Aanval op Oos-Kaapse polisie ʼn ‘nasionale tragedie’

Forensiese beamptes op die toneel by die Ngcobo-polisiestasie, tussen Mthatha en Queenstown in die Oos-Kaap. Foto: SAPD

Francois Beukman, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee van polisie, het Woensdag gesê die moord op ses polisiebeamptes van Ngcobo-stasie  buite Queenstown in die Oos-Kaap moet as ʼn nasionale tragedie beskou word.

“Die aanval en moord van die polisiebeamptes is ʼn aanval op die staat en geen steen moet onaangeroer bly om die oortreders aan te keer nie. Die komitee betoon sy diepste meegevoel met die families van die beamptes, hul kollegas en die gemeenskap van eNgcobo.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn groep gewapende aanvallers het vroeg Woensdagoggend op die Ngcobo-polisiestasie tussen Mthatha en Queenstown toegeslaan. Hulle het lukraak op die beamptes aan diens begin losbrand. Drie beamptes is op slag dood in die gemeenskapsentrum. ʼn Afgetrede soldaat is ook doodgeskiet toe die verdagtes van die toneel gevlug het.

Die komitee maan die nasionale polisiekommissaris om ʼn senior multi-agentskapspan ondersoekers aan te stel, onder leiding van ʼn senior generaal, om die saak te ondersoek en vervolging vinnig te verseker.

“Die gemeenskap speel ʼn kritiek rol om die oortreders aan te tree. Die gemeenskap moet inligting met die polisie deel om seker te maak dat die ondersoek bespoedig word,” het Beukman bygevoeg.

Die komitee het ook ʼn beroep op die minister van polisie en die departement van gesondheid gedoen om ondersteuning te bied aan die families van die slagoffers.

Die vakbondfederasie Cosatu het intussen versoek dat alle wetstoepassersagentskappe opgeknap word sodat hulle teen misdadigers kan optree. “Verswakte wetstoepassersagentskappe het kriminele selfvertroue gegee en talle burgers voel onveilig.”

Cosatu het gesê die misdadigers het oorlog verklaar op die land en hulle moet die volle mag van die gereg in die gesig staar. “Ons kan nie toelaat dat anargie voortduur nie. Die moord op wetstoepassers en sterftes in die werksplek oor die algemeen is ʼn krisis vir die land.”

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê Suid-Afrika betaal nou die prys vir jarelange misbruik van polisie se intelligensie-strukture.

“Misdadigers is nie meer bang vir die polisie nie en georganiseerde misdaad is besig om handuit te ruk. Dit is ook ʼn bewys dat Suid-Afrika nou die prys betaal vir die verbrokkeling van misdaadintelligensie-strukture wat veronderstel is om georganiseerde misdaad en sindikate te ontbloot. Dit word nie meer na behore gedoen nie.”

Groenewald het bygevoeg dit is ook kommerwekkend dat misdadigers so gespesialiseerd kan optree dat hulle sonder vrees ʼn polisiekantoor aanval, polisielede vermoor, al die wapens en ʼn polisievoertuig roof en boonop twee lede te ontvoer wat later tereggestel is. Tot in hierdie stadium is die skuldiges nog op vrye voet.

“Hierdie moet ʼn wekroep wees vir die regering en die polisie dat die misbruik van intelligensie-strukture vir politieke doeleindes ʼn duur prys is vir gewone Suid-Afrikaners is om te betaal aangesien dit ʼn situasie geskep het waarin misdaad floreer. Die VF Plus vereis streng optrede om die polisie drasties reg te ruk om misdaad effektief te bestry soos dit deur die Grondwet vereis word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Alida ·

Oh….en al die boere wat daagliks wreed vermoor word is nie ‘n Nasionale tragedie nie? Mbalula moet bykom. Die polisie is slapgat.

Jacques Venter ·

Die doodstraf is die enigste effektiewe afskrik middel. In die VSA het van die state die doodstraf afgeskaf en later terug gebring.

Sarel swartbrand ·

Weereens n bewys van hoe swak die polisie is en wat kriminele van hulle dink om hulle te gaan aanval in hulle werksplek.

