Aanval op polisiestasie: Kommer oor vals berigte

Forensiese beamptes op die toneel by die Ngcobo-polisiestasie, tussen Mthatha en Queenstown in die Oos-Kaap, waar ‘n groep gewapende aanvallers op die stasie toegeslaan het (21 Februarie 2018). Foto: SAPD

Die Oos-Kaapse polisie het kommer uitgespreek oor bespiegeling en vals berigte op sosiale media nadat vyf beamptes Woensdagoggend tydens ʼn aanval op die Ngcobo-polisiestasie in die Oos-Kaap doodgeskiet is.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie verstaan die angs wat die publiek ervaar oor die vordering van die ondersoek, maar die polisie is wel besig om agter die ware feite van die aanval te kom.

“Sedert ʼn spesiale taakspan saamgestel is om die ondersoek te lei, is daar reeds baie vordering gemaak,” het Tonjeni gesê.

Tonjeni het bevestig dat die polisie mense ingeneem het vir ondervraging, maar dat dit standaardprosedure is in enige ondersoek.

“Mense sal ondervra word en dit sal nie anders in dié saak wees nie. ʼn Amptelike aankondiging sal gemaak word sodra daar beduidende ontwikkelinge in die ondersoek is. Intussen sal die polisie geen kommentaar lewer oor enige verdere geringe besonderhede rakende die ondersoek nie. Ons sal wag totdat daar iets meer tasbaar en betekenisvol is.”

Tonjeni het gesê polisiewoordvoerders het besluit om die proses van die ondersoek te respekteer en die taakspan ruimte te gun om voort te gaan met die ondersoek, sonder enige verdere uitdagings.

Maroela Media het vroeër berig ʼn groep gewapende aanvallers het vroeg Woensdag die Ngcobo-polisiestasie binnegegaan en op die beamptes aan diens losgebrand.

Drie beamptes is op die plek doodgeskiet en ʼn soldaat wat nie aan diens was nie, is ook doodgeskiet terwyl die verdagtes gevlug het. Die verdagtes het van die toneel gevlug met ʼn polisiewa en twee polisiebeamptes saam met hulle geneem.

Die liggame van die twee beamptes is later langs die pad, sowat ses kilometer van die polisiestasie af, aangetref. Dit blyk dat albei beamptes op teregstellingswyse geskiet is.

Die polisievoertuig is sedertdien teruggekry.

Die vyf polisiebeamptes wat oorlede is, was almal mans – ʼn adjudantoffisier en vier konstabels. Vyf vrouebeamptes ontvang tans berading. Volgens die polisie is tien vuurwapens, waaronder twee gewere, twee haelgewere en ses pistole, gesteel.

Die motief agter die aanval is steeds onduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

RESPEK ·

Helse eier op die gesig van die Polisie. Ek gee nou nie om wat enige kommentator hier se nie, maar my mening is dat die polisie (oor die algemeen) NIE hulle kant bring nie. Verskeie verslae het gewys dat hulle by bedrog/korrupsie en selfs plaasaanvalle betrokke is. Verskeie fotos en videos is al op die media versprei waar polisiemanne WEIER om mense te help wat ‘n saak wil kom aange, waar polisiemanne lê en slaap of met privaat telefoongesprekke besig is terwyl die publiek in rye staan om gehelp te word. Daar was al videos van hoe hardhandig polisiemanne mense behandel wat sake kom aangee (van enige kleur), so ek maak dit nie eers hier ‘n rassistiese saak nie. Die POLISIE faal die publiek, as hulle dalk ordentlik optree teenoor die lede van die publiek, behulpsaam is, en nie ongeskik by polisiekantore met ‘n lid van die publiek wat hulle ordentlik behandel nie, sal RESPEK vir die polisie dalk terugkeer. Maar voordat hulle nie hulle HOUDING verander nie gaan daar geen respek of simpatie wees vir hulle nie .. Julle word deur die belastingbetaler betaal .. maar julle maak asof julle ons ‘n HELSE GUNS doen as ons by die polisiekantore ENIGE hulp van julle verlang. Slaap is heel eerste op die lys, daar is nooit penne nie, julle houding suck .. so met uitsondering van ‘n handjievol wat hulle bes probeer is die ander maar vrot appels!

