Aanval op Wes-Kaap-kleinhoewe

Argieffoto

Vier verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ʼn aanval op ʼn kleinhoewe Maandag helder oordag in Philadelphia in die Wes-Kaap.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die aanvallers het omstreeks 09:00 toegang tot die kleinhoewe verkry en die huiswerker en twee ander werkers op die perseel oorval en vasgebind.

“Die verdagtes het die huis geplunder en ʼn hoeksnyer gebruik om toegang tot die kluis te verkry waarin ʼn vuurwapen, juwele en geld gestoor is,” het Van Wyk gesê.

Die verdagtes het gevlug. Die huiswerker kon omstreeks 12:30 daarin slaag om haarself te bevry, waarna sy die Philadelphia-polisie ontbied het.

“Die polisie en lede van die plaaslike buurtwag het op die noodoproep gereageer en ʼn volskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur. Die vier verdagtes is omstreeks 18:00 in hegtenis geneem nadat die gesteelde ware in hul besit gevind is.”

Die polisie het beslag gelê op die vuurwapen, ammunisie, juweliersware, geld en selfone.

Die verdagtes, tussen 30 en 35 jaar oud, moet Donderdag in die Atlantis-landdroshof verskyn. Daar word vermoed dat die verdagtes met soortgelyke voorvalle in die omgewing verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Aanvalle op plase, kleinhoewes (plotte ?) en ander afgeleë wonings is ‘n bose mag wat waarskynlik iets is in die vorm van destydse Umkhonto we Siswe en beplan deur polities gedrewe swart magte. Bes moontlik word alles daarvan aangedryf deur een oorhoofse bose mag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.