wat in die motor was, is doodgeskiet. Sy kleinkind en die vrou is ongedeerd,” het Rwexana gesê.

Die kaptein is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Niemand in nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en een van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Oujongvrou ·

Onsmuldige kinders sterf in hierdie helhool. En die regering is magteloos om die anargie te stop. Die oomblik as die doodstraf ingestel word en die eerste een word tereggestel sal dit net daar stop.

Hoop deur selfbeskikking ·

Die enigste hoop is selfbeskikkingsonderhandelings. Ons sal nie dat ons land so geplunder word en lewens niks werd is nie.

Hoop via selfbeskikking ·

Die enigste hoop is selfbeskikkingsonderhandelings. Ons sal nie dat ons land so geplunder word en lewens niks werd is nie

Henk ·

Eens toe die polisie nog die polisie was,was daar deeglike voorskrifte oor die vervoer van privaat persone anders as verdagtes in polisie voertuie. Maar vandag in polisie voertuie privaat eiendom en privaat vervoer en is daar meer dikwels as nie, nie voertuie beskikbaar om klagtes by te woon en sake te ondersoek nie. Vroeer jare se voorskrifte was juis om te voorkom dat siviele persone deur kriminele en terroriste vermoor word, sou vermelde terroriste of kriminele dalk n aanval op n polisie voertuig loods. Maar ja, ons is in n wettelose piesang republiek……

Shaun ·

Henk hoe lei jy af dat die kaptein in n amptelike polisie motor was ? Dalk die foto bo aan die berig ? As jy net onder die foto kyk , sal jy sien daar staan ” argieffoto ” . Kyk dit op in die WAT .

Hein ·

Wees tog maar versigtig: As jy SA ‘n “wettelose piesangrepubliek” noem, kan jy strakkies vir haatspraak vervolg word, asook die openbaarmaking van staatsgeheime…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.