Koos1 ·

RESPEK, ek kan sien waar jy vandaan kom, MAAR tel asb al hierdie gevalle waarvan jy nou gepraat het by mekaar. Hoeveel lede kry jy dan 200? 300?500?
Die polisie het tans sowat 196 000 lede, dit beteken dat as slegs 1% onbevoeg is (en ja 1% is te veel, dit moet 0% wees) beteken dit daar daar soos jou redenasie staan 1960 lede/gevalle wees soos jy hierbo vermeld. Ek dink dit is baie minder, wat dan weer vir my lyk asof 194 000 lede hulle werk goed doen (anders was hulle ook op sosiale media, nè?). Ek wil geensins enige slegte diens wat die SAPS lewer, goed praat nie, maar enige beroep het sy slegte appels, en om almal dan as sleg te bestempel is mos onregverdig en breek moraal af. As een onderwyser ‘n kind verkrag, maak dit al die onderwysers by daai skool verkragters?

Gerrit ·

Koos 1 ek dink jy het dit net omgedraai 1% is die goeie gedisiplineerde polisie die res hoort nie en mors net belasting nie eers te praat van die vals hoop wat hulle die land se mense gee dat ons veilig is nie terwyl die teendeel waar is.

@ Koos1 ·

Is jy ook ‘n polisieman Koos1 want smaak my nie jy kan lees nie. Ek het duidelik gesê oor die algemeen. En regtig dit is NIE net 1% nie, dit gebeur daagliks. Ongelukkig word ‘n boom aan sy vrugte geken .. Al probeer jy die polisie hoe hard verdedig, daar kom daagliks oortredings uit waarmee hulle gevang word, die ander oortredings (die ander 10% weet ons nie eers van nie, en word nie vasgevat nie). Verkragting is heeltemal iets anders en dit is ‘n indiwidu wat dit gedoen het. Jou redenasie maak GLAD NIE SIN NIE, net vir ‘n polisieman. Dis om te se alle mans is verkragters? NEE hoor, gaan lees nou WEER my stukkie met aandag, en dan sien jy RESPEK vir die Polisie word verloor deur die oortreding van so baie van sy lede, daar was beslis NIE NET EEN wat oortree het nie. Dit gaan alles oor respek, dit gaan nie oor of ‘n polisieman of onderwyser ‘n verkragter is al dan nie, want ek glo jy kry polisiemanne OOK wat verkragters is .. hulle het ek nou net nie op my lysie gesit nie, wil jy graag he ek moet dit byvoeg?

Lola ·

Koos1, nee jy is verkeerd. Dit is 1% goeie polisiemanne en 99% sleg en korrup.

TLC ·

Net my gedagte ‘inside job’ of het hul dalk geslaap en onkant gevang

Anti-Haas ·

Motief – Om wapens te kry om plaasaanvalle te doen.
Wys jou net hoe gemaklik is die misdadigers daar buite……..
Val al self Polisie stasis aan……….

Polisie Diens moet maar weer die Polisie Mag word. Al hoop op verbetering.

Nettie ·

Anti-Haas: die hele insident is ongelooflik hartseer en behoort ‘n oog-oopmaker te wees vir “the powers that be” wat dit ons Polisiediens aanbetref. Soos Koos1 ook hier bo sê: die ‘vrot appels’ in die mandjie word oorweldig deur die goeie appels – 1% korrupte/onbevoegde polisiebeamptes is nie die ideaal nie, maar ook nie die einde van die wêreld nie. Miskien moet ons, Jan Publiek, ook óns houding teenoor die Polisie verander, dan sal dinge verbeter.

Wil jy graag werk in ‘n omgewing waar jou lewe dag na dag bedreig word? Waar jy onder klippe gesteek word, waar die kans dat jyself beseer/gedood kan word redelik goed is? Sien jy kans om in gevaarlike gebiede in te gaan om wet en orde te te pas? En dan nog die kritiek van Jan Publiek te hanteer?

Uit hierdie geval is dit duidelik dat die kriminele GEEN respek of vrees meer het vir die Polisie nie en dit is iets wat dringend verander moet word. Ek sê nie die Polisie moet soos in die “ou dae” wees nie, maar kriminele moet weet dat as jy met die Polisie skoor, gaan jy op jou dinges kry!

Koos1 ·

Dankie Nettie, jy lees my kommentaar aandagtig en sien my punt.
RESPEK lees nie my laaste sin as ‘n vraag nie maar as ‘n stelling. Weereens sê ek dat daar baie goeie hardwerkende polisiemanne en vroue is, want as daar nie was nie sou ons tronke mos leeg gestaan het! En weereens druk ek op die hart dat die slegte lede nie in die polisie hoort nie, maar soos RESPEK dit gestel het, “in die algemeen”, beteken vir my meer die reel as die uitsondering. Ons grootste probleem is dat misdaad hand uit ruk en die polisie staan magteloos daar teen oor. Misdaadbekamping raak die hele land se bevolking en daarom moet die hele bevolking daar teen baklei. Hoeveel mense betaal omkoopgeld aan verkeersbeamptes om groot boetes vry te spring?