Johan. H. ·

Nee n Nasionale tragedie is die boere wat vermoor en gemartel word. Dis n nasionale tragedie, Die moordsyfer as ek kan reg onthou is meer as die op die polisie, as jy vat die boere is net daar om voedsel te verseker , meestal vredeliewende gristen mense, meestal wit, dan word hul famillies ook gemartel en vermoor,,, Dis n nasionale tragedie,,,,,,

Callie ·

Die verval in die land is ongelooflik. Daar is geen omdraai meer. Wittes waarsku al lank hieroor. Hoekom is Zuma nie in die tronk nie. CR was sy adjunk. Dit is so siek. Nou is nuwe pres n held. Wag en kyk

Jannie ·

Alida jy weet nie waarvan jy praat nie, dit is duidelik dat jy bitter is vir die polisie maar jou uitlating is onvanpas.
Ek verseker jou daar is nog baie polisie beamptes wat hul werk goed doen onder moeilike omstandighed.

LH ·

Hy hart en gebede gaan uit na die gesinne, familie en kollegas . . . Mag geregtigheid geskied! Rus in vrede . . .SALUUT!

PJC ·

Hierdie wys weereens dat misdadigers geen respek meer vir die polisie het nie. Dit is geen wonder die publiek dink hulle kan nie meer op beskerming van die polisie staat maak nie.

Willie ·

Boere word brutal vermoor en did niks? Nou dat die Polisie aangeval is, is dit orals nuus.. Ek het al saam met die GPF patrollie gery, 3 uur in die oggend, dan teken jy af en hulle almal slaap.. Ook maar sagte teikens… Bring discipline terug….

Devils Advocate ·

To you Whom Complain on a Daily basis and or spit out Critique on a daily basis, And ONLY consume oxygen to enable you to live to actively find Fault and Lack the ability and capacity to see the Good with in the Police, not to mention Life itself, Yesterday I assisted an elderly Lady and according to her I am a Shining Light in armour…..and when she said to me “I Pray for the Police on a Daily basis…..” I said to myself “Thank you God For those few who still Belief in ‘us’ and have Faith within the police, Despite all the Disfunctuanality within the organisation as a result of fallible human conduct”. To you who cannot find nor see the Blessing within your self, not to mention within others, I am Thankful that I am not associated with You !! Just as there are “bad” police officials, SO are there “bad” Community members!!!

Sharon ·

BRING DIE DOODSTRAF TERUG, TRONKSTRAF is NIE ‘n oplossing nie, hierdie mense het GEEN respek vir enige persoon of die lewe self nie. Ek dink HIERDIE is ‘n hulpkreet vir ELKE Suid Afrikaner om die doodstraf terug te bring en so ook die las van die regering te verlig, dis tog elke Suid Afrikaner wat die MOORDENAAR aan kos en die basiese versorging voorsien deur BELASTING te betaal. WAANEER gaan die regering en sy Amptenare wakker skrik ? Eers as sy vrou en kind voor hom verkrag en gemartel word of dalk HY self met kookolie gebrand word, Geagte Mnr die President as hulle die Polisielede wat ons land dien so afmaai hoe lank is dit nog voor hulle so VREESLOOS voor jou lyfwagte te staan kom. ASB gee ons almal ‘n kans om ook sonder vrees in die aande as alles donker is met rustigheid in ons harte te gaan slaap. Help ons as Suid Afrikaners ( nie wit/swart/bruin) maar ‘n Nasie met een hart en een siening om Suid Afrika te red.

Jacques Venter ·

Jannie en Sharon
Dankie Jannie. Ja daar is goeie en toegewyde polisie manne en vroue wat met n skamele salaris n gesin aan die lewe moet hou. Dit terwyl hulle daagliks die dood en geweld in die oog moet kyk.

Hierdie mense verdien nie die hoon en steriotipering van Alida nie

Sahron
Jy is heeltemal reg betreffende die doodstraf. Dit is die enigste afskrik middel

Pieter ·

Twak ,hulle wou polisie beamptes word so doen jou werk en hou op kla jy word gemeet aan jou werk en die styging van misdaad wys dat julle nie julle werk doen nie ..klaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.