Aanvaller dra koeëlvastebaadjie tydens plaasaanval

Harm Bonnema (Foto verskaf)

Een van die persone wat Harm Bonnema (71) op ʼn plaas buite Marble Hall in Limpopo aangeval het, het ʼn koeëlvastebaadjie aangehad.

Maroela Media het vroeër berig Bonnema is Maandagaand is tydens die aanval vier keer geskiet. Hy is in die bors, arm, bobeen en kuit getref. Sy vrou Susan (70) is nie tydens die aanval beseer nie.

Annelie Botha, die egpaar se dogter, het gesê haar pa sterk aan in die hospitaal en dit gaan goed met hom onder omstandighede. “Hy het nog ʼn paar operasies wat voorlê, maar dokters wag nog eers vir die swelling om te sak.”

Sy vertel haar pa het die aand omstreeks 19:00 na die bakkie toe gestap om ʼn sleutel te gaan haal, toe hy oorval is. Sy sê die aanvallers het haar ouers vermoedelik voor die tyd dopgehou. “Dis gewoonlik die tyd wanneer my ma ʼn laaste sigaret buite gaan rook, en hulle het waarskynlik gedink dis ʼn goeie tyd om toe te slaan, omdat my ma ʼn sagte teiken sou wees. Hulle het waarskynlik nie my pa verwag nie.”

Bonnema het onraad vermoed, maar nog voor hy kon reageer, het twee persone hom oorweldig. Daar was ʼn struweling en hy is vier keer geskiet.

“Een van die aanvallers het weggehardloop. Die tweede aanvaller wou weer op my pa skiet, maar sy vuurwapen het gelukkig geweier en hy het ook weggehardloop.”

Susan was in die huis en wou kom ondersoek instel. “My pa het net vir haar geskree sy moet die deure toemaak en dit sluit,” het Botha verduidelik. Sy het die plaaswag op die gemeenskapsradio in kennis gestel van die aanval.

Ná die aanval het Bonnema na die huis toe geseil. “Daarna het dinge vinnig gebeur: paramedici en die gemeenskapsveiligheid was vinnig op die toneel. My pa is omstreeks 21:00 na die hospitaal toe geneem.”

Sy sê daar kan geen ander motief wees vir die aanval buiten eie gewin nie. “My ouers is geliefde mense.”

Bonnema het eers op die plaas geboer, maar werk nou by die Loskop-waterbesproeiingsraad.

Sy neef, Hennie Bonnema, is in Oktober 2016 op sy plaas in die Levubu-omgewing in Limpopo vermoor. Lees meer.

 

*Die berig is gewysig sedert dit oorspronklik gepubliseer is. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Alida ·

Die koeelvaste baadjies is natuurlik by die SAPD se store gekry of ge……sterkte vir die arme ou mense en familie.

willem Botha ·

Of dit was uitgereik aan n polisieman maar ons weet almal hoe en wat die klomp in blou is en doen.

Chris Ws ·

Gaan kyk gerus by die Army Surplus Store in die gewese Mitchell str.in Pretoria.Daar koop jy ‘n baadjie en kan kies van verskillende diktes staal plate om in te sit en maak so jou eie koeel vaste baadjie!

Johannes ·

Maar ramaphosa vertel die buiteland daar is nie so iets soos plaasaanvalle nie.

Krewel ·

Let wel die man werk nog. ‘n 50-jarige wat op die stoep sit, kan as bejaard beskryf word, maar sekerlik nie hierdie man wat gewond nog daarin slaag om na die plaashuis te seil nie.

Droë Perske ·

Eie gewin ja. En naakte haat vir onskuldige blanke bejaardes. Sterkte oom.

Deloris ·

SAPD natuurlik betrokke indien dit nie n SAP lid is nie…. of baadjie verkoop vir geld. Waaaar gaan ons eindig ?

Jj ·

Die oom is sovaar n held deur sy dapper optrede kon hy sou vrou van besering red net jammer die aanvallers lewe nog

PJC ·

Ek dink mense onderskat nog steeds die vlak van gevaar waaraan mense op plase blootgestel is en is derhalwe nog nie paraat genoeg nie. Mense sal meer professionele opleiding moet ondergaan indien hulle in staat wil wees om hul self te beskerm op plase en kleinhoewes. Daar sal ook gepoog moet word om nog bevoegde mense huisvesting op plase te gee om te help met beveiliging indien daar voldoende blyplek is.

Anoniem ·

Dis darem so onnidig twee familielede qat aangeval word en vermoor skande vir hierdie land dat niks aan sulke situasies gedoen word nie !!!!

