Aanvalle op polisiebeamptes veroordeel

Argieffoto: SAPD

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende polisiehoof, het die moorde op polisiebeamptes ten sterkste veroordeel.

“Die feit dat ons lede aan diens aangeval word, dien as ʼn herinnering aan die uitdagings wat ons beamptes daagliks moet trotseer om seker te maak Suid-Afrikaners voel veilig.” Phahlane het gesê hulle sal seker maak diegene wat polisiebeamptes aanval of vermoor, word swaar gestraf.

Kol. Athlenda Mathe, Phahlane se woordvoerder, het gesê ʼn polisiebeampte is Dinsdag in Kliptown, Soweto, dood toe hy en ʼn kollega aangeval is terwyl op patrollie was. “Sy kollega ontvang berading. Albei beamptes se dienspistole is tydens die voorval gesteel.”

ʼn Polisiebeampte en ʼn metropolisiebeampte is Maandag in Johannesburg gewond tydens ʼn skietgeveg tussen verdagtes en die polisie.

Mathe het gesê 79 polisiebeamptes is in die 2015/16-boekjaar dood en 40 van hulle is dood terwyl hulle aan diens was. Tydens die 2016/17-boekjaar, wat binnekort tot ʼn einde kom, is 57 polisiebeamptes reeds dood, waarvan 31 vermoor is terwyl hulle aan diens was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

poplap ·

En hoeveel boere is in daardie selfde tydperk in hulle huise vermoor? Ek het nog nooit gehoor dit word skerp veroordeel nie of die moordenaars sal swaar gestraf word nie!!!!!!!

Oom Johan Willemse ·

Phahlane moet nie bekommerd raak oor die polisielede nie. Hoewel die polisie hul wer doen, word hulle as Mag wel goed beskerm. Privaat sekuriteitsfirmas word uit Staatskas vergoed om daarmee te help. Almal het egter kos om te eer. Sal hy nie asseblief so sterk uitsprake maak oor die veel hoër moordftempo op ons voedselvoorsieners nie?
Tans lyk dit al te veel na dubbele standaarde.

Douw ·

Alle moorde is onnodig, hetsy dit polisiebeamptes, plaasboere, huiseienaars, voertuig eienaars, of wat ookal is.

Dis tyd dat die korrupte polisielede uitgewerk word. Dis tyd dat polisielede (metro ingesluit) hul werk behoorlik doen en nie omkoopgelde aanvaar nie. Dan en miskien dan, sal daar hoop vir ons wees.

Die publiek het geen respek vir ons polisiebamptes nie, want daar is ‘n deel van ons wat net omkoopgeld aanvaar en die anderpad kyk.

Christa ·

Die polisie dink mos as hulle hulle vuurwapens “verloor”, dit hulle nooit sal raak nie . . . . .

Jacqui ·

Ons as burgers is in baie meer gevaar as die polisie. Ek het gelees dat 20 uit die 50 persone wat per dag vermoor word, blank is . In ag genome ons getalle is dit n skrikwekkende persentasie.

Geew ·

Waar’t jy dit gelees? Gee bietjie bronne. Die klink soos 83% van alle statistiek op forums opgemaak is.

"oop lippe" ·

Nee mahn moenie veroordeel nie, doen daadwerlik iets luit general dan sal jy sien hoe verander die prentjie. Om net te veroordeel is lippetaal en lippetaal kan en sal nie die werklikheid verander nie. As dit so kan gebeur gee ek jou my huis as gift.

snoefie ·

wees konsekwent Lt.genl Kgomotso phalane. straf alle moorde ewe swaar. die rowers/moordenaars het geen grenade met en vir hulle slagoffers en hulle jong kinders, familie en afhanklikes nie. tog wil hulle altyd die afhanklikes en jong kinders Maart tereg strafversagting speel.

Jane ·

Ons wil ook graag hoor dat die MINISTERS en PRESIDENT en ander hooggeplaastes die moorde op BOERE op plase en Sakemanne in stede en oumense in hulle huise op klein DORPIES veroordeel. Hoekom is ‘n polisieman se lewe meer werd as ‘n boer of sakeman of ou tannie s’n? Nonsens. Wees konsekwent met julle simpatie en vervolging. ONS soek SKERP VEROORDELING van alle moorde in SA, nie net die polisiemanne s’n nie. Kyk hoe is daar aangegaan toe die babatjie ontvoer is, net om agter te kom dat haar eie ouers daarby betrokke was? IS DIT TE VEEL GEVRA om alle moorde te VEROORDEEL? Ons betaal belasting, ons probeer die land bou, maar ons LEWENS beteken niks, julle LAG in die parlement daaroor en se ons oordryf. DIT IS EN BLY VERKEERD!!

Christa ·

Ja Jane, als is vir hulle ‘n grap, maar hulle moet onthou hulle en hulle families is nie UNTOUCHABLE nie!!!

AL ·

Wat jy saai sal jy maai, inderdaad moet die wat so gelag het en aanmerkings gemaak het in die Parlement oor plaasmoorde nie huil as hul in dieselfde bootjie sit nie!

sioux ·

ek sien news24 dra n lekker verslaggie oir how very phalane se rande kan rek.

Meisiekind ·

“Omkoop geld aanvaar” – oo nee!! Die korrupte polisie lede trek jong mense van die pad af in die aand, EIS (lees DREIG, AFPERS) R1500 rand of hulle neem jou na die onveiligste polisiestasie toe vir die nag, sonder enige aanklag. Indien jy toestem, uit vrees vir wat met jou gaan gebeur daar, KLIM EEN VAN HULLE IN JOU MOTOR, (lees HIJACK) en ry jou aan na die naaste kitsbank, VAT JOU SELFOON EN BESTUURSLISENSIE (lees STEEL, AFPERS) as waarborg dat jy terugkom met die geld, en wag om die hoek (weg van die kameras wat by petrol stasies is) vir die paar randjies wat jy as student wel kan bekostig om te betaal vir jou vryheid, selfoon en bestuurslisensie – AFPERSERS EN KRIMINELE!!!!!!! Wanneer jy die stasiebevelvoerder kontak, sê hy eenvoudig indien jy bewyse het, kan hulle iets daaraan doen… Watse bewyse – kwitansie?? wat ‘n grap!!

marius ·

vietnam gee die doodstraf as jy 100g en meer kokiëne in jou besit het’wat nog te praat van moord maar nou ja ně.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.