Aanval op polisiestasie: Polisie skiet 7 by kerk dood

Die toneel. Foto: Verskaf.

Die polisie in die Oos-Kaap het Vrydagaand ʼn reusedeurbraak gemaak toe hulle sewe verdagtes wat verbind kan word met die moord op vyf polisiebeamptes en een ander persoon doodgeskiet het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê tien verdagtes is ook vasgetrek terwyl ander daarin kon slaag om te ontsnap. “Een polisiebeampte is ook gewond, maar hy herstel in die hospitaal,” het Mulaudzi gesê.

Die taakspan bestaande uit speurders, asook lede van die Valke, misdaadintelligensie en die polisie se taktiesereaksie-eenheid het Vrydagaand inligting opgevolg oor ʼn beweerde bende wat glo verantwoordelik was vir dié “tragiese voorval”.

“Die groep het ʼn kerk as wegkruipplek gebruik en is binne die kerk se terrein in ʼn hoek gedryf. ʼn Skietgeveg het tussen die verdagtes en die polisie losgebars en sewe verdagtes is doodgeskiet.”

Mulaudzi het bygevoeg ʼn onbekende aantal verdagtes kon daarin slaag om te ontsnap en word deur die polisie gesoek. Die polisie het ook beslag gelê op “heelwat” wapens.

Die toneel. Foto: Verskaf.

Die polisiebeamptes sal Woensdag om 08:00 vanuit die Metodistekerk in Engcobo begrawe word. Die gemeenskap word ook uitgenooi na dié geleentheid.

Maroela Media het vroeër berig ʼn groep gewapende aanvallers het vroeg Woensdag die Ngcobo-polisiestasie binnegegaan en op die beamptes aan diens losgebrand.

Drie beamptes is op die plek doodgeskiet en ʼn soldaat wat nie aan diens was nie, is ook doodgeskiet terwyl die verdagtes gevlug het. Die verdagtes het van die toneel gevlug met ʼn polisievangwa en twee polisiebeamptes saam met hulle geneem.

Die liggame van die twee beamptes is later langs die pad, sowat ses kilometer van die polisiestasie af, aangetref. Dit blyk dat albei beamptes op teregstellingswyse geskiet is.

Die polisievoertuig is sedertdien teruggekry.

Die vyf polisiebeamptes wat oorlede is, was almal mans – ʼn adjudantoffisier en vier konstabels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Heinrich ·

Ek sien al hoe meer tekens van georganiseerde misdaad, en die begroting is nou wragtag nog gesny vir polisie ook. Die ANC terroriste organisasie is goed op dreef!

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan die polisiebeamtes se familie, die geweld in ons Land raak net erger… ons is nie meer veilig.. klink vir my soos iemand wat wraak wou neem? sterkte aan die geliefdes van elke persoon wat gesterf het….

Charmain ·

Wens net polisie wil so vinnig optree as ons mense vermoor word. My vriendin 3jr terug keelaf gesny, nou nog nie eers vordering met saak. So ook vele ander sake waarvan ek weet. Maar 1 van hulle….. Saak more opgelos.

Koos ·

As die uitvaagsels wat plesier daaruit put om mense op plase seer te maak, onteer en vermoor ook maar so meedoënloos gejag was deur die polisie…

Dawie ·

My vraag, waarom kan alle misdaad nie ook met sulke dringendheid ge-ondersoek word nie?

Mellie ·

Wonderlik!!! Mag dit voornemende moordenaars van polisielede twee keer laat dink. Wens die polisiediens was sterk genoeg om elke keer soveel en so vinnig suksesse te behaal met ‘gewone’ prioriteitsake ook.

Casper Labuschagne ·

En die kerk is hulle wegkruipplek? Baie vrae hieroor – was dit toevalling die wegkruipplek, was dit ‘n kriminele bende of is daar die verband van ‘n godsdienstige sekte? Was daar ‘n simbiotiese of geinstitusionaliseerde verhouding tussen die kerk en die bende soos soms in die Weskaap voorkom? In die afwesigheid van besonderhede kan ons bloot net bespiegel.

Andre ·

Wat ‘n hartseer tragedie vir die polisie, soldaat en hulle families. Maar ‘n oorwinning oor die bose maar daar is nog baie werk.

Dirk ·

Dis fantasties vinnig gewees. Nie eers ‘n volle 3 dae nie, en die sindikaat word plat getrek…. dis net jammer dat dieselfde tipe aksie nie gesien word wanneer ander moorde gepleeg word nie. Nie eers te noem van plaasmoorde nie.

Pen ·

Ek werk al 16 jaar in die polisie en ondersoek self moord sake.. daar is Geen ras in die polisie nie. Alles sake kry dieselfde aandag!! Seker sake is makliker as ander en word vinnig opgelos en ander is nie so maklik nie.. wat julle nie verstaan nie dat polisie lede een groot familie is en ons kyk agter mekaar maak nie saak wie of wat jy is nie.. Op die einde van die dag het ons net mekaar , wie ander gaan ons veilig hou?

Alida ·

Dankie SAPD julle lewens is elke oomblik in gevaar ons besef dit. Skiet asb al die misdadigers dood want julle mag. Ons gewone mense word van moord aangekla en beland in die tronk as jy hom in jou huis doodskiet.

Jerry ·

Bly dat al 7 dood is. OPOD sal die sakie moet ondersoek, want ek reken die SAPD het die 7 moordenaars ook vermoor. Dit is n probleem wanneer kwaad met kwaad vergeld word deur wetstoepassers. Sekere vrae bly dan onbeantwoord.

linda ·

Die Minister van Polisie het nie vandag gese of daai ‘cult’ van die kerk, buitelanders is nie !

linda ·

Die Seven Angels Ministry Church is nie n plek waar daar gebid word nie, dis n satanistiese plek. Daarom sal hierdie plek plat gestoot word. Ons moet onthou die Polisie doen goeie werk, dit gaan nie oor ras nie ! ,Die Krugersdorp moorde was baie vinnig opgelos en al die moordenaars was blankes !! Soms kan hul nie al wat n krimineel is dadelik vang nie, maar hul doen hul bes. Die Minister van Finansies het amper n R100 biljoen goedgekeur om ons Polisiemag te bevorder en te versterk.

Sue ·

My hart krummel in stukkies as ek dit lees. Ek het nie meer familie in die SAP nie maar het so daarteen geskop dat my seuns NIE SAP diens mag betree nie. Al daardie Polisie manne was iemand se kind, iemand se broer, ouer, man of vriend. Maak nie saak HOE sleg sommige SAP lede die polisie diens se naam deur die modder sleep nie, nie almal is oral dieselfde nie. En wat “kerke” betref, se ek liefs niks, ek het my les op die harde manier geleer.

Groot troos en kalmte wens ek elkeen van elke slagoffer in ons land se naastes toe.

Gerrit ·

Maak nou nie saak of hulle buitelanders is of nie die probleem hier is dat hulle die polisie aangeval en gedood het sonder dat die polisie iets kon doe die vraag wat gevra moet word is wie het die beste opleiding

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.