Aanvaller doodgeskiet, nog een gewond by Fort Klapperkop

Foto: Hi Risk Unit.

Een aanvaller is doodgeskiet en nog een beseer in ʼn gewelddadige voorval Dinsdagaand by Fort Klapperkop in Pretoria.

Volgens Hi Risk Unit was hulle besig om inligting op te volg oor ʼn groep van tussen vyf en tien verdagtes wat glo die Groenkloof Natuurreservaat betree het.

Van die eenheid se veiligheidswagte het die omgewing in ongemerkte motors gepatrolleer en die uitkykpunte dopgehou. “Net voor 20:00 het hulle [die veiligheidswagte] ʼn oproep gekry om te reageer nadat daar verneem is dat ʼn paartjie in hul motor by een van die uitkykpunte aangeval word.

“Die beamptes het gereageer en niemand by die uitkykpunt aangetref nie. Die beamptes is egter nét nadat hul stilgehou het deur ʼn groot groep mans aangeval. Die aanvallers het die venster aan die bestuurderskant met ʼn staalpyp of kolf geslaan en die bestuurder op sy koeëlvaste baadjie en arm getref,” lui die verklaring van Hi Risk Unit.

Volgens die verklaring is die man ook in sy gesig en oë met glas getref. “Toe die lede uit die motor klim het die oortreders besef dis Hi Risk Unit-beamptes en op hul losgebrand.

“Die bestuurder het teruggeskiet en twee van die verdagtes is gewond. Een is noodlottig gewond en nog een is ʼn paar meter verder met verskeie wonde in hegtenis geneem.”

Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die Sunnyside-polisie, het die voorval bevestig.

“Volgens berigte was daar ʼn skietgeveg en een van die beweerde aanvallers is dood en die ander een is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Volgens die inligting wat nou beskikbaar is, was daar vyf aanvallers,” het Mavimbela gesê.

Volgens Hi Risk Unit is die veiligheidsbeampte aan sy arm en skouer beseer en het hy ook verskeie snywonde aan sy gesig opgedoen. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot roof, kwaadwillige saakbeskadiging asook ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Han ·

Verskoon my! “Poging tot ROOF.” Dit moet lees Poging tot MOORD!
Elke Jan Rap en sy maat loop deesdae met vuurwapens rond. Die hel is los in hierdie land!

Nick ·

Ons land sal veel veiliger wees as elke Piet en San met n vuurwapen rondloop.
‘n Bewapende bevolking is ‘n hoflike bevolking.

Hennie ·

Daar is ‘n verskil tussen elke Jan Rap en sy maat en kriminele. Ek self loop ook met ‘n wettige wapen rond weens die toestand van die land. As enige persoon dink die polisie kan hul beskerm is dit tyd om wakker te word.

Antiestabliesment ·

Nick en Hennie – Julle is maters so reg na my kraal.

As meeste mense, wettig, sou wapens dra, sal kriminele 2x dink voor hulle iewers toeslaan. Hulle sal nie weet hoeveel (en of almal) van die mense daar gewapen is nie. Enige poging tot misdaad sal met geweldige burgerlike mag teengestaan word. :)

Wonder net ·

Ironies dat sekerheidsfirmas deesdae die wek doen wat die SAPD veronderstel is om te doen, soos om operasies met ongemerkte voertuie te doen, voorkomende stappe te neem ens. Maar die belastingbetaler moet salarisse betaal van lede wie nie eers vuurwapenklaring het nie en dus operasioneel van GEEN waarde is nie !

Asmain ·

Netso. Daardie area is al vir jare onveilig en daar is greeld aanvalle, maar tog het die polisie die situasie “gemonitor”. Dis n skande dat ons belastinggeld so gemors word.

Tammy ·

Baie dankie vir die flinke en effetiewe diens van die groep sekuriteitsmense!!! Julle het uiters professioneel die aangeleentheid ontlont. Aan die SAPD “hoekom moet die landsburgers hulleself beveilig as julle betaal word om die werk te doen? Dit werk mos nie so nie? Ja daar is geweldig baie misdaad maar die regering moet sorg vir genoeg betroubare opegeleide , eerlike polisiemanne en vroue. Dit is ook vir my opmerklik dat daar gereeld van die SAPD se personeel betrokke is by misdaad, hoekom???