Wonder net ·

Hoor gister oor die radio dat dit nie die eerste aanval op dieselfde polisiestasie was nie. So `n jaar gelede was daar glo ook `n aanval en een polisielid is doodgesgekiet. Nou is die vraag – waarom is veilgheid nie opgeskerp nie ? Die ou SAP Magsorders het dit duidelik gestel – as jou stasie, kaserne of kantoor aangeval word, dan skiet jy om dood te skiet. Die kriminele het dit geweet….Nou word stasies links en regs aangeval en afgebrand en die lede is magteloos. Dissipline moet terug en opleiding moet dramaties opskerp. Suid Afrika het nie `n “siviele” polisiediens nodig nie, maar `n gemotiveerde semi – militêre polisiemag.

Assie ·

Soms is polisielede pelle met die dwelmhandelaars – soos in Rustenburg bv die geval was soos toe hulle die dwelmhuise gaan ‘raid’ het hulle ‘n polisieman op heterdaad betrap het waar hy besigheid met ‘n dwelmhandelaar gedoen het. Dit is die grootste probleem . .. die swakplekke in die polisie maak hulle vatbaar/broos vir sulke aanvalle. Vandag is die dwelmhandelaar jou beste vriend en doen julle oor en weer besigheid, more moet jy hom vang, of more vang jou pelle hom, jy kan hom nie daar uitkry nie .. en WHAM .. weg is jy .. Ongelukkig is dit nog altyd so . as jy ‘n polisiemag of ‘n weermag het wat jy nie kan vertrou nie, waar daar swak skakels is . SAL daar sulke goed voorkom .. en dit word al hoe meer. Soos ‘n ander kommentator ook egter hier se .. HOE kan 6 mense GEEN teenstand bied nie? Hulle is almal gewapen .. twee is ontvoer .. met ander woorde hulle was NIE PARAAT nie. Slaap, eet, selfoonoproepe, chat is aan die orde van die dag by polisiekantoor en NIEMAND is meer waaksaam nie want wat kan ‘n lid van die publiek nou aan jou doen as jy weier om aan hom aandag te gee? Hom by die polisie gaan aangee? O ek het vergeet .. hulle IS die polisie! Jammer aan die naasbestaandes, maar die polisie is SELF gedeeltelike hiervoor verantwoordelik.

Pieter ·

@koos 1 as die misdaad net toeneem teen n snellende pas en misdadigers so arogant word dat polisie beamptes in hulle werksplek aangeval word se dit net een ding die polisie kom nie sy mandaad na nie ,mors belasting geld en moet of reg of weg,het jy nog nooit gewonder hoekom sekuriteits maatskappye die vinnigste groeiende besigheid in sa is nie ………omrede die polisie nie hulle werk doen nie .

Hennie ·

Anti-Haas klink vir my of jy n oud lid is van die S.A.P. Ek stem honderd persent saam jou. Toe dit nog die ou S.A.P Mag was was daar streng maatreels en sou geen siviele persoon n houding gehad tenoor n lid nie. Die MAG het respek getoon teen oor offisiere. Deesdae is daar geen respek nie maar meer maatjie maatjie stories en dis hoekom hulle nie meer waaksaam is nie. Ek se nog die klink vir my baie na n millitere aanval. Eerstens plofstof wat gebruik is op die atm en dan lede dood te skiet en dan braaf genoeg is om n staats voertuig te vat. Ons land is van n eerste wereld land na derde wereld!!!

Jacques Venter ·

Haai oe Blommie
Die mense praat van PERSENTASIES asof hulle die mense getel het.
Piet Verdriet het swak diens van n polisieman gekry. Nou glo hy 99 PERSENT is sleg.

Vermeende ·

Ek wonder net, indien die klomp gevang word gaan hulle ook op borg van R1 000 elk vrygelaat word soos die beskuldagdis in plaasmoorde?

Toemaar ek weet hulle sal nooit weer daglig sien nie en dan wonder mens, die staat bewapen die SAPD om hulle werk te kan doen maar nie boere nie wat n gevaarliker werk doen volgens statistieke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.