Irma ·

Wat van van diens af sapd lede. Hulle het mos erken dat hulle heelwat mense met kriminêle rekords in diens het.

Christo Viviers ·

Harm en Susan
Sterkte in hierdie tyd,julle is goeie mense en verdien dit nie,julle was nog net goed vir ander !!

Oom Kalahari ·

Die beloofde tweekop slang is onbetroubaar en vol valse foefie beloftes vir komende stemdag, maar die padda wil hy kook na sy duiwels sitplek verseker is.
Sterkte aan Harm Bonnema en familie en hoop sy herstel is spoedig en volkome.

Ek wonder ·

Miskien is dit by n vuurwapenhandelaar beskikbaar. Mens kry dit. My ma het een vir my broer gekoop.

Ryan ·

Ek sê dit nog heeltyd en ek is vas oortuig daarvan – hierdie plaasaanvallers word gewerf, toegerus en gefinansieer. Daar word selfs selfoon sein blokkeerders gebruik. Hierdie toerusting pas eenvoudig net te hy ‘n “arm” plaasaanvaller wat roof vir geld nie.

BlinkStephaans ·

Daar is geen plaasaanvalle in SA… aldus oom cyril… aan die wêreld. Jy is heeltemal reg oom cyril. Daar is net goed beplande… goed toegeruste… terroriste aanvalle op boere wat ten spyte van die daaglikse aanslag op hulle, steeds sorg dat “your piepol” iets het om te eet… of glo jy ook soos oom jacob die kos kom van shoprite af?
Jy is reg… hierdie is nie plaasaanvalle… dis terorisme… klein selle… wat sagte teikens aanval net soos die wat vroeër jare oor die angolese grens gesluip het.

Ivan ·

Hoe weet julle van die koeel vaste baadtjie. Dit word nerens genoem dat hy gevang is nie.

Tanya ·

Dit beskerm net jou bors en rug. Man almal moet maar wakker word. Beskerm jou self

Theresa ·

So bly hy lewe. Ek glo dat hy heeltemal sal herstel. Ja, mens kan baie sê oor daai koeëlvaste baadjie nê?! Maar dis erg om te dink dat plaasaanvallers nou ook “uitgereik” word met sulke baadjies. En Ramaposa ry trein……………………….

Willie ·

Met nagenoeg 4000 SAPD lede met rekords is daar meer sulke baadjies daar buite… ek glo nie die SAPD of SANW ken inventarus nie….

Amanda ·

Tragies, baie sterkte aan mnr Bonnema en gesin, sal graag wil weet of hy en sy vrou in die 1975 by Laerskool Ebenaezer in Krugersdorp skool gehou het. Dan is ek een van sy oud skoliere, onthou hul nog baie goed.

Stephen Namibia ·

Ai Alida. 71 is tog nie oud nie. Die Afrikaner het die mentaliteit dat 60 oud is. Ek stem saam met Krewel. Ek ken 40 jarige mense wat stokoud is.
Ek is 71 en hernu elke jaar my vlieglisensie. Ek was nog nooit in n Hospitaal nie. Dra nie n bril nie en het nog al my parte. Ek staan 5 uur in die oggend op want ek is bang ek mis iets wat dalk gebeur.
Ek stap 5km elke dag. Naweke soek ek net n geleentheid om te kuier.
Het n jong vrou en luister die nuutste musiek. Ek klim boom en bou vuurpyle saam met my kleinkinders.
Hulle dink hulle het die ‘coolste” oupa. Ek dink ook so!
Nee wat ouderdom is in die kop en slegs n nommer. As jy wil doodgaan moet jy aftree.
Op n meer ernstige noot. Ek dink ook boere is nie paraat genoeg nie. Verwag elke oomblik van die dag die onverwagte!!

IK ·

Ek op pad na 77. Jy bevoorreg met ‘n jong vrou maar ai, ek sal dan nie só vroeg opstaan . . .

Jane ·

Hy is ‘n polisieman .. gaan kyk maar .. as julle hom uiteindelik vang sal julle sien ..

Baie sterkte aan die arme man wat so stukken geskiet is .. is dit regtig NODIG gewees .. vier skote in ‘n bejaarde man wat julle NIKS gedoen het nie????

IK ·

MM, waar is die video van die gebeure? Ek het dit ‘deur die pos’ ontvang met ‘n versoek om dit WÊRELDWYD te versprei.

Tino ·

Dit is baie erg maar ek is baie bly dat die mense oorleef het.

Wat ek wel leer uit die artikel is dat man maar vir die kop moet mik waneer jy jouself verdedig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.