Aanvalle op toeriste in Mpumalanga veroordeel

Argieffoto: Kent Williamson

Gabisile Shabalala, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het ʼn reeks aanvalle op toeriste in die provinsie veroordeel.

Toeriste is in vyf voorvalle die afgelope paar weke in Graskop, Hazyview en Sabie aangeval. Sommige toeriste is gekaap en daar was ook pogings om toeriste in die gebiede te kaap.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement, het gesê vier van die voorvalle het in Sabie en Graskop plaasgevind, en een voorval in Witrivier. Al vyf voorvalle het binne een week plaasgevind. “Rowers het die voertuie in afgeleë gebiede voorgekeer en die passasiers is van waardevolle besittings soos kontant en bankkaarte beroof,” het Mmusi verduidelik.

“Die toeriste is vermoedelik agtervolg en dopgehou terwyl hulle toeristebestemmings besoek het.”

Shabalala het gesê die gedrag van die misdadigers het ʼn negatiewe impak op die ekonomie. Sy het gesê die provinsie word in ʼn slegte lig gestel as toeriste aangeval word en skrik ook voornemende beleggers af. Sy doen ʼn beroep op gemeenskappe om met die regering en die polisie saam te werk om ʼn einde te bring aan aanvalle op toeriste.

Shabalala versoek ook rolspelers in die toerismebedryf om die veiligheid van hul kliënte deurgaans te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Die oplossing is eenvoudig = geen meer toeriste nie!

Cherokee ·

Ek is sò bly Gabisile Shabalala het aanvalle op toeriste veroordeel. Nou sal dit darem tot ‘n einde kom. Dit was hoogtyd daarvoor. Geluk met daadwerklike aksie, Shabalala.

Kallie ·

Dink jy regtig so? Die misdaad uit beheer. Ons leef in ‘n gangster land.

hendrik ·

Cherokee, Shabalala het aanvalle op toeriste veroordeel en nou se jy gelukkig sal dit nou tot n einde kom……. Waarvan praat jy tog?

Manie ·

Stop aanvalle op toeriste. Gaan eerder voort op die loacals (Suid Afrikaners) dit is hoe die berig klink.

Johan ·

Dit is goed dat hierdie aanvalle ten sterkste veroordeel word. Maar dit bring die vraag terug : waarom weier Ramaphosa om die plaasmoorde ook te veroordeel ??

Ian ·

Snaak hoe die veiligheid van enige persoon binne suid afrika nie meer die polissie we werk is nie. Nou pluk ons ekonomie die vrugte van wat in SA aan die gebeur is en nou wonder mens maar net wie se skuld is dit.

koos ·

En 5 plaasaanvalle per dag en 20 moorde per dag is fine? Hoe wil julle toeriste lok terwyl SA burgers geteroriseer word? O ja nou weet ek. Laat Ace bietjie twak praat en die rand se waarde val soos ‘n klip, wat die wisselkoers baie aantreklik maak.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

Dis 20805 moorde n jaar..dus 57 moorde n dag in Suid Afrika…nie net 20 nie…plaasmoorde is maar n klein persentasie van moorde wat in n dag gepleeg word.

Evert ·

Hierdie klein persentasie is die boere wat vir jou kos oppie tafel sit.

PJ ·

Nou sè shabalala rolspelers in die toerisme bedryf moet die veiligheid van die toeriste verseker sè asb. hoe ? Bloulig konvooi miskien ?

Stiks ·

Moenie bekommerd wees nie. Hulle sal die boodskap uitstuur na hulle onderskeie lande van herkoms. Laat in die dag geword vir die RSA

Ben ·

My hemel, is daar nog steeds toeriste wat Suid-Afrika besoek met al hier die crime?

Pinkie ·

Suid Afrikaanse burgers is ook toeriste. Ons moet onsself in ons huise toesluit.

Etta van der Merwe ·

Vertel jy vir my Shabalala, hoe jy dit reggaan kry omjou rolspelers in plek te kry om jou toeriste vav veiligheid te verseker. Dit is nou belaglik NIKS KAN NIKS NA NIKS VERSEKER VAN VEILIGHEID NIE DIT IS NET NIE MOONTLIK NIE

Hanna Hoekom ·

Dis nou soos daardie “hijack hotspot” bordjies langs die paaie in en om Pretoria. Motoriste is mos nou gewaarsku… SAPS was dus nou hul hande in onskuld. Publiek moet maar hulself beskerm. Dieselfde met toeriste en hul toerleiers in MP. Julle is mos nou gewaarsku, ne?

