Aanval op Solidariteit-lid: Beeldmateriaal bevestig Numsa-betrokkenheid

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die vakbond Solidariteit het vandag kringtelevisiemateriaal ontvang van ’n aanval waarin een van sy lede ernstig beseer is. Die video wys hoe die lid aangeval word, waarna gewapende persone in Numsa-kleredrag die toneel verlaat.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, sê hy daag Irvin Jim, hoofsekretaris van Numsa, en Castro Ngobese, Numsa-woordvoerder, uit om na die beeldmateriaal te kyk. “Dis duidelik dat die stakers wat die aanval gepleeg het Numsa-klere gedra het en dus as Numsa-lede gereken kan word,” het Du Plessis gesê. “Dis nodig dat mnre. Jim en Ngobese aandui of hulle die geweld teen ons lid goedkeur, of wat hulle daaraan gaan doen.”

Du Plessis wys daarop dat Numsa tot dusver enige bewerings van geweld deur sy lede ontken het. Ngobese is vroeër in die media aangehaal as dat hy sou gesê het: “Dit is net ’n goedkoop slenter deur die werkgewers om die integriteit van ons stryd vir ’n bestaansloon en verbeterde diensvoorwaardes te ondermyn.” Du Plessis sê die beeldmateriaal bewys dat Ngobese verkeerd is.

Die voorval het Donderdag in Port Elizabeth, tydens ‘n staking in die metaal- en ingenieursbedryf plaasgevind. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.