Aanval op polisie is ‘aanval op staat’

Oproerige buitelanders het Donderdag polisielede in die Johannesburgse middestad aangeval toe hulle ‘n klopjag wou uitvoer. (Foto: Nhlanhla Phillips/ANA)

Die Johannesburgse afvalbestuureenheid Pikitup het sy werksmag en toerusting verdubbel om die gemors op te ruim wat agtergebly het ná die afgelope week se geweld toe buitelanders die polisie aangeval het.

Die nagskof wat verantwoordelik is vir die skoonmaak van Rahima Moosa-, Rissik-, Nugget- en Lilian Ngoyistraat bestaan gewoonlik uit tien lede en een vragmotor, het Nico de Jager, burgemeesterskomiteelid vir omgewing en infrastruktuur, Saterdag gesê.

Weens die groot hoeveelhede rommel wat in die middestad uitgegooi is, moes ander planne beraam word.

“Gevolglik is 40 werkers na die geraakte gebiede gestuur, asook twee vulliswaens, twee wipbakvragmotors en ʼn Bobat-vragmotor. Hulle het die meeste van die rommel wat onwettig gestort is, uit die strate verwyder.”

Hulle het Vrydag al met skoonmaakoperasies begin.

“Ek doen ʼn beroep op inwoners om nie rommel uit te gooi nie, veral nie tydens betogings nie. Dit plaas nie net groot druk op die stad se hulpbronne nie, maar hou ook gesondheidsgevare in,” het De Jager gesê.

Vrydag het ministers in die veiligheidsgroepering gesê die regering sien die aanval op polisielede in Johannesburgse middestad as ʼn aanval op die Suid-Afrikaanse owerheid. Buitelandse winkeleienaars het die polisie Vrydag aangeval toe dié ʼn klopjag in die stad wou doen.

Die ministers sê die aanvalle, waartydens polisielede onder meer met klippe bestook is, kan nie ongestraf bly nie.

“ʼn Aanval op wetstoepassingsagentskappe, is ʼn aanval op die owerheid en die regering sien dit in ʼn uiters ernstige lig. Die blatante verontagsaming van ons wette bedreig nasionale veiligheid en die soewereiniteit van die land,” het die ministers in ʼn verklaring gesê.

Die ministers het gesê niemand het die reg om amptenare aan te val nie.

Mense drom na die voorval in die middestad saam. (Foto: Nhlanhla Phillips/ANA)

Volgens die ministers was die klopjag op die onwettige items nodig, omdat dit lei tot ʼn verlies in verkope en wins van onvervalste items en handelsmerke en ʼn gesondheidsgevaar vir verbruikers kan inhou.

Die ministers het gesê hulle gaan ook met die departement van internasionale betrekkinge saamwerk om met ambassades te skakel, sodat dié hulle burgers kan aanmoedig om Suid-Afrika se wette te respekteer.

Die IVP in Gauteng het ook uitgevaar teen die “barbaarsheid en openlike misdadigheid”.

“Ons moet enige vorm van anargie uitwis wat ons land se reëls en wetgewing verkleineer en aan ons probeer sê wat ons mag en nie mag doen nie. Hierdie is nie net ʼn aanval op die polisie en wetstoepassers nie, maar ook ʼn aanval op die mense van die provinsie én die owerheid,” het Bonginkosi Dhlamini, die IVP se provinsiale voorsitter, gesê.

Die Menseregtekommissie het gesê alle regte kom ook met verantwoordelikhede en het ʼn beroep op die minister van polisie en die hoofde van wetstoepassingsagentskappe gedoen om pogings te verskerp om wet en orde te handhaaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

TLC ·

Talk is cheap
Julle het die mag om skoonskip met hul te maak maar eerder bangjan as dooiejan ne
Hul het jul net waar hul jul wil hê

Blaarman ·

Indien hierdie probleem nie vinnig vasgevat word nie GAAN daar weer xenofobiese aanvalke wees, waarskynlik heelwat erger as vantevore.

Gert van Wierdapark ·

Ongelukkig kalwe die staatskapings/plunderering. die Staat en SA van binne af uit. Al wat gaan oorbly as dit toegelaat word om voort te gaan, is ‘n lugleegtes!!!

Michael P ·

Soos Joe se staat hardloop saam die poliesie weg wys jou net LAFAARDS hardloop weg.

Skoolgeld ·

Julle moes lankal skoongemaak het! Die JHB middestad is ñ buitelander nes van middel Afrika. PTA is op hulle hakke hoor my!

Christo Erasmus ·

Polisie se hande afgekap . Regering pol gemaak wat hul is vandag alle regte weggeneem om wet en orde te bekamp en uittevoor weggeneem neem pol nie kwalik nie hul probeer . Maar wie back hul as probleme kom niemand jou geveg jou optree dan lei jou vrou en kinders daaronder as jy jou werk verloor op jou optrede wat reg is maar in oë van regering verkeerd is . Pol was reg gee pad laat regering wetgewing verander regte ook vir hul so dat polisiëring onmoontlik is. Dis realiteit van land niks sal nêrens gaan of kom pol is bang om opgetree so maklik soos dit regering trap jou as jy doen veral op buitelandse burgers hul is untachable meet regte as ons suid Afrikaanse burgers is feite jammer om te sê ons stuur af in n massiewe ramp met misdaad pol se hande afgekap .