Johanna Botha ·

Aanvalle op toeruste word veroordeel maar op die burgers van die land wat belasting betaal word NIKS gese of gedoen nie …….????

BlinkStephaans ·

Nee my antie shabalala… dit is nie die toerismebedryf se taak om toeriste sy veiligheid te “verseker”… dit is jou en jou regering se werk. Moet toerisme nou ewe skielik privaat sekuriteit en beskerming ook wees? Nee jammer. Julle is te lamsakkig om enigiets uit te rig en die privaatsektor moet altyd alles doen wat hulle kan. Die privaatsektor is al so moeg van julle werk ook doen. Kom ons kyk nou maar wat kom van jou veroordeling,maar ek hou nie my asem op… ons gaan nog baie soortgelyke berigte lees.

Ai ·

Nee dit is mooi..Jaag die toeriste weg..Laat die massa honger kry..Meeste van daai toeriste is ok maar lekker liberale lingse wesens..So laat hul maar vir hulle kry! Welcome to the newe Suoth Africa and stay as long as you like so you can have this real African experience…

Frm ·

Baie jammer vir die toeriste maar so raak ons storie wereld wyd bekend. Die buitelanders is steeds onder die indruk dat Mandela n duisend jaar van vrede en voorspoed in Suid Afrika begin het.

Diefie ·

Nou is die aanvalle op die toeriste veroordeel en??? en toe, toe gebeur niks weereens.

fred ·

lyk n landwye aanslag….soos n veldbrand laat winter…moeilik om te stop..

George in Bloem ·

Hoeveel arrestasies? Ek hou nie my asem op nie…….

Dries ·

My ouers het ons elke 2 jaar “Laeveld” toe geneem om al die natuurwonders te gaan besoek. Al die watervalle, uitkykpunte soos Godswindow, ens. Sabie, Graskop, Pelgrimsrus, Hazyview. Goeie kinderjare. Ek wou so graag my eie kinders daai wêreld gaan wys maar is te bang. Hoe kan jy vakansie hou en moet heeltyd oor jou skouer loer vir ‘n moontelike aanval of kaping. Tragies. MP het soveel potensiaal vir uitstekende toerime geleenthede. Alles tot niet. Tragies en hartseer dat ek nie my kinders ons eie land kan wys nie.

lewe ·

Dries, moenie dat vrees jou daarvan weerhou om te lewe nie. Jy kan in jou eie huis ook aangeval word. As jy voel jy moet wegkruip, het dit dalk tyd geword om te heroorweeg of jy nog bereid is om jou kinders in hierdie land groot te maak.

AndrewL ·

Dit tel seker as buitelandse beleggings, belastingvrye werkskepping en SB. En meer belasting inkomste uit veiligheidsdienste. Dis ‘n wen-wen resep.

Blommie ·

DIE TOERISMEBEDRYF moet die veiligheid van die toeriste verseker.
Tiepies SA, die polisie kan nie misdaad onder beheer kry nie. Nou moet die gemaanskap en ander instansies hulle werk weer vir hulle doen.
Dis tyd dat die polisie behooooooorlik opleiding ontvang en vasgevat word wanneer hulle nie hulle werk doen nie. Ek het weer die naweek verneem by vriende op n plaas waar hulle ingebreuk het. Toe die polise daar aankom se die man HY gaan kyk of HY kan sien of HY die skelms kan aankeer… O Se die polisie man vat sommer my WA.
Dis hoekom dit gaan in die land soos wat dit gaan, die polisie lede word nie behoorlik opgelei nie.

Sam Brookes ·

Mooi. Nou sal hulle miskien aandag gee aan die geweld teenoor alle Suid-Afrikaners wat nie nuus is nie. Die land is ;n misdaadmekka, Baie buitelanders se dat die blankes die vervolging verdien. Laat hulle nou voel hoe dit voel. En laat die regering nou geforseer word om aandag aan die misdaadprobleem te skenk.

toeriste ·

Toeriste is nie net van oorsee nie. Diegene wat alleen reis, moet verkieslik nie snags ry nie. Hulle moet ook nie op afgeleë plekke stilhou nie. Bly in gebiede waar daar baie aktiwiteit is. As jy bang is om self te bestuur na besienswaardighede, ry eerder saam met ‘n toeroperateur. Hou jou oë en ore oop. Ons in SA is mos nou al teen hierdie tyd gewoond daaraan om op ons hoede te wees. Moet niemand vertrou nie en moet onder geen omstandighede stop om iemand te help nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.