Vraagteken ·

Tammy, dink jy nou regtig dat daardie sekuriteitsfirmas dit verniet doen? Ag asb, hulle maak ook geld daaruit. Wie sal nou sy lewe op die spel sit om ‘n vreemdeling te beskerm?

Ja en? ·

Vraagteken, ja en? Die SAPD word goeie salarisse betaal en doen nie hulle werk nie! Wat doen hulle om die area te beveilig? Dan moet privaat sekuriteit dit kom doen. So what s hul betaal word, dis hulle werk. Hulle is 10x meer doeltreffend as die SAPD

PP ·

Die wette van ons land beskerm nie die onvanger van geweld nie, maar wel die die krimeneel, die krimrneel kom mos om koekies en koffie te dring, nee om te moor jou, besittind te vat nou is hy/sy die Hero.

Leon ·

Jislaaik, sal dit nie lekker wees om polisie dienste weer te kan hê nie, in plaas van ons huidge moniterings beamptes nie! So jammer daar is tog ‘n paar polisielede wat nog hul werk doen, en vir hulle sê ons dankie!

Wollie ·

Ek nog altyd gewonder hoekom kan lokvalle nie gestel word nie, daar is n individual wat mense teiken in Sunnyside in verkeer, met n mes by ju oop venster.. maar as jy nou n polisie lid is in gewone klere, met n wapen, met n oop vesnter en wag vir hom.. selfde by die fort, maar mens kan seker net droom..

kas ·

Is Fort Klapperkop in die reservaat gelee?.Wat het van die paartjie geword wat aangeval is by die uitkykpunt?,want die wagte het niemand daar gewaar nie.As ek reg kan onthou was daar vantevore ook ander aanvalle by Fort Klapperkop.Was hierdie aanvallers ook by die aanvalle betrokke?

Chris Ws ·

Ek dra my vuurwapen aan my 24/7 van Beitbrug tot Kaap Punt.Ek mag en SAL hom gebruik om my en my vrou mee te beskerm.PUNT!

IK ·

Onthou asb. dat dit winter is en die SAPD snoesig by verwarmers sit.

jaco ·

Om uit selfverdediging te skiet is nie so ‘n groot probleem nie. Die groot probleme kom eers as skieter wat aangeval was en tot geskiet het, die “verkeerde” velkleur het. As die aanvaller dan die “regte” velkleur het, raak die probleme net erger. Dan is dit beskuldigings van rassisme ens ens.

Sputnik ·

Wie sê wetsgehoorsame burgers mag nie skiet nie? Solank jy dit binne die wet doen. Ongelukkig word jou wapen ná so ‘n “binne-die-wet” insident deur die SAPD gekonfiskeer, kwansuis vir ballistiese toetse en tot na die ondersoek/hofsaak afgehandel is. Daarna sukkel jy jou glo vrek om die wapen terug te kry – gebeur met ‘n kennis van my.

Stefanus ·

Dis hoekom jy onder section 16 (sport shooting) van die vuurwapenwet jou aansoeke doen en nie onder section 13 (self defense) want dan kan jy meer as een handwapen kry al is dit nou twee met verskillende kaliber. Dan as jou wapen konfiskeer word is daar nog in die kluis. Die sportskiet sal jou ook mooi leer skiet. Kry ‘n 9mm en ‘n 40s&w

Johanna Botha ·

Genade almal word beroof en aangeval …nerens veilig in SA !

Pieter ·

Wat ek nie kan verstaan is hoekom paartjies nog steeds by Fort Klapperkop doenig is nie. Hulle weet dit is nie veilig in die veld en parke. Hulle moet eerder na die Formule 1 hotel gaan . Dit is bekostigbaar en meer veiliger en warm kamers as bonus.

karen ·

is dit my verbeeling of is maroela nuus dag of twee agter ? word die nuus slegs eenkeer per dag opgelaai ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.