Ferdi ·

Indien die polisie optree verloor hul hul werk glo my di polisie wil graag optree

Grassie ·

Die stelling is korrek – ‘n aanval op die polisie is ‘n aanval teen staatsgesag, dus die regering van die land. Dit is dus ‘n oorlogsdaad, of ten minste terrorisme. Die nuttelose Menseregtekommissie sê nou die polisie moet strenger optree maar as die polisie die nodige doen sal dieselfde kommissie die eerste wees om ten hemele te skree oor die aantasting van die menseregte van diegene wat deurgeloop het.
Indien die huidige polisie behoorlik opgelei word in onlusbeheer kan hulle doeltreffend optree sonder om mense te dood. Die vorige S A Polisiemag het onder meer van haelgewere met donshaelpatrone (No 7) gebruik gemaak. Oor afstande bo 30 meter maak dit nie dood nie, beseer ook nie ernstig nie maar is baie hoogs doeltreffend. Ek glo 10 polisiemaglede sou daardie stormloop kon stuit en sou nie weghardloop soos die polisiedienslede van nou se dae nie. Maar, helaas, donshael word nou ook omskryf as “skerp ammunisie.” Ek wonder hoe skerp is ‘n piepklein loodkorreltjie. Ek dink nie die regering wil regtig optree nie want dit mos “our people.”

lewies ·

Staatskaping is ook ‘n aanval teen die staat, maar ook sy mense.

Blaarman ·

Ferdi, ek glo jou. Daar is ‘n paar vris manne op die grond – glo dit is die politici en die “brass” wat nie die guts het nie.

Cherokee ·

Jimmel, al dring julle aan op Afrikaanse vorms sukkel julle darem maar met v’s en effe!

johan II ·

Hahaha. In Afrikaans is n “v” en n “f” dieselfde ding, en mag dit dus maar omgeruil word ;) lewende taal boet.

Hanno ·

Die buitelanders moet die yster smee terwyl hy warm is. Ruk op Uniegebou toe.

Anton ·

Die Publiek het geen idee van die “red tape” wat die polisie verhinder om “Wet en Orde” te handhaaf Nie !!!

Trojaanse Donkie ·

Kyk gerus TV reeks Chernobyl. Die vergelyking met die situasie in RSA laat ‘n mens yskoud word, want dan besef jy dis die toekoms wat op ons wag!

Jerry ·

Die ANC se human rights is bo die wet verhewe wanneer die ANC betoog, daarom tree die staat dan nie op nie. Die staat sal optree soos dit die ANC pas en indien die staat teen hierdie groep optree sal dit dubbele standaarde wees wat toegepas word en dan wys dit dat human rights net vir die ANC beskore is!

LS ·

Ek dink nie daar is fout met SAPS nie. Dis die wetgewing wat hul hande afkap. Wetteloosheid is die prioriteit van die regering. As die buitelanders nie SA se beleid nakom nie, stuur hulle terug van waar hulle kom.

John ·

… en nou jok die uitlanders met glo bewyse van polisiewreedhede… Die spul is slinks verby. Die menseregte-prokureurs gaan groot geld maak en al die onwettiges gaan tot in die VN dans met hul treurmares… Die arme polisie is nou die onwettiges… Soos Trump sè…

Taxpayer ·

Gaan vandalisme tydens diensleweringbetogings en verwoesting van eiendom, deur ons eie burgers, ook nou as n aanval teen die staat beskou word? Of is slegs buitelanders hieraan skuldig? Ons eie burgers verwoes meer infrastruktuur en privaateiendom as al die buitelanders saam in die land!

RATEL ·

Hahahaha! Lekker ANC! Dis wat mens n pakslae in jou eie land noem!!!! Wat soek die mense hier? Het iemand al dit vir Ramaparra gevra dat sa mense kan hoor. En laastens. Dis weer ons belasting geld wat moet betaal om als op te tel. Eish!!!

Chris ·

Ontbind die Menseregte Kommissie en al die probleme is opgelos!!

George ·

Wat is die verskil ? Aanvalle teen die staat of aanvalle op boere of jan publiek?

Johanna Botha ·

Patetiese useless polisie wat weghardloop ….die polisie in sa is n joke !

Gerrit ·

Eintlik useless Suid-Afrikaners!! Die elemente wat vir die ANC en ruggraatlose opposisie stem. Due volk verdien net dit vir wie en wat hul stem.

Pieter ·

Wat se “Staat”? Hul fasiliteer mos misdaad en geweld.

Oom Koos ·

Ek is net inniglik dankbaar dat die polisievoertuie se truratte behoorlik gewerk het tydens die oproer in die Johannesburgse middestad. Indien nie sou die polisie kniediep in die moelikheid wees.

Lalie ·

Deporteer die onwettiges en raak van, van korrupte polisie ontslae.

Manna ·

Glo my ek praat baie met swartmense en hulle is net so gatvol vir die buitelanders wat oral oorvat.

Eddy ·

Wat soek die buitelanders hier? Ons is klaar in onsself oorbevolk.Ons het n behuisingstekort,watertekort,werktekort maar die Regering is te lamsakkig om immigrasie te stop.Daai Afrika buitelanders reduseer RSA tot n erg derde wêreldland.Hulle moet waai!!!!

Louis leeu ·

Nou annekseer buitelanders die middestad ,hulle maak gebruik van al die hulpbronne,en nogtans baklei hulle met die polisie en breek strukture af gooi rommel uit in die straat.wat soek hulle hier ,laat hulle kom skoonmaak.

Kobus ·

Kry dit in jul klipkoppe. SA as land het gefaal. Ons is nou oor die afgrond. Om links en regs te blameer gaan nie help nie. Om terug te dink aan wat die ou army sou gedoen het is wensdenkery. Probeer net om te oorleef in hierdie choas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.